Die enigma van Aunty Schwartz se enigma

  • 0

Dit is nie baie wys om oor etniese volke en hulle uniekheid te skryf nie.
 
Dit is nie baie wys om die Bybel as God se woord te beskryf nie.
 
Dit is glad nie wys nie, om een volk as God se volk te beskryf nie.
 
Dog dis wat Aunty Schwartz doen:
 
"Any country with a substantial Jewish population benefits materially, as does the USA today.
 
In the Bible, God said to his people. “Be the head and not the tail.” Truly. Throughout the ages, they have been just that."
 
Stel sy 'n strooipop op? So ook met haar skryfnaam?
 
En die kersie op die kosherkoek: "Throughout the ages ..."
 
Ek mag nie, ek wil nie, en ek gaan geen persoon of groep in die openbaar beledig nie.
 
Sien die volgende asseblief as vriendelike feite:
 
1. Afrikaners as 'n groep is maar so 1 of 2 honderd jaar oud.
2. Bevolkingsgroepe kom en gaan, en bestaan nie vir ewig nie.
3. Die hedendaagse goeie Grieke van Griekeland, is nie dieselfde bevolkingsgroep as die van antieke Griekeland nie.
4. Die antieke Israeliete van duisende jare gelede, is nie die moderne Israelies nie.
5. Taal is 'n aanduiding van kultuurkeuses en sosiale kontak, en nie ras nie.
6. Hedendaagse Jode is hoofsaaklik van Europese afkoms, onder meer Khazare aldus Arthur Koestler se 13th Tribe.
7. Die Heilige Land is nie heilig nie.
 
Verder is dit op die lange duur altyd ongesond vir 'n minderheidsgroep van 'n land, om die "head" in plaas van die "tail" in 'n gasheerland te wees.
 
Wat in Europa gebeur het tydens die Groot Depressie en finansiele krisis van die 20ste eeu was nie goed nie, maar dit kan in Amerika ook gebeur. Alan Greenspan, Ben Bernanke, Goldman Sachs, David Frum en Israel-lobbygroepe kan dalk eendag die sondebok-skuld kry vir 'n swakker en armer VSA, ten spyte van die aanvanklike materiele voordele wat daardie invloedryke mense vir die VSA verkry het.
 
Verder gaan ek nie hieroor met Aunty Schwartz debatteer nie, want identiteit is religie. Dis nie-rasionele geloof. Niks verkeerd daarmee nie, maar onmoontlik om met rasionele debat te verander.
 
Wees trots wie jy wil wees, Aunty Schwartz. Ek sal dieselfde doen. Jy in Engels, ek in Afrikaans.
 
Sjalom!
Ran Doodt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top