Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
Cornelius Henn2012-04-13Die streng voorstaan van sekere oortuiginge gegrond op wonderdadige werkings of verskynsels kom die mensdom reeds deur eons heen met pyn oor.
Pieter Redelinghuys2012-04-13'n Besoek aan die gedenksentrum in Hiroshima sal elke persoon wat nog nie sy menslikheid verloor het nie besonder diep raak.
Panda2012-04-12Die sekonde is die amptelike eenheid van tyd en een van die sewe fundamentele eenhede wat deur die Internasionale Stelsel van Eenhede (International Systems Units) gedefinieer word.
Panda2012-04-12’n Sideriese dag is presies een rotasie van die aarde en word teen die agtergrond van ’n ster gemeet — soos aangedui met ster A en posisies (1) en (2) op meegaande skets. Dit is 3 min en 55.01 sek minder as ’n dag/(son dag).
Panda2012-04-12Die aarde se as is effens gekantel tov die vlak van sy baan om die son. Natuurlik is dit nie nuus nie maar indien dit nie die geval was nie, is van die interessante implikasies wat dit tot gevolg sou hê onder andere dat die aarde nie seisoene sou hê nie ...
Kobus de Klerk2012-04-11As Wouter nie spiritueel blind was nie, sou hy kon sien hoe die skepping van God getuig – hy sou die noodwendige konneksie kon maak tussen die spirituele en die materiële.
Johannes Comestor2012-04-11Die verskyning van George Claassen en Frits Gaum se boek oor religieuse geloof en ongeloof (SêNet, 20 tot 27 Maart) is voorafgegaan deur 'n soortgelyke publikasie, naamlik Hier staan ek ... (Kaapstad: Griffel Media, 2011, 288p, R220), onder redaksie van Diek van Wyk, Coenie Nolte en Leon Atterbury.
Jan Rap2012-04-10Buitendien, hierdie is toe nie ’n demokrasie nie; waar’t jy gesien dat, in ’n demokrasie, ’n staatshoof ’n vreemde taal met sy burgers praat?
Cornelius Henn2012-04-10Ek onthou Jan Viljoen, prof Christina Landman, Lucas Maree, Steve Hofmeyer ... om maar net enkeles te noem wat onderrigtend hul hart met ons op die werf gedeel het. Nie een van hulle is deur die kitsnaslaanboewe gespaar nie.