Bokomo-brekfisbrief; 28/03/2011: Doer in die Kaokoveld ...

  • 0

Ou Willem kon sy dop gooi en hy kon hom vat ook. So haak hy daar by Welwitschia die dag vas en gaan aan't suie tot dit toemaakuur is en toe is hy in sy bakkie daar weg plaas toe ... maar hy ry omtrent alles raak en op die ou end trap die sersant van die dorp hom vas en vat hom eerstens hospitaal toe sodat hulle sy bloed kan trek om bewyse te kry. Die dokter trek sy bloed en sê grappenderwys: "Jinne Oom Willem, maar jy't meer alkohol as bloed!"

Blitsvinnig: "Gee, dat ons drink!"

So het hy die nag sy roes afgeslaap in die tronk en die volgende oggend toe staat hy voor die landros en die preek ’n lang preek vir hom oor sy doen en late en sê toe dat hy sy dryflisensie gaan afvat. Hy moet sy lisensie inhandig.

"Waffer lisensie?" wil Willem weet. "Ek het geen lisensie om vir julle te gee nie!"

Die landros vat toe ’n lisensiepapier en skryf vir Willem ’n bestuurslisiensie uit en trek toe ’n rooi streep daardeur en sê vir hom hy moet oor 6 maande terugkom en sy liksens kom haal!

Toe was dinge minder gekompliseerd ...

Namib

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top