Om oor die land te ween

  • 13

Plaaslik word die begin van die sogenaamde bevrydingsliteratuur dikwels aan twee boeke toegeskryf. Die een is Trevor Huddleston se Naught for your comfort (1956), wat ek reeds bespreek het (SêNet, 15 Maart). Die ander is Alan Paton (1903-1988) se Cry, the beloved country (1948), wat in 1946 voltooi is, dus ’n dekade voor Huddleston se boek. Huddleston was ’n uitlander wat sy boek in Suid-Afrika geskryf maar openlik daarop geroem het dat hy hoogs eensydig na die Suid-Afrikaanse werklikheid kyk (p 18). Paton was ’n Suid-Afrikaner wat sy boek tydens sy studieverlof in Noorweë en die VSA geskryf het, maar hy het die Suid-Afrikaanse werklikheid baie beter as Huddleston verstaan.

Dit is Huddleston wat aan Desmond Tutu die manuskrip van Paton se boek geleen het (John Allen, Rabble-rouser for peace, London: Rider, 2006, p 44). Tutu het in die jare sestig, as dosent aan die teologiese seminarie op Fort Hare, Paton se werk aan die studente voorgeskryf (Allen, p 104). Bevrydingsteoloë soos Huddleston (p 44) en Tutu (Allen, p 149) het veral ’n enkele sin in Paton se boek uitgesonder vir beklemtoning omdat dit hulle politieke agenda gepas het. Dit is die volgende woorde van een van die karakters, eerwaarde Theophilus Msimangu: "I have one great fear in my heart, that one day when they [the whites] are turned to loving, they will find we [the blacks] are turned to hating" (Cry, the beloved country, London: Vintage Books, 2002, p 38, 235).

Anders as Huddleston, Tutu en veral Nelson Mandela was Paton teen geweld gekant (Nelson Mandela, Long walk to freedom, London: Abacus, 1995, p 447). Anders as die genoemde drietal was Paton ook sterk teen ekonomiese sanksies gekant (Allen, p 214, 289). Wat politieke radikaliteit betref was Paton nie in dieselfde liga as hierdie aktiviste nie. Paton het Tutu glad nie as ’n heilige beskou nie (Allen, p 265). ’n Ander feit wat in gedagte gehou moet word, is dat Paton se boek tydens die Smuts-bewind geskryf is. Ook Huddleston se boek is geskryf voordat apartheid ’n noemenswaardige impak gehad het. Die belangrikste positiewe bydrae wat die boeke van Paton en Huddleston gelewer het, was om die aandag op die ellende van swartes te vestig, maar dit was eintlik voorapartheidsellende en nie soseer apartheidveroorsaakte ellende nie, bv in 1946 was die paswette reeds op swartes van toepassing (Paton, p 69, 160). In hierdie sin is die hedendaagse gewoonte om net (of veral) Afrikaners vir swart ellende te blameer, misplaas.

Die verhaal begin in Ixopo in Suid-Natal, waar Paton ’n onderwyser was. Daarna verskuif dit na die Witwatersrand, waar Paton van 1935 tot 1949 hoof van ’n rehabilitasiesentrum was. Die verhaal eindig in Suid-Natal. Vanweë die ruimtebeperking gaan ek nie die storie hier opsom nie, want dit kan maklik in bv die Wikipedia opgespoor word.

In 1946 was daar reeds krotbuurte vir swartes, bv in Pietermaritzburg (p 16), te min huise en oorvol huise (p 48-50), aparte busse vir wittes en swartes (p 13, 39), aparte hospitale (p 34), in die hof aparte sitplekke en deure vir wittes en swartes (p 136, 144, 174). Toe reeds was die skole vir swartes vol (p 27): "Not more than four out of ten are at school" (p 68-69). Busse is geboikot as die tariewe verhoog word (p 40). Grond is onwettig beset en krotte is daarop gebou met gesteelde materiaal (p 50, 52). Wat opval, is dat Paton telkens van "white and black" skryf (p 21, 37, 157, 229), terwyl dit deesdae, veral van owerheidskant af, andersom gedoen word. Ek dink nie laasgenoemde is ’n poging tot alfabetiese volgorde nie. Dit is veel eerder ’n uitdrukking van mag, van dominansie, van verswelging. "Who knows how we shall fashion a land of peace where black outnumbers white so greatly?" (p 71). Voorheen het "the People ... the White People" beteken (p 136-137). Deesdae is "the people" ongetwyfeld (veral) die swartes.

Wat in die boek beklemtoon word, is die omvang van misdaad in 1946, veral in Johannesburg. Die misdadigers wat genoem word, is swart en die slagoffers is wit. Dit is waarom die wittes in vrees lewe. "Cry, the beloved country, for the unborn child that is the inheritor of our fear" (p 72). "It is fear that rules this land" (p 25). "So many have grown lawless ... Who can enjoy the lovely land?" (p 67). Die rede vir misdaad, bv diefstal, word aan die wittes toegeskryf: "They give us too little ... They give us almost nothing" (p 26).

Die ontworteling van die stedelike swartes word benadruk. Die skuld hiervoor word voor die deur van veral die mynmaatskappye gelê, wat trekarbeid gebruik en hulle werkers in enkelwoonkwartiere huisves. Terselfdertyd is daar in die swartes se plattelandse gebiede verval omdat die arbeidskrag vandaar na die stede onttrek word. Net bejaardes en vroue en kinders woon daar (p 188, 230). Op hierdie manier word die stamverwantskap en -gebruike afgetakel. "The white man has broken the tribe" (p 25). "It was the white man who gave us so little land, it was the white man who took us away from the land to go to work" (p 228). Later, tydens die apartheidsera, is gepoog om die tuislande te ontwikkel, die toestroming na die stede te keer, die stamverwantskap en kultuur (insluitende die tale) van swartes te herstel, maar daarin het baie swartes geen behae gehad nie.

Paton vertel hoe die landbougebiede van swartes agteruitgaan. "Year by year there was less food grown in these reserves. There were too many cattle there, and the fields were eroded and barren ... if they got more land, and treated it as they treated what they had already, the country would turn into a desert" (p 113). Lobola kry die skuld vir die aanhou van, en gevolglike oorbeweiding deur, te veel beeste (p 215). "A native could get land from the farmer, and set up his kraal and have his family there ... provided that he and his family gave so much labour each year to the white farmer. But even that was not perfect, for some of them had sons and daughters that left for the towns, and never came back to fulfil their portion of the contract; and some of them abused the land that they had; and some of them stole cattle and sheep for meat; and some of them were idle and worthless, till one had to clear them off the farm, and not be certain if their successors would be any better" (p 114). Die "oplossing" waarmee sedertdien voor ’n dag gekom is, is om plaasgrond van wittes te ontneem en aan swartes te gee en om dit uiters moeilik vir wittes te maak om van ongewenste swart plaasbewoners ontslae te raak.

John Kumalo is ’n politieke aktivis in Johannesburg wat die gepeupel opsweep. "What God has not done for South Africa, man must do ... Something is happening that no Bishop can stop" (p 25). "A new society is being built" (p 34). John het ’n lae dunk van die "Bantu Press": "[It] does not say all that could be said" (p 27). Hy beskou homself vry van stamverwantskap: "Our customs are different here" (p 35). Die stamhoof is volgens hom "nothing but a white man’s dog ... the Church too is like the chief" (p 34). Die voorspoed wat die wittes geniet "is not built on the mines ... it is built on our backs, on our sweat, on our labour. Every factory, every theatre, every house, they are all built by us" (p 35). As dit so is, waarom het sodanige ontwikkeling nie in dieselfde mate in die res van Afrika plaasgevind nie? Swartes moet eerder vra: "Where would we be without all that this white man has done for us?" (p 227-228). Wanneer die mynwerkers staak "they go mad; they imprison mine officials in their offices, and throw bottles and stones, and set places on fire" (p 162). Daar is hierdie profetiese woorde: "There are some men who long for martyrdom, there are those who know that to go to prison would bring greatness to them" (p 160).

Msimangu se retoriek word soms idealisties: "Because the white man has power, we too want power ... But when a black man gets power, when he gets money, he is a great man if he is not corrupted ... I see only one hope for our country, and that is when white men and black men, desiring neither power nor money, but desiring only the good of their country, come together to work for it" (p 37). Wat het sedert 1946 gebeur? Wat het geword van Nelson Mandela se uitgesproke ideaal tydens die Rivonia-verhoor dat een groep nie ’n ander moet oorheers nie? Funksioneer die swart bewind lofwaardig tot voordeel van die land of is daar toenemende korrupsie? "Cry, the beloved country, these things are not yet at an end" (p 66).

Destyds in Suid-Natal, anders as tans, "all the police were Afrikaners, and the post-office clerks, and the men at the railway station" (p 114). Soms skyn daar vooroordeel teen Afrikaners deur. ’n Boer, James Jarvis, verwys na een van die polisiemanne as "a decent fellow for an Afrikaner" (p 114). "His own father had sworn that he would disinherit any child of his who married an Afrikaner" (p 114-115). ’n Ander Engelsman is geheg aan die Britse kroon: "Where would we be if we ever get a republic?" (p 131). "He speaks beautiful English, the kind they speak at Oxford ... not the kind they speak at Rhodes or Stellenbosch" (p 147). Daar is ook minagting vir Afrikaans by sommige Engelssprekende wittes: "It’s a lingo I know nothing about, thank God" (p 121). By party van hulle is daar ontevredenheid oor die "unpronounceable names" van plekke soos Blyvooruitzicht, Langlaagte, Odendaalsrust en Welgedacht (p 146). Die plek- en straatname van die nuwe Suid-Afrika sou hulle sekerlik voor groter uitdagings gestel het. Die vraag is: As ’n plek (feitlik) onherkenbaar verander (bv afgebreek word), is dit nie dalk beter as hy ’n ander naam kry nie? ’n Ander saak: "Bilingualism was a devil of a waste" (p 146, ook p 163). Wat sou hulle sê van die nuwe Suid-Afrika met sy elf amptelike tale?

"Africa ... the great continent where we Africans live" (p 160). "Africa, the beloved country" (p 189, 191). "Nkosi Sikelel’ iAfrika: God save Africa" (p 191). "We work for Africa ... Why do you not say South Africa?" (p 229). In die Ooste word daar tans groot vooruitgang gemaak omdat die Oosterlinge daarin slaag om Westerse invloed in harmonie met hulle eie kultuur te bring. In Noord-Afrika aanvaar die inwoners (Arabiere, Berbers, Kopte, ens) die heilsame beskawende invloed van Europa en die Midde-Ooste. In Suid-Afrika gaan die nuwe bewindhebbers egter teen die stroom in en is hulle Afrika-behep, kontinent-oorbewus: seker in groter mate as in enige ander land. Die uitgangspunt is etnies. Dit gaan om swart Afrika, die broers en susters in sub-Sahara-Afrika; daardie lande wat almal in mindere mate as Suid-Afrika die voordele van Westerse invloed ervaar het. Die voortreflike voorbeeld wat Westerse lande stel, word in die nuwe Suid-Afrika gereeld en openlik geminag. Die Westerlinge in Suid-Afrika word eerder verwyt en verguis as geloof en na waarde geskat. Hierdie gebrek aan gesonde ewewig word in die volkslied weerspieël. Dit is een van die vele tragedies van die nuwe Suid-Afrika.

Johannes Comestor

  • 13

Kommentaar

  • Pieter Redelinghuys

    Ja Johannes, Jy het dalk reg om te treur oor n land wat byna onmoontlike kaarte gedeel is deur die noodlot en deur die geskiedenis.  Aan die ander kant wees getroos deur die feit dat Suid-Afrika nooit betrokke was in n burgeroorlog nie( die Vryheidsoorlog teen Brittanje uitgesluit) of direk betrekke was in die Eerste en Tweede Wêreld Oorloê nie( behalwe vir die soldate wat na die front gestuur is. Die eskapades in Angola was n groot fout gewees en ek voel diep jammer vir die jong mans wat die brutaliteite van daardie avontuur moes beleef).  Het jy enige besef wat hierdie twee Wêreld Oorloë aan die mense van Europa gedoen het? Die gevolge lewe nog vandag steeds.

    Die Suid-Afrikaanse situasie is n konfrontasie tussen n Noord-Europese kultuur en etos ,en dié van Afrika, sy inheemse kultuur en tradisies.  Maar hoe eg is hierdie Afrika- kultuur nou eintlik vandag?  Almal wil dieselfde hê: n goeie werk, behuising, elektrisiteit, sekuriteit, mediese dienste en goeie skole vir hulle kinders, edm. So, afgesien van velkleur, hoe verskil mense dan van mekaar en wat hulle basiese begeertes en behoeftes tydens hulle kort bestaan op aarde betref?

    Miskien kan die gemeende veskille en probleme tog uitgeskryk word deur eerste klas universiële onderwys, en in dié opsigte lê Suid-Afrika onder die laaste lande op die lys van wêreldprestasies in hierdie gebied.

     

     

  • Stephan Marcus

    Ai toggie. Ek wens tog so dat mense wil ophou voorgee asof ons geskiedenis iets anders as die gewelddadige kolonialisering van ’n land en die gevolglike uitbuiting van die inboorlinge vir goedkoop arbeid was.

    Die beleid van Suid-Afrikaanse regerings van ’n dekade of twee na 1652 tot in die 1980's was daarop gemik om voldoende arbeid vir landbou en die industrie beskikbaar te stel. Swart mense is nie primêr deur die paswette in die reservate, en later Bantustans, ingehok nie om hulle apart van wit mense te hou nie, hulle is verhoed om "wit" landelike gebiede te verlaat sodat daar ’n oorvoorsiening van goedkoop (plaas)arbeid was.

    Apartheid, afsonderlike geriewe en die Bantustans was versiersuiker. Die ou bestel is onderhou deur en is bedryf vir ekonomiese belange. Dit was hierdie ekonomiese beleid van wit regerings wat swart mense verarm het, die trekarbeider stelsel wat families vernietig het en ’n volslae afwesigheid van enige poging van wit regerings om moderne infrastruktuur in die reservate op te rig of om hierdie gebiede ekonomies met die res van die land te integreer wat ontwikkeling gekortwiek het.

    Afrikaners het by uitstek ekonomiese en maatskaplike voordeel uit die stelsel getrek en die gunstige ekonomiese posisie wat die "volk" tans beklee is grootliks hieraan te danke.

     

    Daar kan met die wonderlikste mites van ’n verdrukte volk wat homself gedurig moes verdedig en met rassistiese bewerings van inherente swart minderwaardigheid voor en dag gekom word, maar die geskiedenis is wat dit is.

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Johannes,

    Jy kla steen en been in jou artikel: " Om oor die land te ween". Een van jou herhalende obsessies in jou skrywes sentreer op die swak beeld wat die Afrikaner en die Afrikaanse taal huidig in Suid-Afrika beklee. As filosoof behoort jy tog teen hierdie tyd te weet, en die insig te hê, waarom dit so is, of het jy besluit om vir ewig in n toestant van ontkenning en amnesie te lewe? Waarom het die Engelssprekende Suid-Afrikaners dan blykbaar n beter "image" en hulle taal word graag geleer. Aan die einde van die Twee Wêreld Oorlog in Europa het al daardie lande wat Duits as eerste vreemde taal gebruik het oorgeslaan na Engels. Die eens beleërde nasies wou nie langer  na die taal van die onderdrukkers, die Nazis, luister nie.

    Hoekom het die Engelse kapitaliste en mynbase, uitbuiters van swart arbeid, n beter beeld as die Afrikaner boer op die plaas? n Sakie om oor na te dink.

    Afrikaners het n swak beeld omdat hulle in die verlede die heersende stam in die land was en hulle het n guldige geleentheid gehad om die toon en  voorbeeld te stel in die bou van n regverdige gemeenskap, en om te sien dat geregtigheid geskied oor die hele spektrum van daardie gemeenskap. Hulle het geen mandaad gehad om mense in eerste- tweede- en derdeklas burgers volgens ras te klassifiseer nie, iets wat die hele verloop van die individu se bestaan, en sy toekoms op aarde sou bepaal. Geen reg om hele gemeenskappe te ontwortel en verskuif nie. Wat die christendom buite Suid-Afrika  veral onthuts het was die wyse waarop alles, met of sonder Bybel verse, deurgevoer was. Waar was jy toe alles gebeur het? Was jy bewus van die vergrepe? Het jy dit alles aanvaar sonder n sweem van twyfel of skaamte?

    Dit alles lê nou in die verlede maar die erfstuk lewe vandag nog voort. Hopelik sal ook die bitterheid met die verloop van tyd en met die koms van nuwe geslagte ook versag. Proebeer minder  kla en begin meer insig  kry in n situasie waarvoor jy deels verantwoordelik was. Dit sal jou dalk tot berusting bring en terapeuties werk.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys

     

     

  • Die toedeling van blaam is in elkeen van die aangehaalde bronne die sentrale tema. Wie veroorsaak die ongelykheid in ontwikkeling en gevolglik inkomste en lewenskwaliteit. Hoekom word die sogenaamde "Afrikaner" polities uitgesonder om geblameer te word vir alles wat in hierdie mooi land van ons verkeerd geloop het. Uit wat ek kon aflei uit meer dan 50 jaar se lewens blootstelling was die Afrikaner ook maar dikwels bloot 'n slagoffer van besluite  wat dikwels kollektief op hom afgedwing is.  Dat die Afrikaner vir homself bedingings ruimte geskep het in ooreentemming tot sy bydrae tot die bruto nasionale produk spreek tog vanself. Dat hy sedertdien in hersiening van sy aansprake vrywillige herverdeling van mag ge inisieer en aanvaar het behoort op sigself meer as net versagtend tot sy lot te dien.

    Net so futiel soos sinnelose skuld toeskrywing aan slegs die Afrikaner is, blyk die ontkenning van skuld deur al die ander volksgroepe in ons geskiedenis te wees. Volke het maar nog altyd geneig om vir hulself eksklusiewe magsones te beding vir soverre hulle tydgenote daarmee gediend was. Daarna is dit by wyse van onderhandeling of stryd herskik, dikwels ten goede en/of ten kwade. Slegs die breer gemeenskap se kollektiewe toekomsvisie en dag tot dag ondersteuning en/of verwerping van doelwitte het nog altyd en sal in die toekoms steeds bepaal wie die dag se leiers nomineer en wat hulle missie en doelstellings sal wees. Groot moondhede en/of politieke faksies het by geleentheid probeer om hiedie proses te manipuleer maar die koste verbonde aan onderdrukking van die selfonderhoudende reaksionere stryd wat noodwendig vanuit die benadeelde gemeenskap teen hiedie vorm van manipulasie voortspruit het by herhaling te duur geraak vir die protagoniste. 
    Kan en wil ons nasie werklik die "Afrikaner" se bydrae tot skepping van kollektiewe welvaart ontbeer. Die Afrikaner het tog by wyse van die "Ja" stem 'n kollektiewe verantwoordelikheid vir mede aanspreeklikheid aanvaar en hom onteenseglik verbind tot die nastreef van kollektiewe doelwitte. Die kollektiewe wil van die breer gemeenskap het tog by herhaling die seperatiste faksie se aandrang op eie volkstaat verwerp. In die lig van hierdie verwerping word aanvaar dat ons as gemeenskap die Afrikaner as noodsaaklike bousteen in nasiebou aanvaar.  
    Nou waarom word hierdie bousteen se potensiaal ondergrawe deur regstellende aksie. As regstellende aksie vir die nasie meer werd is as die kollektiewe voordeel wat aktiewe gelykwaardige mededinging op gelyke voet bied is die seperatiste se aanspraak op die sogenaamde Volkstaat mos regverdig. Is die nasie werklik voorbereid op die veld wat seperatiste gaan wen wanneer die Afrikaner werklik sy skuldkompleks ontgroei en op billike en gelykwaardige mededining en/of sy eie Volkstaat begin aandring. 
    Net so min as wat ons ekonomie die ou bedeling se afsonderlike ontwikkeling kon bekostig kan ons tans die koste van regstellende aksie ad infinitum absorbeer. Die korrupsie en wanaanwending van kollektiewe bates wat direk uit die politike manipulasie van markkragte voortspruit is so duur dat plaaslike en nasionale regering tans reeds besig is om hul aanspraak op inkomste breer as die tradisionele belastingbasis uit te brei. Die vernietigende uitwerking van hiedie heffings op billike winsneming het gaan beleggers na gunstiger markte laat uitwyk. Sonder beleggings kapitaal kon niemand nog enige wesentlike ontwikkeling van stapel stuur nie. Die enigste ander vorm van kapitaal is in slawe arbeid opgesluit. As ons beleggers kapitaal vervreem sal ons 'n nuwe bron vir verslawing moet identifiseer. Of is verslawing van die Afrikaner en/of ander minderheids groepe maar net die logiese gevolge van regstellende aksie.
  • Hello Pieter, Marcus et al, 

     
    Pieter, uitstekende kommentaar. Comestor vra gedurig vir 'n ewewigtige omgang met die geskiedenis en laat dan na om self so te doen. Daarom skryf Comestor dieselfde  reaksionêre brief oor en oor waarin daar gepoog word om die geskiedenis wit te was.
     
    Ek is dit eens met jou dat Suid-Afrika 'n haas onmoontlike hand gedeel is en kan daar gepoog word om te probeer verstaan hoekom die land nooit die geskiedkundige mileu kon ontsnap nie waarin die gruwelooslike onderdrukking implementeer is en dit probeer verhoed het. 
     
    Die verloop daarvan kan nie ongedaan gemaak word nie maar dit kan korrek aangebied word soos Stephan Marcus se skrywe doen en 'n belangrike korrektief tot die ontkennings van Comestor bied.  
     
    Ek was myself baie jonk met die geweld in die laat 80's en was daarom onbewus van die werklike betekenis daarvan. 
     
    Dit is slegs na selfondersoek die afgelope jare dat die bevrydings stryd vir my duidelik geword en as sodanig aanvaar is, net soos Mandela nie as 'n geweldenaar uitgebeeld kan word. 
     
    Al is dit een van Comestor se gewone manier van doen om juis so te doen. 
     
    Elders het ek Comestor komplimenteer oor die verskeidenheid van artikels wat uit sy hand hier geplaas word. 
     
    Dit moet egter kwalifiseer word en soos volg aangepas word. 
     
    Bring die verskeidenheid, maar bly by wat Alan Paton wil oordra en nie Comestor se gewone praktyk waar die onderwerp onder "bespreking" slegs as 'n geleentheid bied om Comestor se obsessies te bespreek. 
     
    Die werklikheid is egter Paton sal nooit op die terme van Paton aangebied word of Oxford slegs in die konteks van Oxford soos die skrywer bedoel het nie. 
     
    Wat word gedoen met die tendens om dieselfde brief herhaaldelik te skryf, net soos hierdie uitwysing daarvan ook al 'n brief is wat ek voorheen geskryf het. 
  • Hello, 

     
    Hierdie wou ek al eerder geplaas het en is die geleentheid wat Comestor se treurmare bied 'n goeie geleentheid. 
     
    Suid-Afrika het die afgelope week die nuus gehaal onderskeidelik in die Financial Times en International 
    Herald Tribune. 
     
    In die Financial Times se Global Insight kommentaar word dit soos volg aangebied: 
     
    Troubles remain as Zuma swats his bugbear
     
    Die inleiding: 
     
    With the clock ticking down to the African National Congress’s crucial five yearly elective conference, a political circus that has dogged South Africa for months – damaging investor sentiment and tarnishing the image of the continent’s oldest liberation movement – shows few signs of abating. 
     
    Mr Zuma’s presidency has been mired by concerns about weak leadership, cronyism and corruption. All the while, complaints about unemployment, poverty and gaping inequalities are rising. For that reason, Mr Malema’s outbursts about the country’s socials ills resonate with many.
     
    “He may not be coming with solutions but he simply reads the situation and understands that these are the issues that face the people. To that extent, nobody can fault him,” says one ANC official.
     
    The corporate community will shed no tears for Mr Malema’s plight. 
     
    His calls for the nationalisation of mines have amplified the policy uncertainty that has stymied investment in Africa’s largest economy.
     
    But as long as the ANC’s battles rage on, the country suffers from a blurring between the party and the state and no genuinely competitive opposition. The result is a sense of political paralysis as the social pressures mount.
     
    Businesses’ frustrations were illustrated by a highly unusual political message contained in the recent annual report of one of South Africa’s largest banks.
     
    “Our political leadership’s moral quotient is degenerating and we are fast losing the checks and balances that are necessary to prevent a recurrence of the past,” wrote Reuel Khoza, Nedbank’s chairman. “This is not the accountable democracy for which generations suffered and fought.”
     
    Die International Herald Tribune se artikel is getiteld: 
     
    Haunted by History
     
    Dit bespreek die leierstryd in die ANC en is die slotsom soos volg: 
     
    The history of the A.N.C. is to blame for this opaque process. The party’s lack of openness is a ghost of the liberation struggle. During the long fight against apartheid, it was critical for the A.N.C. to have efficient top-down control of information and how it was distributed to the movement’s foot soldiers, who worked in the service of leaders who made all the decisions. 
     
    Not much has changed.
     
    This failure to transform into a more democratic party is hurting the country, which is plagued by unemployment, inequality and the failure of the A.N.C. to deliver better educational opportunities and living conditions for the nation’s poor majority. 
     
    Rather than openly discussing these issues and debating political differences, those politicians vying for top party positions end up waging a campaign of behind-the-scenes backbiting as they try to score points with the delegates and discredit their opponents.
     
    Little wonder, then, that the party’s Youth League President, Julius Malema, recently called Zuma a dictator: 
     
    It was a thinly disguised effort to discredit him ahead of the leadership conference, and unsurprisingly resulted in Malema’s suspension – a harsh move indicative of the nature of the tensions around the conferences.
     
    All this comes at a cost: 
     
    In order for a democratic culture to take root in a society, the governing party must be democratic itself. 
     
    We see, for example, A.N.C. leaders’ disdain at times for public opinion on proposed legislation, and a disdain at times for the opposition. 
     
    The public’s concerns about a bill that threatens media freedom – and political accountability – have been ignored.
     
    The lack of internal democracy persists despite the A.N.C.’s oft-stated commitment to the external markers of democracy like free-and-fair countrywide elections in which the party openly competes with other parties for a share of the national vote.The A.N.C will be more responsive and accountable when it learns to be more internally democratic. South Africa needs the A.N.C. to get serious about reform.
     
    Hierdie bied dus 'n goeie bestekopname van die kwessies soos dit nou heers en word dit aanvaar dat bogenoemde nie nuus is vir die ingeligte leser nie. 
     
    Die enigste troos is dalk dat die moontlike verval van die land nie hierdie keer voor die deur van die wit bevolking geplaas kan word, alhoewel dit die bevolking in sy geheel gaan wees wat die prys vir 'n tweede mislukking moet betaal.
     
    Praat van 'n geknelde land of om te ween vir die geliefde land. 
     
    Het ons ooit 'n kans gehad? 
     
     
  • Pieter Redelinghuys

    Beste Wouter,

    "Het ons ooit n kans gehad?" Uit n historiese oogpunt, nouliks, in agname van die gegewe van die mosaïek wat Suid-Afrika en sy mense uitmaak. Maar hoekom in teenstelling dan is Brasilië vandag n sukses, n land wat ook bewoon is deur Europese immigrante, inheemse Indiane, en eertydse swart slawe uit Afrika?

    Daar is eenvoudig té veel armoede en onkunde om n houbare en stabiele gemeenskap in Suid-Afrika te bou. Of klink die ideaal van so n gemeenskap dan té onrealisties of utopies? Suid-Afrika moet nie vergelyk word met die VSA, Europa of Australiê nie, maar met ander Afrika-lande. Wanneer ander Afrika-lande die maatstaf word om Suid-Afrika te beoordeel, dan blyk die land die pêrel van die kontinent te wees.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Hello Pieter, 

     
    Goeie brief oor Hiroshima van jou kant af ook. 
     
    Net soos jy is ek 'n liefhebber van die skryfwerk van JM Coetzee en is Disgrace seker die beste vertelling van die bywoners wat vorige bewindhebbers geskep het en hoe daardie rolle omgedraai word en die vorige heersers nou die bywoners is. Of dit volkome staan en 'n korrekte weergawe is, is oop vir debat, maar ek sal volstaan dat die vorige bewind het die meerderheid van die burgers reduseer tot bywoners en vreemdelinge in hulle eie land. Of ons dan gesamentlik uiteindelik die geskiedenis kan ontsnap is 'n vraag waarop ek nie die antwoord het nie en die verloop van hoe dit uitspeel met belangstelling dophou, nie as 'n intellektuele "spel" nie, maar 'n bewustheid van hoe die mens blootgestel is aan die verloop van die geskiedenis en hoe dit sy kinders verorber. Brasilië is inderdaad 'n sukses vandag, deel van die BRIC's en 'n toonbeeld hoe die bevolking opgehef kan word. Indien armoede en onkunde die kniehalter is hier, wil ek nie graag net volstaan met in verhouding tot Afrika is Suid-Afrika 'n pêrel, aangesien die land soveel meer kan wees. 

     
    In konteks van die ekonomie, politiek, instellings. 
     
    Die land kan beter wees en weet die leiers hoe om dit te doen? 
     
    Daarom was Malema so 'n steen des aanstoots vir my, die retoriek was die van 'n pseudo-kommunis wat ideologiese argumente van die jare toet as moderne oplossing kom bied, wat doodgewoon bevestig het dat geen werklike oplossings uit sy hand sou kom nie en tog het van die burgery daarby gestaan. 
     
    Daar is 'n boek uit huidiglik, "Why nations fail", wat bevestig hoe leierskap 'n land tot niet kan gaan. 
     
    In die konteks daarvan kan niemand gerus slaap nie. 
     
    Baie dankie vir jou reaksie en beste wense
     
    Wouter
  • Hello, 

     
    Vir die lesers wat belangstel kan daar na hierdie onderhoud met Daron Acemoglu verwys word.  "Professor of economics at the Massachusetts Institute of Technology" . 
     
    Skrywer van Why Nations Fail: The Origins of Power, Prosperity, and Poverty. 
     
    Die argument kan kortliks soos volg opgesom word: 
     
    Why do nations rise, and why do they fall?  For centuries, explanations have rained down on us.  It’s geography.  It’s culture.  It’s climate.  Free markets.  Colonization.  Military might.
     
    A whopping new study of the ultimate question says it comes down to this:  
     
    Whether it’s ancient Rome or Venice or China or the United States of America right now, the wealth of a nation is tied most closely to how much the average person shares in the overall growth of the economy.  
     
    That it really is about the ninety-nine percent.
     
    Dit vind aansluiting tot die stelling gemaak deur Pieter in sy kommentaar. 
     
    Die onderhoud was met Tom Ashbrook van WBUR On POINT en die onderhoud kan hier gevind word. 
     
     
  • Pieter Redelinghuys

    Beste Wouter,

    "....the wealth of a nation is tied most closely to how much the average person shares in the overall growth of the economy". En die sukses en stabiliteit van die staat hang af van die som van ekonomiese insette van al sy burgers. Met werkloosheid by omtrent 40% in Suid-Afrika - kan jy maar jou eie afleidings maak.

    Vandag heers daar n etos van "doen jou eie ding" en verryk jouself in die proses. Daar is geen kollektiewe etos in die verspinterde mosïek wat Suid-Afrika uitmaak wat eertyds gevind was by die Skandinawiese sosiale demokrate nie. Dit is moeilik genoeg om jou naaste lief te hê soos jouself, om nie eers te praat van mense en groepe wat "nie ons mense " is nie.

    Die siekte tot die dood van die Germaanse intellek is té veel introspeksie en die las van té veel gewete. Daar is eintlik min wat die individu kan vermag as om elke dag so op te tree om geen nadeel  te veroorsaak aan diegene wat ons paaie kruis nie. 

    Beste groete, 

    Pieter Redelinghuys

  • Hello Pieter, 

     
    Weereens is ek in akkoord met jou. Net soos die studie van Daron Acemoglu bevestig en Stephan se argument onderskraag van ekonomiese uitbuiting. 
     
    Dit is net so akkuraat om apartheid as 'n ekonomiese uitbuiting te beskryf. 
     
    Vir wat dat werd is, my gewete oor die verlede is akuut en is Samantha Vice se argument nie vir my vreemd nie. 
     
    Goed en wel vir my gewete, maar gaan die wat nou in beheer is die beste doen wat moontlik is vir die land. 
     
    Dit is die verdere uitdaging. 
     
    Beste groete
     
    Wouter
  • In detail is dit die vraagstuk van ongelykheid. Die OECD het onlangs 'n verslag daaroor publiseer en is soos volg deur die FT opgesom: 

     
    Inequality is like the weather. There is plenty of it, and seemingly nothing we can do about it. That blasé attitude may no longer be tenable. The trouble with inequality is not that it never goes away but that it is growing. The Organisation for Economic Co-operation and Development says that thegap between rich and poor is at its highest for 30 years. The question is how to reverse it. 
     
    Here is a novel solution – pay the lowest-paid more.
     
    The OECD says that inequality is growing even in countries we think of as paragons of egalitarianism. In Germany, for example, the average income of the top 10 per cent of workers in 2008 was nearly eight times higher than the bottom 10 per cent. In Japan, the gap is 10 times, in the UK it is 12, and in the US it is 15. In all cases, the gap is higher now than it was in 1975.
     
    This trend looks set to continue. The developed world’s cherished standards of living are under fierce assault. 
     
    This is especially the case in Europe: just consider the scale of wealth destruction in Ireland and Greece since 2008. It may be easier to reverse inequality by focusing on alleviating poverty than squeezing top earners. After all, the average income in 2008 of the top 10 per cent of workers in the OECD’s 34 member states looks quite modest. It is almost £55,000 in the UK, €57,300 in Germany, $114,000 in the US, and Y7.5m in Japan.The real problem is at the other end of the scale. 
     
    The incomes of the OECD’s lowest-paid are tiny: £4,700 in the UK. Efforts to close the wealth gap should start here. A minimum wage is one route: many countries do not have one. But it is important to preserve a country’s competitiveness, as the Irish and Greeks are painfully discovering.Closing the income gap is a socially desirable goal. It is worth bearing in mind, however, that inequality may be too human a trait to eradicate entirely.
     
    Hierdie is 'n verslag waarna ek gereeld terugkeer as 'n verwysing van die uitdagings wat die hoof gebied moet word. 
     
    Daar word nie verwag dat Comestor in staat is om 'n traan te stort oor almal hier nie en is sy trane slegs vir wat Comestor en Jan Rap verloor het. 
     
    Laat dit so wees, maar sekerlik sal die wat werklik besorg is oor die land en 'n regverdige samelewing 'n oog hou oor hierdie ontwikkelinge. 
     
    Ongelukkig beskryf Vavi soms die land as 'n roofdierstaat, wat dalk kan bevestig dat die "extraction" deur die "elite(?)" begin het en een van die vergrype is waarteen "Why Nations fail" waarsku. 
     
    Terug na ekonomiese uitbuiting, van 'n ander soort, die keer? 
     
  • OECD calls time on trickle-down theory

    By Nicholas Timmins
     
    Trickle-down theory is dead. The belief fostered by Ronald Reagan in the US and Margaret Thatcher in the UK in the 1980s, that if the rich got richer their income and wealth would trickle down the income scale so that a rising tide lifted all the boats, has had the last rites pronounced on it – by the Organisation for Economic Co-operation and Development.Its report “Divided We Stand”, published on Monday, highlights how income inequality is rising almost everywhere in the developed world. 
     
    Not just, as it first did, in the Anglo-Saxon countries, such as the US and UK, but more recently in traditionally more egalitarian countries such as Denmark, Sweden and Germany.
     
    At the best of times, extreme differences in income and wealth are not good for social cohesion. 
     
    In times like these, the sense that those at the very top are more or less spared the effects of the economic crisis – while benefits are cut, unemployment rises and the living standards of those still in work suffer – is even more corrosive.
     
    “The social contract is unravelling,” Angel Gurría, OECD secretary-general, said.
     
    The causes of rapidly rising income inequality are hotly debated and far from clear. 
     
    Globalisation has removed low-paid manufacturing jobs to developing countries. 
     
    Technological change has displaced both craft and non-craft jobs – routine metalwork and carpentry are done by machines while computers do the work of filing clerks. 
     
    The same technologies have delivered higher rewards to those with the skills to use them.
     
    Other factors appear to play a part: 
     
    including social sorting – for example, doctors marrying doctors rather than nurses; 
     
    the rise in single person and lone parent households; 
     
    couples of working age being more likely both to work; 
     
    and unemployment benefits becoming steadily meaner. 
     
    The most striking effect, however, is not just that the top 10 per cent of the income distribution has moved away from the bottom 10 per cent. 
     
    It is that the top 1 per cent, and even the top 0.1 per cent, has accelerated away from everybody else – a phenomenon driven by top pay for “stars”, whether in sport, entertainment or business, and by banker and executive bonuses.
     
    The share of income taken by the top 1 per cent in the UK rose from less than 10 per cent in 1990 to more than 14 per cent by 2005, and will have risen more before the credit crunch.
     
    All this, the OECD argues in what will be one of its more controversial recommendations, points to the top earners having a greater capacity to pay taxes. 
     
    It is not that they do not at present: the top 1 per cent of earners account for about 27 per cent of all income tax. 
     
    But their taxable capacity has risen.
     
    Very high top rate tax risks flight by those who can move and there is evidence that it discourages enterprise. 
     
    So the OECD suggests tackling evasion and avoidance; limiting tax reliefs at the top, as the UK has done for pension contributions, and taxing wealth harder – wealth being even more unequally distributed than income. 
     
    That could be done, for example, by boosting high-end property taxes and taxing lifetime gifts, as well as inheritances, more heavily.In a world where the rich can indeed go where they will, however, the question of how far any one country can go on its own remains.
     
    5 Desember 2011 publiseer in die Financial Times. 
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top