Beste Jan
- My skoonpa het altyd gesê die Transvaal is tweekeer binnegeval; die eerste keer deur die Engelse en die tweede keer deur die Kaap (laasgenoemde nou verwysende na die koerantwese). Ek stem saam met hom, ek sou dit net meer spesifiek maak deur te sê die tweede keer weer deur die Engelse via die Kaapse Afrikaanse koerante.
- Ek is bly ek is in goeie geselskap, naamlik dr G D Scholtz s’n want Dawie se stories is soos Max du Preez s’n; dit maak jou so die moer in jy ly vir dae aan slegte spysvertering. Beter om dit nie te lees nie, soos Dr Scholtz gemaak het.
- Jy reken “die oorwinning” het die Afrikaanse koerantwese gered? Not so soos Thomas More altoos gesê het. Dit het die land gekelder.
- Hier’s vir jou’n breinboelie om jou te laat afkoel: Jy het ‘n vel A4-papier (210x297), ‘n skêr en plakband. Konstrueer ‘n deksellose houer (bodem met opstaankante) van maksimum volume. Nodeloos om te sê; die plakband mag net gebruik word om die papier te heg, nie om die papieroppervlak uit te brei nie. Hoeveel cc water sal jy in daardie houer kan gooi?
Groetnis,
Jan Rap


