Bokomo-brekfisbrief; 10/04/2011: Nog snaakse taal

  • 0


Ek het vandag uitgevind dat die Afrikaans vir ‘n mop, dweil is en ‘n tjop is ‘n kotelet. Gebruik enige iemand OOIT daardie snaakse woorde?

Mooi woorde is rondomtalie en kakofonie en lelike woorde is trassie en tros.

Ek moet sê dat die mense in die Noord-Kaap ‘n interessante en vreemde Afrikaans praat. Ek sal een van die dae skryf oor hulle snaakse uitdrukkings. Iets wat ek baie vreemd vind is as hulle van ‘n meisie praat as hom of syne. ‘n Vriendin van my dogter sal sê; “Ek gaan net gou vir hom sy bottel gee.” Dan is dit haar babadogtertjie waarvan sy praat! Ek het dit nou al ‘n paar keer gehoor. Waar op aarde sou dit vandaan kom?

Vega Andromeda Dwarf

Haha. Van die dweil het ek nie geweet nie. Ek beplan om my beter helfte heerlik te verwar met diè vreemde woordjie. En aangename kennis Andromeda! – Maggie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top