So pas teruggekeer van 'n toer deur Japan van twee weke duur: die land van die die opkomende son. Sedert tienerjare het hierdie besondere oosterse nasie grootliks gefassineer met sy beelde van vreeslose samurai en unieke tradisies van tee-seremonie, shinto-Buddhistiese relegie en kaligrafie. In die Westerse pers was die Japanese uitgebeeld as 'n semi-barbaarse ras wat sonder waarskuwing die Amerikaanse vlootbasis in Pearl Harbour aangeval en platgelê het. Volgens die inheemse Hawaiiese bevolking was hierdie aanval gerig om die Amerikaners uit die land te jaag wat hulle onwettig besit het. Tog het die eerste weergawe van die geskiedenis nou deel geword van Westerse historiese mite omdat die opinie van inheemse mense van geen belang is nie.
'n Besoek aan die gedenksentrum in Hiroshima sal elke persoon wat nog nie sy menslikheid verloor het nie besonder diep raak. Kyk gerus na die uitstellings: die stukkies gebrande kledingstukke van jong kinders van 10 tot 12 jaar oud wat oorgebly het uit die wrak veroorsaak deur die ontploffing van die atoombom deur die Amerikaners in 1945, beelde van verbrande moeders met babas op hulle rugge. Probeer om jou trane te bedwing by die aanskou hiervan. Die standaard leuen wat deur westerse (Amerikaanse en Britse) historici herhaal word gaan as volg: dit het 'n spoedige einde gebring aan die oorlog en verdere verlies van bemanning verhoed. Die feit van die saak was dat die Japanese op daardie stadium reeds die oorlog verloor het maar die Amerikaners wou graag hulle "weapon of mass destruction" uittoets en nog al op 'n siviele bevolking.
Die dag toe my vrou ons toerleier ('n Finse vrou) vertel dat ek 'n Suid-Afrikaner was, vertel sy die volgende storie. Aan die begin van die sewentigejare het sy 'n verhouding gehad met 'n Japanese piloot en toe hulle hulleself eenkeer in Kaapstad bevind, was hulle gedwing om in twee aparte hotelle te gaan woon. Haar mansvriend moes gaan bly in 'n hotel vir kleurlinge en swartes en dit ten spyte van die calvinistiese Hollander, Verwoerd, se wette dat Japanese geklassifiseer was as "honorary whites". Nou wonder ek waarom die Japanese regering destyds nie 'n spesiale verbod op wit Suid-Afrikaners geplaas het nie, en veral op Afrikaners, wat soontoe gestroom het om allerhande goedkoop elektroniese apparate en kameras te koop. Vandag is die land egter eenvoudig te duur vir die mickey-mouse Rand, en ek vermoed dat daar nie veel toerisme van Suid-Afrika se kant meer is nie. Onthou nog goed hoe mense 35 jaar gelede gelag het oor die "made in Japan" label. Vandag lyk die land soos 'n Oosterse Switzerland en het die laagste syfer in die wêreld vir misdaad en pasgebore doodsyfers (infantile mortality rate). Beslis n unieke prestasie bereik binne die bestek van 50 jaar.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys


Kommentaar
Dagsê Pieter
Beste Thomas,
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer oor Japan. Ek kon dit seker nie beter stel nie as jou kommentaar oor die VSA wat voorgee om die morele leier van die wêreld te wees, en waar godsdiens n multi-biljoen dollar bedryf is.
Taamlik walglik sou ek sê.
Beste groete,
Pieter