Liewe Vader, wees Homo ma’ g’nadig,
Millennium 3 Homo Sapiens Sapiens,
sien Mens, Self, hoe Self-destruktief,
onkunde-ontkennend, onkundig,
onwys, vannie pad af, slinks,
gewetenloos-Gewete-loos,
son’r sprak, sprook, woord,
oor proses van Herwinning,
wat via Besinning moet b’gin
Mens, Self, Self, opnuut sal sien,
lat Mens nu mos veel beter, as dít,
Self-destruksie, oorlogsugtigheid,
uitwis van als wat mooi is, verdien
Vergeef Mens, Vader, U Sien tog Self,
Mens kan’T noggie Duidelik observeer,
Pad, Via Post-Besinning, Self, aan t’pak,
so by Essensie, Herwinning, t’kan uitkom
Jacobus Faasen

