Bokomo-brekfisbrief; 30/03/2011: Donkies die rus......

  • 0

Hier bokant toe, so net so doer duskant Twyfelfontein se wêreld daar in Damaraland, op 'n Saterdagmiddag, ry die manne met hulle Cruiser op pad na êrens en kom by 'n toe plaashek aan en voor die hek staan 'n donkiekar met donkies en agterop lê die twee manne uitgepass en snork dat die aarde dreun. Hulle klim toe maar uit en skuif die donkies so eenkant toe, maak die hek oop en ry deur. Toe hulle egter die hek toemaak, toe kry die een ou die gedagte en hulle span die donkies soort van uit, trek hulle deur die hek en steek die disselboom deur die toe hek en span die donkies weer anderkant die hek in. Hulle ry toe so 'n entjie verder na 'n skaduweeboom toe en daar maak die manne vuur en braai hulle wors vir middagete, drink hulle vars koffie ... en wag.

Dit was 'n goeie twee uur later toe een van die dronk manne wakker word op daai donkiekar en met ongeloof op sy gesig die spulletjie by die hek so bekyk, stamp sy maat wakker en skree vir hom: "Heit, jou dronk donner, word wakker! Ek het djou gevra om die hek oop te maak en kyk waar staat die dhongies dan nóú!!"

Namib

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top