Angus skrywe vir ons twee verhale van die fabelagtige stories wat hy vir homself uit die tiktaalik en die archaeopteryx fossiele maak. Hy vermeld ook die eusthenopteron en die coelacanth. Hulle sou volgens hom, die skakels wees tussen visse en landdiere.
Feite spreek egter ’n ander storie. Die fabelagtige aannames wat hy uit die teenwoordigheid van ’n paar vere maak, is verstommend.
Oor die archaeopteryx het ek al elders uitgewys watter hersenskim die darwiniste met dié arme fossiel probeer lewe gee.
Net so ook met die coelacanth, waarvan daar nou nog in die oseane rondswem. Iets het skeefgeloop, Angus! Die coelacanth het toe nooit in ’n landdier verander nie… en sal mos ook nie. Net so met die ander ‘oorgangsfossiele’ – vrug van ’n agnostikus se fabelagtige verbeelding, maar geen feite om dit te steun nie. Oor die coelacanth sê ’n geleerde die volgende:
“One of the most infamous of these ‘living fossils’ is the coelacanth fish, once held up to be the ancestor of all land animals and birds, and formerly thought to have died out 65 million years ago. But when fishermen hauled a live coelacanth to the surface from the deep ocean waters off Madagascar, evolutionists saw that it was not a transitional form … The coelacanth and Laonastes are not the only ‘extinct’ organisms living today. These and the hundreds of other known examples of ‘living fossils’ (e.g.)” – Dr. David Catchpoole.
Só kan mens aangaan oor die sogenaamde tiktaalik ook. Dié word voorgehou as só ’n oorgang dier – water na land - omdat daar beentjies is wat lyk of dit kort bene en voete kon wees, maar waar vinne kamstig ‘was’ – presies nes die coelacanth. Die relevansie van hierdie aanspraak van die darwiniste, is dat landlewe uit see/waterlewe geëvolueer het tot by mense. Dus, voor knape soos tiktaalik rosae en coelacanth was daar mos g’n diere wat op land geloop het nie, ook nie reptiele nie… dit is nou, as die evolusioniste se hipotese en raaiskoot enige water (of is dit land?) kon hou.
Maar, soos gewoonlik, weerspreek feite hulle: Aargeoloë vind dieragtige voetafdrukke in die kalksteen van die Zachelmie steengroewe op the Holy Cross berge in Pole. Dit wil voorkom asof dit tipiese reptiel spore is, van diere ongeveer twee meter of groter – die plasing van die spore is tipies dié van die waggelstap van ’n reptiel so s’n likkewaan, byvoorbeeld. Die interessante inligting hieromtrent is dat die datering van dié voetafdrukke aandui dat dit ongeveer 397 miljoen jaar oud moet wees, terwyl ou tiktaalik rosae ’n ‘jong’ knapie ongeveer 18 miljoen jaar jonger is…
Mapstieks! Daarmee stort tiktaalik se sogenaamde oorgang-status mos ineen – maar nie vir Angus nie. Want sien, in sy darwinistiese religie is feite lastige, oorbodige goed. Dit meng in met sy fabels, sy mites en sy ongelooflike stories.
Tiktaalik is net so min 'n oorgangsdier as wat die krokodil een is. Beid is aangepas vir hul voeding- en oorlewingsbehoeftes.
Hier is ’n paar opinies wat die onwetenskaplikheid van verknogtheid aan dié fabels uitlig:
Senior paleontoloog, dr. Colin Patterson, van die departement natuurlike geskiedenis by die British Museum on Londen, antwoord só oor die feit dat sy boek geen melding maak van sogenaamde oorgangsfossiele nie:
“I fully agree with your comments on the lack of direct illustration of evolutionary transitions in my book. If I knew of any, fossil or living, I would certainly have included them. … Gould and the American Museum people are hard to contradict when they say there are no transitional fossils … You say that I should at least “show a photo of the fossil from which each type of organism was derived.” I will lay it on the line—there is not one such fossil for which one could make a watertight argument. As a palaeontologist myself, I am much occupied with the philosophical problems of identifying ancestral forms in the fossil record. It is easy enough to make up stories of how one form gave rise to another, and to find reasons why the stages should be favoured by natural selection. But such stories are not part of science, for there is no way of putting them to the test. If you ask, “What is the evidence for continuity?” you would have to say, “There isn’t any in the fossils of animals and man. The connection between them is in the mind.”
Bekende evolusionis Michael Denton sê: “The systematic status and biological affinity of a fossil organism is far more difficult to establish than in the case of a living form, and can never be established with any degree of certainty. To begin with, ninety-nine per cent of the biology of any organism resides in its soft anatomy, which is inaccessible in a fossil.”
Net so sê evolusioniste Lowenstein en Zihlman: “‘… anatomy and the fossil record cannot be relied upon for evolutionary lineages. Yet palaeontologists persist in doing just this.”
Die logiese gevolgtrekking van die beenstruktuur van die uitgestorwe seediere is dat hulle bloot veel meer beweeglikheid moes hê met ’n meer komplekse vinsisteem (sien die coelacanth, byvoorbeeld) en daarom sou kraakbeen gewoon nie die werk kon doen, nie – vinbeentjies wel. Vandag swem visse oorwegend met die sterk en groot stertvin, wat wél beenstruktuur in het vir ondersteuning, terwyl ander vinne kleiner is bloot vir navigasie. Palings gebruik die liggaam en het ’n swak ontwikkelde stertvin. Behalwe natuurlik die coelacanth wat vandag steeds met sy vinne swem en navigeer.
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Kobus:
Oorgangsvorme is organismes wat eienskappe van twee of meer verwante groepe besit. Dit is geensins nodig om te bewys of self te postuleer dat so ’n groep ’n direkte voorouer van ’n tans lewende groep is om betekenisvolle afleidings uit hul eienskappe te maak nie. Oorgangsvorme demonstreer hoe evolusie kon verloop het. Dit wys ons waar huidige spesies vandaan kon kom. Tiktaalik en archeopteryx voldoen by uitstek aan hierdie vereistes en is en bly uitstekende voorbeelde van organismes wat gelyktydig eienskappe van ’n ouer en jonger groep besit.
In sommige gevalle is dit waarskynlik dat ’n fossiel populasie voorouerlik aan huidig lewende organismes kan wees, maar natuurlik kan mens dit net bewys as jy toegang het tot DNA. Wanneer DNA bewyse afwesig is, kan formeel nooit gesê word dat ’n fossiel ’n voorouer van tans lewende spesies is nie.
Jy sê: "Iets het skeefgeloop, Angus! Die coelacanth het toe nooit in ’n landdier verander nie..." en demonstreer daarmee mooi jou onkunde. Die afleiding dat die selakant uitgestorwe was, is gemaak omdat geen lewende vorme bekend was of fossiele jonger as 65 miljoen jaar gevind is voor die vroeë twintigste eeu nie en glad nie omdat enige iemand gedink het dit het in landdiere in geëvolueer nie.
Hoekom moet enige spesie uitgestorwe wees as dit oorsprong gegee het aan ’n ander spesie of groep diere?
Mayr, wat jy hoog opgee jy veel van weet, het voorgestel en dit word algemeen aanvaar, dat een populasie van ’n spesie geografies van die res afgesonder kan word en na ’n ander spesie evoleer indien omstandighede dit toelaat/vereis. Die res van die spesie is ongeaffekteerd hierdeur en kan/sal ’n ander evolusionêre weg volg.
Miljoene jare se evolusie beteken glad nie dat ’n populasie sodanig moet verander dat dit herkenbaar ’n nuwe spesie moet wees nie en verseker nie dat dit ’n heeltemal nuwe nis hoef te beklee nie. Mens sou om die waarheid te sê verwag dat sommige van die afstammelinge evolusionêr nader aan hul voorouers gaan wees terwyl ander radikaal kan verskil. Wat die selakant se verhaal aan ons wys is die belang van natuulike seleksie: in die afwesigheid van seleksiedruk het die groep min verander.
Ns. Ek het weer jou stuk oor archeopteryx gaan lees en weet nie hoe jy daarby uitkom dat jy iets bewys het nie. Een of twee kontekslose aanhalings is min of meer niksseggend. Die huidige konsensus is dat archie 'n primitiewe voël met reptielagtige eienskappe was. As jy nie hiermee saamstem nie rus die onus op jou om met 'n beter verduideliking vorendag te kom en ek sal dit nogal interessant vind om te sien hoe jy dit probeer doen.
Kobus, as 'n fossiel 375 miljoen jaar oud is, kon die spesie 400 miljoen jaar of selfs ouer gewees het. As 'n fossiel ontdek is wat 375 miljoen jaar oud is, beteken dit ook nie dat die spesie toe ten einde gekom het nie. Jou berekening dat die Tiktaalik 18 miljoen jaar jonger as die voetspore was, val dus deur die mat.
Stephan,
Ek dink jy som die hele kwessie van die onhaalbaarheid van die darwinistiese evolusieleer self op met die woorde “Oorgangsvorme demonstreer hoe evolusie kon verloop het. Dit wys ons waar huidige spesies vandaan kon kom.”
Besef jy hoe vêr jy wegbeweeg van bewys af, met só ’n opmerking? Besef jy hoe vêr julle wegbeweeg van die proposisie dat darwinistiese evolusieleer ’n wetenskap is en ál nader aan die posisie dat dit net maar ’n religieuse filosofie alternatief is tot die Godsdienstige skeppingsverhaal ?
As twee (of meer) gemeenskaplike ‘eienskappe’ nou al ’n ‘oorgangsvorm’ vorm, wys dit jou hoe vêr julle al langs daardie weg gevorder het – op pad na volbloed filosofie.
Maar ek weet nie of jy dit besef nie, maar as jy die Woord behoorlik kan interpreteer, sal jy besef dat daar veel meer as net twee ooreenkomste tussen verskillende soorte is, komende van ’n “Meesterplan” met die nodige variasies, juis op DNS gebied, maar daar was nog nooit énige bewys dat die een oorgegaan het in die ander nie, net julle onbewysbare hipotese.
Maar daar is massas bewys uit wat ons vandag sien, duisende jare later, vir dít wat in die Woord staan (as jy dit maar net sou wou verstaan).
Ek ‘onkundig’ oor ek sê ’n coelacanth het nie in ’n landdier geëvolueer nie?! Maar waar is dié landdiere wat van die coelacanth afkomstig is? Net in jou hipotese, jou verbeelding. Nie in die werklikheid, nie. As dit ’n oorgangsfossiel was, sou dit nie meer bestaan nie vanweë die essensie van die definisie van oorgang in die evolusionêre perspektief – soos aanvanklik gedink was. Nou, volgens die belaglike hipotese wat jy voorhou, bestaan die oorgangspesie sommer saam met sy nuwe metamorfose! Watter snert. Maar, helaas, weereens in jou verbeelding, is enigiets moontlik.
Volgens die werklike ‘kenners’ is die archaeopteryx ’n fossiel ’n voël en niks anders nie. En jy is verward - ek wil niks bewys met archaeopteryx nie – jý wil. Maar jy kan, nie. Dus, julle konsensus is nikswerd nie – konsensus is ’n politieke fenomeen – nie wetenskaplik nie. As julle vir watter rede ook al, al is dit ter wille van eenheid in weerwil van feite besluit om oor ’n saak saam te stem, is dit konsensus, maar nie wetenskap nie – die konsensus wat by die vergadering waarna ek in my vorige artikel verwys het, weerspreek jou huidige konsensus oor dieselfde voëltjie - so much for science!
Angus,
Jou argumente is niks werd nie – nie een kan jy bewys nie – alles net hipotese. Jy kan ook nie insien dat ’n ding wat kwansuis ontstaan het uit ’n ander, nie ouer kan wees as dié waaruit hy sou ontstaan het, nie. Dit is bokant jou vuurmaakplek. Tewens, die hele ou spul is belaglik. Wat het vir ander seelewe verander, sodat hulle sou uitsterf of kwansuis evolueer, wat nie ook vir die coelacanth gegeld het, nie? Julle praat só onbeteueld snert.
Onthou, ons stel in julle hipotese nie belang nie, net bewyse – omdat julle op “onomstootlike bewys” aanspraak maak, maar niks kan voorsien, nie. Veral Stephan ondergrawe dié aanspraak van julle erg, maar seker nie doelbewus nie.
Kobus de Klerk
Kobus,
Hallo Kobussie
Ek sien jy het nog nie daai basiese vragies geantwoord nie. Lang woordslaaie laat jou werklik nie meer "spriritueel intelligent" lyk nie, maar dit lyk net al hoe meer of jy nooit die waarheid kan praat nie.
Kom nou ou Kobussie, jy's die een wat die beweing gemaak het van "meer inligting nodig vir evolusie om plaas te vind".
Kan jy nou al vir ons die antwoorde verskaf op die volgende vragies?
1. Watter organisme het die "meeste genetiese inligting; 'n hoende of 'n krokodil?
2. Hoe meet jy die genetiese inligting om te kan sê "meer" of "minder".
Nou kom daar nog 'n vragie of twee by
3. Watter organisme het die meeste genetiese inligting; Tiktaalik of Archaeopteryx ?:
4. Hoe meet jy dit?
Jou woorslaaie gaan nie verbloem dat jy nie die antwoorde ken nie. Dit gaan ook nie verbloem dat jy nie die waarheid gepraat het oor "meer gentiese inligting" nie.
Kleinkoos
En ou Kobussie
Ek sien jy hou nog steeds aan om oorwaarhede te vertel oor wat 'n oorgangsfossiel is.
Die definisie van 'n oorgangsfossiel soos in paleontologie gebruik, is " 'n Oorgangsfossiel is 'n fossiel wat 'n mosaïek van eienskappe van ouer en meer onlangse organismes toon".
Jou definisie is dus een wat opgemaak is deur kreasioniste en is 'n strooipop. Oorgangsfossiele toon definitief nie na direkte voorganger of direkte afstammeling nie. Jy, wat so beweer, vertel onwaarhede.
Dit is ook opvallend dat jou eerste "outoriteit" waarna jy vewys 'n plantfisioloog is. Wat sal hy nou eintlik weet van Tiktaalik of Archaeopterix? Ek sien hy is ook 'n kreasionis wat dink hy weet alles.
Dink jy nie jy moet eerder regte outoriteite vra wat hulle bevindings is nie? Hoekom verwys jy nie na wat mense soos die paleontoloog, Prof. Dr. (baie belangrik vir kreasioniste) Per Ahlberg, byvoorbeeld te sê het daaroor en gepubliseer het in wetenskaplike joernale nie?
Jy weet, Per Ahlberg is die een wat daai ouer fossielspore waarvan jy praat ontdek en bestudeer het. Hy is 'n spesialis op fossiel vierpotiges (tetrapods).
Kleinkoos
Ou Kobussie
Ou Kobussie: "Volgens die werklike ‘kenners’ is die archaeopteryx ’n fossiel ’n voël en niks anders nie."
Onwaar. Volgens die "werklike kenners" word Archaeopterix geklassifiseer as 'n voël met dinosaurus-kenmerke soos 'n bek vol tande en 'n lang, gewerwelde stert. Hier word spesifiek genoem die dinosaurus-eienskappe wat leke maklik kan uitken. Daar is 'n reeks meer. Lees maar wat die werklike kenners daaroor te sê het by http://www.talkorigins.org/faqs/archaeopteryx/info.html. Geskryf deur 'n kenner, Chris Nedin, 'n regte paleontoloog, nie 'n plantfisioloog nie. Jy weet, Chris nedin is een van honderde duisende spesialiste wat in paleontologiese joernale publiseer, nie in godsdienstige traktate soos jou plantfisioloog nie.
Kleinkoos
Hello Angus, Kleinkoos, Stephan et al.
Julle kommentare dui net op één ding – hoe julle as darwiniste onderling verskil met ander darwiniste waarvan ek talle aanhalings geplaas het – kyk byvoorbeeld Kleinkoos se bydraes – die kongres wat spesifiek oor die archaeopteryx gehandel het, was direkte vakkundiges, maar hy noem hulle anders. Desperaat, of hoe? En sy onsinnige aanmerking, asof natuurwetenskaplike kundiges nie ook oor oorvleuelende kundigheid kan beskik, nie! Dit is hierdie tipe desperasie wat julle dilemma uitwys.
Wat ook blyk, is dat julle gedurig julle definisies aanpas. Nou is ’n oorgangsfossiel al ’n mosaïek van ooreenstemmende kenmerke. Maar hoe dui dit op oorgang? Al wat dit bewys, is dat dit ooreenstemmende kenmerke vertoon, maar ook ander, verskillende kenmerke. Trouens, wat wel hierdeur ondersteun word, is die kreasionistiese standpunt dat alles op aarde wat fisiologie en biologie aanbetref, in sy soorte juis van ’n Meester templaat geskep, is. Die Kambriese ontploffing en ander soortgelyke verskynsels beaam dit só. Dit is bepaald nié enige bewys van darwinistiese tipe evolusie nie. In ’n ander artikel het ek juis melding gemaak van hoe die darwiniste nou al begin insien dat daar verskillende stambome moet wees… is julle blind daarvoor? Die beskrywing wat Angus en Kleinkoos gee, vernietig die werklike darwinistiese hipotese, (tereg ook so) en begin aansluiting vind by die kreasionistiese standpunt. Dus, die darwinisme is by ontleding juis besig om al nader te beweeg aan die kreasionistiese standpunte.
Só bevestig julle die kreasionistiese standpunt sónder dat julle dit só wil en maai terselfdertyd onder julle eie darwinistiese credo. Weereens is Wouter se lang papegaai reg in die kol om juis dié aspek uit te lig – ek sê mos, papegaai, dié kan julle algar, maar om die implikasies daarvan te besef, dié kan julle juis nié. Alles geweef in die hipotese wat die grondslag vorm van die filosofie van julle religie – en veral dáárvoor, is Wouter se bydrae nuttig.
Maar wetenskaplike bewys? Stééds niks daarvan nie.
Kobus de Klerk
Hello,
Wouter,
Ek waardeer die moeite wat jy doen om die lang uittreksels te plaas en het al ook by geleentheid so gesê. Wat dit vir ons almal demonstreer, is dat dit die inhoud van die aanhalings wat deur my geplaas word, in nog méér besonderhede ondersteun, as wat dit sou teenwerk wat ek plaas. Dus, groot omhaal van woorde kan nie ’n kernagtige sin wat die groot omhaal in sy essensie saamvat, ongedaan maak, nie.
Om vir my te sê ek bied nie die materiaal in goeie trou aan nie, is sommer ’n persoonlike, maar kwelsugtige, siening van jou. Jy weet jy is net kwelsugtig met daardie bewering van jou.
Die rede waarom die kundiges onder julle eie geledere die aanmerkings maak, is omdat die bestaan van die omstandighede waarna in hul aanhalings verwys word, bestaan en dit hulle kwel en ontstig. Deur hulle aan te haal, het ek nie daarmee probeer te kenne gee dat hulle nie meer darwiniste wil wees nie, maar dat hulle gefrustreerde darwiniste is wat self nie meer glo in hul aanvanklike studiemateriaal nie.
Só is die berugte evo devo, byvoorbeeld, juis deur Gould en sy maat geontwerp in ’n poging om die leemtes wat bestaan en net eenvoudig nie gevul kan word nie, te probeer toestop met net nóg meer hipotese, maar wat afwyk van oorspronklike darwinisme. Kyk na Angus en ander se kommentaar, waar hulle reguit sê dat Darwin vandag nie darwinisme sou kon eien nie. Daar is al sóveel afgewyk van die oorspronklike darwinisme, dat dit uiteindelik net ’n sellulêre religieuse filosofie is. Maar bona fide natuurwetenskap, is dit nie meer nie. Ruse is baie uitgesproke daaroor. Hy doen gedurig in sy blog ’n beroep op evolusioniste om die religie/filosofie uit die ding uit te hou – maar hulle kán net eenvoudig nie.
Waarom bly jy stil oor die aansprake van 'onomstootlike' bewyse wat deur jou medeskrywers gemaak word en wanneer daarvoor gevra word, dan is dit beledigings, verdagmaakstories en wat ook al anders. Waarom sê jy niks dáároor nie? Omdat jy self ook so is?
’n Eksakte wetenskap soos die natuurwetenskappe veronderstel is om te wees, kan nie op ’n basis van hipotese en filosofieë berus nie, maar ’n religie, wel. En dit is waar die darwinisme hom vandag bevind.
Groete,
Kobus de Klerk
Hallo weer ou Kobussie
Lang woordslaaie
Kobussie, kan jy nou al 'n antwoord verskaf of twee verskaf?
Kobussie, watter organisme het die "meeste genetiese inligting";' hoender of 'n krokodil? Hoe meet jy dit?
Onthou, jy's die een wat daardie bewering gemaak het oor "meer of minder genetiese inligting". Het jy onwaarhede vertel, ou Kobussie? Dit lyk al hoe meer so. Onthou, die meerderheid mense is nie so dom as wat jy dink hulle is nie.
Kleinkoos
Hello Kobus,
Wouter,
Ja, ek dink vir jou om te sê dat my of ander se plasings wanvoorstellings is, sonder om die detail van die wanvoorstelling uiteen te sit, is mos nie aanvaarbaar nie. Om bloot na nog meer opstelle te verwys, gaan nie help nie. Dit is glad nie so kompleks nie. Uiteindelik is daar nie bewyse nie. Sommige darwiniste aanvaar dit gelate en gaan bloot voort, maar ander weer, kom met hul frustrasie oor die gebrek aan bewysbaarheid, vorendag.
Kyk byvoorbeeld na die stomme reaksie van Kleinkoos wat soos 'n plaat vashaak. Hy kan maar net nie besef dat mens bejeën genetiese inligting se toename of afname nie soos jy in die geologie toename en afname meet, nie. Hy besef waarskynlik dat, as genetiese inligting sodanig geaffekteer word, dat 'n nuwe soort daaruit ontstaan, dit uiteraard toename in genetiese inligting daarstel wat nie voorheen daar was nie. Maar omdat dit nie in die darwinistiese evolusionisme kan gebeur nie, sal hy dit moedswillig met die simpelste en dwaasste vragies probeer omseil soos 'n plaat wat vashaak. Dit is die vlak waarop die darwinis bereid is om die selfdesepsie te promoveer en te opereer, solank hy net nie sy religie hoef prys te gee nie. Nou, ja, dit is beslis nie wetenskap nie.
Dan is daar ook die kwessie van die implikasies vir jou as agnostikus - dit is maar weereens eweknie druk en die muur waarvoor jy te staan kom - as jy moet erken wat die kritiserende darwinsite self sê, veral gesien dat jy self nie oor die kundigheid beskik om, hulle te weerspreek nie... dan is jy wat jou eie lewensfilosofie betref, by 'n kruispad - dan sal jy moet kies - wil jy die leuen verder volg of wil jy eerder regtig die Waarheid ondersoek.
Nou ja, in daardie lig gesien, sal jy mos noodwendig die wye maar haas onbewese stelling maak dat die algemene darwinistiese stelling se argument 'water hou'. Al wat 'water hou' daaromtrent is die hipotese wat die darwinistiese idioom verklaar, maar nie dat dit bewys kan word nie, want dit kan net eenvoudig nie. Daar is dan ook die doodsteek vir die tipe darwinistiese idioom - die kwessie dat die feite juis die kreasionistiese standpunt ondersteun.
Daarom, vanuit daardie bevooroordeelde subjektiewe geloofstandpunt en benadering van jou, is jou kommentaar daarmee saam maar net n persoonlike opinie van jou, selfs oortuiging, maar beslis nie wetenskaplike verhaling nie. Vandaar, juis, dat jy sê dat versoening nie moontlik is nie. Besef jy hoe onwetenskaplik so 'n standpunt is? Ware wetenskap behoort deur feite beheers te word wat dan versoening via feitestelling afdwing. Wetenskap gaan juis oor die kwessie van bewys wat versoening afdwing. Maar ja, soos die darwinisme nou daar uitsien, is daar nie versoening nie, nie eens intern nie (die ouens kibbel nie oor die feite nie, maar juis oor die hipotese in die lig van die feite wat die religie moet in stand hou... juis Ruse en ander se probleem daarmee), omdat dit nie wetenskap is nie, maar sekulêre religieuse filosofie - daarin is jou opmerking in die kol.
Groete,
Kobus de Klerk