Bokomo-brekfisbrief; 01/04/2011: Relieke afstof

  • 0

Daar het jy nou jou susplek gekry. Een volmaakte handbreedte buite begrip. ’n Komma naas die repeterende res. Apart. Nie die kalbas waarin die sorghumbier hande wissel nie maar Afrikaans se heilige graal. ’n Reliek vir stof.

’n Mot weggeruk en vasgespeld, die oopgespalkte vlerke en nagapie-oë ’n strak masker agter glas.

Ek kon sweer jy’t eens in ’n droom vir my gefluister dat gedigte soos blomme van die na-bye toekoms is handbestuif ... Binnekort sal ek ook jou tot KONING VAN DIE TAAL  
verhef en jy sal roep: “My Leser, my Leser, waarom het U My verlaat?”

Adriaan

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top