Ek is nog hier, Varkspek, Jan Rap en Helmine!

  • 0

Nee, ek is maar nog hier! En ek loer nog in ondanks die taamlike gebruiksonvriendelikheid van die nuwe SêNet.

Ou Varkspek, ek gee jou die versekering dat ek nie opgehou skryf het of my "vererg" het oor iets wat jy gesê het nie! 

En die laaste keer wat ek geskryf het, was nie maar slegs 'n paar maande gelede nie - dit was in September 2010. Daardie brief het mos gehandel oor die standaarde van die ou staatsdiens : die verantwoordbaarheid en kontrole en ander standaard-prosedures wat oor die algemeen die norm was. Toe reageer 'n sekere briefskrywer van daardie tyd mos met 'n tipiese voorbeeld van 'n strooipop-drogargument. Nou ja wat, dit laat my toe besluit: ek het nie krag vir sulke onsin en vir 'n geheen-en-weer daaroor nie.

Verder het my belangstelling in deelname aan SêNet grootliks gekwyn agv die amperse eenselwigheid wat so met verloop van tyd ontstaan het.

Maar ek voel nietemin gevlei omdat sowat een-derde van SêNet se huidige en onlangse skrywers na my verlang!

Baie groete, sterkte en seënwense vir julle.
Swys

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top