Ateïste en ander agnostici maak dikwels die bewering dat gelowige mense glo omdat hulle kwansuis bang is vir die hel. As die agnostici maar iets van geloof geweet het, dan sou hulle nie so ’n sinnelose bewering gemaak het, nie. Geloof as sodanig, is nie ’n plaasvervanger, nie. Dit is ’n gawe, ’n geskenk, ’n bekwaamheid direk van God af. Dit is in die mens se gene. Die mens is só geskape – een van die kenmerke wat die mens geheel en al van die res van die skepping onderskei. Hierdie eienskap wat só uniek is aan mense, is al deur onafhanklike studie wat deur die Oxford universiteit onderneem is, gedoen en bevestig. Daarom kan mens nie glo net omdat jy bang is of skrikkerig is, vir iets, nie. Daarom kan mense nie sommer net glo, omdat hulle bang is vir die hel, nie. Trouens, gelowiges het nie ’n saak met die hel, nie… hulle wéét dat die hel nie hulle voorland is, nie en hulle het daardie wete in hul geloof in God.
As mense dit maar net kon besef – dit is makliker om gered te word, weens God se groot Genade, as om in die hel te beland – om uiteindelik in die hel te beland, moet mens doelbewus en konsekwent die gesag van die HERE verwerp (Mattheus 23:33; 2 Petrus 2:4; Judas 6, 7)… g’n wonder die agnostici sidder so nie…
>Maar wat ’n mens wel kan doen met geloof, is om dit (en God daarmee saam) doelbewus teen te werk. Mens kan wel besluit hy wíl nie glo nie – en daarvan is die agnostici sprekende voorbeelde. Dit is nie maklik nie, want hulle stry elke dag daarteen – hulle is obsessief daarmee. Dié aspek het ek al baie aangeroer. Dit is só erg dat hulle al vir hulle ’n eie religie geskep het – naamlik ateïstiese agnostisisme soos dit uitdrukking vind in die darwinistiese evolusieleer. Hiermee saam is daar ’n sindroom van selfdesepsie om hulself daagliks te dwing om alle ste bestry wat met geloof in God te make, het.Dit is hiér waar die hel as werklikheid realiseer. Baie mens het al gespekuleer oor die hel. Vir agnostici is die hel van nature só ’n onderliggende bron van vrees, dat hulle eerder alles wat die bestaan daarvan kan bevestig, die ganse spirituele realm, ontken en daarmee saam natuurlik, ook vir God. Die hel is vir hulle só ’n realistiese vrees dat hulle, van ál die geldige redes waarom mense in God glo, sal misken en die één rede wat nié ’n rede is, nie, vooropstel – naamlik vrees vir die hel – omdat hulle vrees! Daarom volg hulle die volstruis-kop-in-die-sand taktiek.
Maar ook sommige gelowiges sukkel met die realisme van die hel. Sommige gelowiges, soos die volgelinge van Rob Bell in Amerika, glo dat daar nie soiets is nie, omdat dit nie met ’n Goeie, Liefdevolle God vereenselwig kan word nie. Hulle glo nie dat God, Wie volkome liefdevol is, iemand in die hel in sal inboender, nie. Maar dit is omdat hulle soos mense redeneer en soos mense en met menslike perspektief oor dié sake redeneer. Om die dinge te verstaan, asook ander sake Gods, moet mens jou vleeslike, gebonde menslikheid opoffer en geestelik word (Johannes 1:12-13; Romeine 6:13, 8:13) sodat mens één kan word met die Heilige Gees. Ál wat dit verg, is bereidwilligheid, nie verdienste, nie.
Die waarheid is dat mense deur hulle eie toedoen die hel in die gesig staar (Mattheus 12:37; Johannes 3:18). God ‘stuur’ niemand hel toe, nie, maar red (Johannes 3:17). God in Sy Woord, die HERE, is die Regter, ja, Wie sal skeiding bring tussen die regverdiges (getroue gelowiges) en die verloënaars (volhardende ongelowiges) juis omdat God se Woord, die HERE, die maatstaf is (Johannes 3:18-19, 5:22-24, 27, 12:31, 48).
Dus, daar kom ’n tyd dat God skeiding sal maak - dié sáám met Hom (gelowiges - let veral op Mattheus 12:30) en dié sónder Hom (volhardende ongelowiges). Die hel is wanneer God Homself van hulle (die veroordeeldes) onttrek.
O, maar die agnostici sal dadelik sê dat hulle niks met God te doen het nie en hulle leef lekker (behalwe nou vir die obsessie en selfdesepsie sindroom, natuurlik)… Maar dit is dwase redenasie (hoe anders?) Hulle het hul van God onttrek, ja, maar nié andersom, nie. Feit is, tot die Oordeel, is God met almal (Prediker 9:2 g.m. Mattheus 5:45), maar daarná, sal mense wat God verwerp het vanweë hulle verwaandheid (Filippense 3:19), die hel smaak van Sy verwydering van hulle (Mattheus 25:30; 2 Tessalonisense 1:9).
Die mens wat in die hel (van God verwyderd, ook in die Spirituele realm) sal beland, want dié is ’n sekerheid vir diegene wat God volhardend verwerp, is die argitekte van hul eie ondergang - nie God nie - want dit is logies dat hulle nie by God kán wees, as hulle Hom verwerp het, nie. God is Lewe – die hel is die vuurdood.
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Kobus,
Jou intensie met hierdie bydrae is duidelik.
Jou "volledige reeks" in die waan dat daar iets soos "Darwin se evolusieleer" bestaan, het alle perke van kitsnaslaan oorskry en uiteindelik irrelevant begin raak.
Net jy en Wouter het waarskynlik die "ching-chong-cha" met julle spoeg&blerts geniet.
Nou kom jy met jou verskuilde neerhaling dat "agnostici" op pad hel toe is (hoe jy nog altyd in jou waan na ander wys wat jou nie eer nie).
En nes altyd sleep jy iets soos jou skakel "onafhanklike studie", buite verband in jou leë klinkende gedweep by.
As jy werklik glo soos jy tik "Dit (geloof) is ’n gawe, ’n geskenk, ’n bekwaamheid direk van God af", dan sou jy die genade daarin besef het en jou nie so meerwaardig oor nie-gelowiges en anders gelowiges stel nie.
Geen mens ontvang geloof as 'n verdienste nie. Daarom kan jy jouself ook nie aanstel waarvoor jy so welberug is op die werf - die ou grote Kobus de Klerk nie.
Hel Kobus, gaan jou aprioristiese intellektualisme ooit einde kry?
Mag Jesus Christus ons HERE ons almal vergewe en self geloof in ons harte bewerk.
Jou Amigo in Adam,
Cornelius
Ja Kobus, ek verwys na jou hartelose oorskatting van die funksie van die intellek sonder die kennis van die ervaring ten koste van ander geestelike funksies - jou sogenaamde "spirituele intelligensie".
So jy hoef nie bang te wees vir die hel nie, maar as jy nie glo nie gaan jy hel toe? Wat 'n straf is omdat jy nie geglo het nie. En rêrig aaklig is. So mens behoort eintlik daarvoor bang te wees. En om dit te vermy moet jy glo?
Wag nee my kop is nou deurmekaar. Die almagtige skepper van alles het die moeite gedoen om die kapasiteit tot geloof in mense in te bou, maar hulle nie wys genoeg gemaak om reg te kies nie. Hoekom kry ons almal nie ’n skoot "spirituele intelligensie" saam met ons geloof nie? Hoekom is al die voor die hand liggende waarhede wat jy hier propageer onsigbaar vir my? Ek het my hele alie af gesukkel om te glo, maar jou god en om die waarheid te sê geen gode is nie goed nie. En die enigste rede wat mens kan aanvoer om te aanbid is dat die god wat jy dien die werklike, absolute vergestalte van goedheid is.
Maar die waarheid is hy is nie.
Gestel die volgende: jy is Magriet se vriend. Julle gaan saam kroeg toe waar sy lekker kuier. In stede daarvan om Magriet huis toe te neem bly jy vir ’n laaste rondte, Magriet bestuur huis toe ploeg deur ’n graad 3 klas op ’n uitstappie.
Niemand dink dat jy die regte ding gedoen het nie. Niemand dink dat jy maar net vir Magriet moes laat begaan het omdat vrye keuse so ’n fantastiese goeie ding is dat daar nooit mee ingemeng moet word nie. Die morele, die goeie die geregverdigde keuse in die geval is so duidelik soos daglig en nie te debatteer nie.
Jou god sit arms gevou en laat toe dat die meerderheid van sy skepels, wat hy te dom om van beter te weet gemaak het, onnosel en bose keuses maak wat ander benadeel en hulself eindelik in die hel laat beland. Dit is immoreel. Dit is boos. En dit is hoekom ek nie jou god aanbid nie.
Die feit dat jy met my verskil, onderstreep juis die korrektheid van wat ek getuig, Cornelius. Dit is altyd 'n goeie barometer. Jy is so inhoudloos.
Hou gerus op met woordeboeke speel - dit help jou niks, want jy verstaan tog nie wat jy lees nie. Jy probeer slim klink, maar kom nie so voor nie. Ou stryk.
o hel.
Kobus as jy dan so graag wil probeer, haal vir ons uit die Bybel wat sou bevestig dat jy jou geloof as beloning vir jou neerhaling van ander ontvang.
Wys vir ons uit die Woord dat jy jou op grond van jou vervolgingsgees jouself mag aanstel oor ander.
Ek weet lank reeds van jou aleksie.
Dit pla my as daar so openlik spot en sensasie met enigeen se gestremdheid gevoer word.
Nietemin, jy mag soveel verskil van my as wat jy wil.
Ek neem geen standpunt om reg te wil wees teenoor jou nie.
Kobus, dis in liefde en genade wat ek dit met jou deel dat geen mens geloof as 'n verdienste ontvang nie.
Net die HERE kan geloof in GOD in ons harte bewerk.
Dié wat wel geloof uit ide hand van die HERE ontvang, moet dit gebruik om nederig daarin vir ander te bid.
Dis ons opdrag as gelowiges.
As jy wil sal ek dit uit die Bybel ook met jou deel.
Ek vergewe jou.
Jou amigo in Adam,
Cornelius
Hello,
Wouter,
Laat staan maar vir Kerneels. Almal teen die tyd weet lankal dat hy net onsamehangend babbel sonder rigting. Nie die moeite werd om mee te deel, nie.
Die hel is nie ’n ‘idee’ nie. Oor baie lang tydperke heen, het mense daaroor gespekuleer.
Die begrip ‘hel’ is ’n deur en deur Godsdienstige beskrywing vir ’n toestand in die hiernamaals, waarmee julle as agnostici óók onoorkomelike begripsprobleme ondervind. Mense ken nog nie die hel, nie. Die tyd daarvoor het nog nie aangebreek nie, soos die Woord dit verduidelik. Daarom, as gelowige, sal die bestaan van die hel ’n werklikheid wees, omdat die HERE dit as die plek in die hiernamaals aandui waar ’n ewigheid sonder God beleef sal word – ’n onuitspreeklike plek van smarte en swaarkry, ’n vooruitsig slegs vir diegene wat nié in God (en), glo, nie.
As ’n mens nie in God glo nie, sal daardie mens as bygevolg, die bestaan van die hel óók ontken. As ongelowige sal jy dus, nes jy met spiritualiteit en Spirituele Intelligensie doen, spekuleer – want dit is wat mens doen wanneer jy min of niks van ’n onderwerp weet, nie. So ook jou eensydige keuse van rubrieke en bronne. Jy vorder nie, want jy beweeg nie verby hulle nie. Jy maak gedurig aanspraak op ‘die volledige prentjie’, nes jy as darwinistiese evolusionis aanspraak maak op ‘onomstootlike bewys’, maar aan albei konsepte word slegs lippediens bewys – die simptoom en gevolg van daardie selfdesepsie sindroom wat julle kniehalter. En juis die metode om alles as sommer net 'n idee af te maak, is so uit en uit demonstrasie van die konsekwente werking van die selfdesepsie sindroom - tipies die manier om die onderliggende vrees daarvoor, af te maak as somme rnet 'n 'idee'. Trouens, dit is waarop julle hele modus operandi berus - om alles Gods onverbiddelik maar dwaas af te maak as idee, verbeelding, ens. ten einde die werklikheid daarvan te probeer vermy.
Kobus de Klerk
Woutie voel duidelik ewe bedreig in sy kitsnaslaan waansin saam met sy gammat - die ou grote Kobus de Klerk.
Natuurlik kon Woutie se woernaal ook nie sonder 'n spoeg&blerts uit iets wat hy oor die onderwerp op die Internet kon Google of Wiki nie.
Hul geesdodende aprioristiese intellektualisme is maar gewoon hul eie gevoellose uiting aan 'n verwronge soort hedonisme ...
Cornelius
Maar tog het die hel sy houvas op die moderne mens se denke verloor en hoekom is dit so?
Stephan,
Nee, jy verstaan nie mooi nie. Jý is bang vir die hel (ten minste in jou onderbewuste) en dit is ook reg so… maar die probleem kom in by hoe jy dit hanteer – jy ontken dit. Óú probleem van mense wat nie weet hoe om ’n ernstige kwelling te hanteer nie. Maar dit maak net die probleem erger, in julle geval, vererger dit die selfdesepsie sindroom. Jou hele aanslag in jou kommentaar dui daarop.
Ek het vir jou reeds hierbo verduidelik hoe geloof kom, sónder enige verwysing na die hel. Kindertjies, byvoorbeeld, glo sonder dat hulle van die hel bewus is. In my ouerhuis was die woord hel nooit gebruik nie, behalwe as ’n swetswoord by so dan en wan – maar jý sien dit in die perspektief van jou eie verwysingsraamwerk as ongelowige. Hel is vir jóú voorop en dan sien jy geloof as ’n middel om die vrees daarvoor teë te werk. Heeltemal ’n wanpersepsie van geloof.
Die mens ís bekwaam genoeg om te kies – om nié te glo nie. Om te glo, is natuurlik en geen keuse is nodig daarvoor nie. Maar om nié te glo nie, dáárvoor is doelbewuste keuse nodig. Jy doen dit mos ook.
Dit is dwaas, ja. Jy kan dus kies om dwaas te wees. Dit is soos om te gaan swem. Daar is twee damme. Om by die een te kom, is maklik – maar daar is ’n waarskuwing op wat sê dat dié dam met toksiese kernafval besoedel is. Om by die ander dam te kom, moet jy meer moeite doen. Dáár is geen waarskuwing op nie, want dit is skoon. Beide die damme se water lyk egter silwerskoon. As dwaas sal jy saam met Wouter en sy paneel onkundiges spekuleer en sê, kyk, ons kan self niks verkeerd sien met die water nie, die storie is van die toksiese besoedeling is sommer ’n wolhaarstorie, ’n idee. Dan sal julle die waarskuwing verontagsaam en in die gerieflik naby dam swem net om die prys van die onsigbare marteldood later te betaal.
Maar die water van die besoedelde dam waarin jy swem, is nie deur die Gewer van die water besoedel nie, maar deur gewetenloses (die satan, in die spirituele realm). Jy kan net op die oppervlak langs sien en is blind vir dít wat onder die oppervlak aangaan, in die onsigbare deel daarvan, aangaan. Die Gewer van die water laat jou waarsku teen die onsigbare besoedeling van die water, én het jou die verstand gegee om besluite te neem in die lewe en die feit dat jy dwase besluite maak is jóú keuse, wat die Gewer se leiding en raad verontagsaam. En die gevolge in die hel sal dra, as jy nie jou dwaasheid laat staan deur ’n ommekeer te maak, nie.
Jou Magriet-storie is dieselfde. Magriet sal in dié storie vir jou sê sy makeer niks en jy moet nie jou attensies van waarskuwings op haar probeer afdwing nie (jou voorbeeld is swak, want jy het saam met Magriet gekuier… en is dus ewe onbekwaam… maar kom ons laat dit maar daar) en dan maar steeds haar eie kop, soos jy, volg. Is jy dán te blameer, moreel of andersins?
Om te sê dat die meerderheid skepsels keuses teen God maak (deur te volhard in sonde asof daar geen God is nie en waarvan die grootste is, om te maak asof daar geen God is nie en wat jou uiteindelik in die hel sal laat beland op die manier soos ek verduidelik het), is natuurlik ’n onsinnige leuen. Mense wat keuses teen God maak in hierdie ou lewe, soos jy, is minuskuul min in vergelyking van diegene wat na ’n verhouding met Hom, ywer. Verbasend hoe jy selfs dié feit sal probeer forseer om by jou selfdesepsie sindroom in te ‘pas’.
Die werklikheid lyk só - diegene wat so uiters dwaas is soos jý in jou houding met God, is die uitsondering. God het groot planne vir redding en het dit reeds inwerking gestel – tyd is in Sy Hande. Dit sal jy sien.
Kobus de Klerk
Kobus,
Terwille van jou kitsnaslaan gammat Woutie ('n ewe aprioristiese intellektualis), klaar ek jou helse tiksel as volg op;
In 'n gewone uitvloei van jou onderbewuste werksaamheid ry jy sonder dat jy dit self agterkom TWEE basteresels daarin naamlik "aanhitsing tot die hel" en "selfvergenoegd wees in jou geloof".
Jou "selfvergenoegd wees in geloof" eseltjie slaat jy toe in jou inleiding met erkenning aan Charles Darwin dat geloof 'n genetiese oorsprong het. Meer gepas as die skakel wat jy aanvoer kan jy gerus 'n meer gesaghebbende verslag omtrent die studie daaromtrent hier lees: http://edition.cnn.com/2012/04/01/opinion/haidt-religion-evolution/index.html (As jy genoeg byte het sal ek jou ten sterkste aanbeveel om albei die videos daarin met aandag deur te kyk).
Jy blyk toe ook heel selfvoldaan in jou opvolg woernaal met my te verskil dat geloof in werklikheid genade is wat GOD self in ons harte bewerk.
Jou "aanhitsing tot die hel" balk toe die luidste.
Ewe aanskoulik spring Woutie toe al vier pote saam in jou aardige kykspel.
Nou ja, miskien moet jy maar weer terug keer tot die punt en in 'n "volledige bydrae" vir ons verduidelik vanwaar jou ooreenstemming met Darwin omtrent die genetiese aard van ons geloof.
Jou amigo in Adam,
Cornelius
Wouter,
Ek dink glad nie die hel het sy houvas op die 'moderne' mens se denke verloor nie – julle is die voorbeeld daarvan. Telkens, wanneer daar ’n gespek oor geloof plaasvind tussen gelowige en agnostikus, dan kom die agnostikus daarmee vorendag – nié die gelowige nie. Die Middeleeuse mens het sy vrees vir hel uitgedruk in sy kunste. Julle doen dit daardeur gedurig as rede vir geloof uit te hou, wat ’n simptoom is vir die onderliggende vrees wat julle daarvoor koester – vir julle is ontkenning van God ook terselfdertyd ontkenning van die hel – beide is onrealistiese ontkennings, maar dit maak nie vir julle saak, nie. Die alternatief is dat julle verantwoordelikheid vir jul lewens moet aanvaar en glo in God, maar vir daardie verantwoordelikheid sien jul nie kans nie. As jul kan glo in die onsienlike ‘toeval skepper’ by darwinisme, ken jul véél makliker in God glo – dít maak sin. Maar nee, die verantwoordelikheid van geloof is te veel vir julle.
Julle weet julle saak met God is baie beslis nie in orde nie, dus is die hel vir julle ’n onderliggende vreesaanjaende gedagte – ontken liewer alles asof dit daarmee gedaan is. Nog nie ’n enkele gelowige het getuig dat hy glo omdat hy die hel vrees nie. Die hel is nie ’n aspek van belang vir die gelowige nie, maar van belang is wel sy verhouding met God en hoe hy dié kan verbeter.
Onthou dat die hel vir die lewende mens ’n onbekends plek is. Wat ons weet daaroor, is wat die HERE deur Sy Woord ons daarvan vertel, hoe min ook al. Daar is in die Nuwe Testament net ongeveer 10 verwysings daarna, meestal in Mattheus, waarvan die meerderheid tydens die Bergpredikasie. Daar is ander indirekte verwysings in die Ou Testament, waar gewaarsku word met verderf.
Die klem in die Woord val op die verlossing wat die HERE bewerkstellig, ’n blye boodskap. Straf is deel van die tugtigingsproses van die liefdevolle ouer, maar nie die finale dood nie - vir God ook dus nie die hel as finale dood, nie (Esegiël 18:21-23).
Dít is wat die gelowige aangryp – die vooruitsig van ’n ewigheid saam met God in Sy Heerlikheid.
Die hel is altyd ’n realiteit van diegene wat VERKIES om sonder God te leef en uiteindelik te sterf. Die hel is nié ’n Goddelike straf as sodanig nie – sommige mense verwys só daarna, maar dit is ’n straf wat die mens homself ophaal deur sy doelbewuste keuse – ’n lewe sónder God in die hiernamaals. As jy geglo het daar is ’n hiernamaals, sou jy bepaald in God geglo het. Maar selfs dit weet julle nie, so is julle deur die satan weens jul selfbeheptheid mislei (dit sal jy ook nie begryp nie – as jy kon, sou jy onmiddellik iets daaraan doen - ten goede).
God, synde God, is uiteraard nie ’n metgesel van sonde nie – want sonde is juis rebellie en ongehoorsaamheid aan God. God, as God, stel die universele reëls vas waarvolgens die mens kan lewe sonder om God tot aanstoot te wees. Diegene wat besluit dit pas hulle nie, loop die risiko om hulself van God te vervreem en ook dit wat daarmee saamgaan - en wanneer God dan die skeiding bewerkstellig, dit wil sê, vir daardie mense gee wat hulle wil hê – skeiding van God, dan sal die hel hulle oorval, weens hulle ie keuse! God doen die mens ’n groot guns om die mens daaroor te waarsku…
Dus, ek aanvaar dat die konsep van die hel vir sekere mense geen impak het nie – vir ware gelowiges, want hulle het gemeenskap met God al is dit in hul mensheid. Maar vir julle, het dit rééds impak weens die onderliggende vrees daarvoor (tereg so) en sien ons met die dat julle dit gedurig opper én dit kan werklikheid word, as julle nie tot besinning kom, nie.
Die feit dat jy dit nou probeer ontken, het álles met die selfdesepsie sindroom te make en doen ook terselfdertyd niks aan die werklikheid van die bestaan van die hel, nie.
Kobus de Klerk
Kobus — Jy verwys na: “. . . die werklikheid van die bestaan van die hel” Dis nou die plek waar dié wat nie uitverkies is nie vir ewig gaan braai — nè?
Die planeet Venus is nogal ’n geskikte kandidaat en daar word dalk nie om dowe neute nie deur sommige sterrekundiges reeds na dié planeet as die “Helplaneet” verwys. Die atmosferiese druk op die oppervlakte daar is dieselfde as ’n kilometer onder die see hier op die aarde en dit behoort die spul agnostici lekker plat en vas te druk op die warm klippe. Fonteine en stroompies van gesmelte lood en swaelsuurdampe in die atmosfeer kan effens help met afkoeling as dit party dae te warm word.
Maar dink jy nie die hele besigheid is effens onregverdig nie? Die mens het mos nie ’n keuse in die saak nie — of het ou Paulus dalk die kat aan die stert beet gehad? Of miskien was dit maar ’n tekort aan spirituele intelligensie!
Ek lees in Romeine 19 en ek haal aan:
11—13 Toe haar kinders nog nie gebore was nie en ook nog niks goeds of kwaads gedoen het nie, toe is al vir haar gesê: “Die oudste sal die jongste dien.” Daar staan ook geskrywe: “Vir Jakob het Ek liefgehad, maar vir Esau het ek gehaat.” Die besluit van God is gegrond op uitverkiesing; dit hang dus nie af van wat ‘n mens doen nie, maar van Hom wat jou roep.
14 Wat moet ons hieruit aflei? Dat God onregverdig is? Beslis nie!
15 Vir Moses het Hy gesê: “Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees, en ek sal my ontferm oor wie Ek My wil ontferm.”
16 Dit hang dus nie af van ‘n mens se wil of strewe nie, maar van God wat barmhartig is.
17 In die Skrif sê God immers vir die farao: “Juis hiervoor het Ek jou teen My in opstand laat kom: dat Ek in jou My krag kan toon en dat my Naam oor die hele aarde verkondig kan word.”
18 Dit is dus inderdaad so dat God Hom ontferm oor wie Hy wil, en dat Hy verhard wie Hy wil.”
Inderdaad: God verhard die farao se hart om in hom Sy krag te toon en stuur hom vir die guns hel toe. Dis nou wragtig ’n geval van: stank vir dank!
Panda
Hello Kobus,
Panda,
Jy maak die fout om selektief te lees wat in die Woord staan, sodat jy jouself kan ‘troos’ dat jy as mens nie die plig het om jou Skepper te dien nie, onder voorwendsel dat Hy jou dan nou kwansuis nie gekies het, nie.
Maar die Woord leer ook in teenstelling met wat jý voorhou met jou selektiwiteit, dat God wil hê dat álle mense gered word en tot kennis van die Waarheid kom – sien gerus 1 Timoteus 2:4 en dan leer die Woord al uit die profeet Esegiël dat God geen behae het in die dood van die Goddelose nie en wil hê dat dié hom eerder tot God bekeer – sien gerus weer Esegiël 18:21-23.
Dus, ja, wat jy uit Romeine 19 aanhaal, is inderdaad só – maar beslis nie in die konteks waarin jy dit wil misbruik, nie - wat jy dan nié bysê nie, maar wat jou aanhaling in die regte perspektief en konteks sou plaas, is dat God juis álmal – alle mense (julle is mos ook mense, nie waar nie, tensy julle natuurlik meen julle is eerder ape … só met ou Darwin se fabels en al) - roep! Dit is wat jou aanhalings gelees met 1 Timoteus 2:4 en Esegiël 18:21-23 duidelik leer. Sien ook die welbekende Johannes 3:16-18 waar dit duidelik gemaak word dat God die wêreld (dit wil sê, álle mense wat die wêreld bewoon) liefhet en die HERE gestuur het om algar te red wat in Sy Naam glo!
En nou wat betref die liefhê van God van Jakob en die haat van God van Esau. Die liefhê en haat in die konteks waarin dit daar gebruik word, het direk verband met die uitverkiesing van God van die stamvader van die volk. Julle verstaan werklik nie die uitverkiesing van God, nie. Dit verbaas my ook nie, gegewe julle gebrek aan spirituele insig in die algemeen.
Dus, alhoewel Esau die eersgeborene met sekere spesiale voorregte (een waarvan is dat hy die familie patriarg sou word na sy vader Izak se oorlye) as gawe van God, was, het hy hom nie soos een gedra nie. Hy was onbetrokke en doellose mens en het sy voorregte nie geag nie – verkoop vir die plesier van ’n heerlike ete. Hy wou dus ook nie die verantwoordelikheid van die eersgeborene nakom nie – hoe sou hý dus die Verbond se volksvader, die volks-patriarg kon wees?
Jakob, daarenteen, was ’n dinamiese persoonlikheid en het gesorg dat hy die gawes van God bekom, waarin sy broer nie belang gestel het, nie. Hy was ywerig en hy had ’n vaste liefde en vertroue op God – net soos hy die eersgeboorte seëninge bekom het, het hy ook God se seën bekom – ’n man so na God se hart – dus – God haat Esau se slapjis geaardheid maar het Jakob se dinamiese Godvresende geaardheid lief. Dit is dus vir God om te besluit of hy die een se geaardheid ‘haat’ en die ander een s’n ‘liefhet’. Dit beteken hóégenaamd nie dat Esau sou hel toe gaan nie! Daar is géén aanduiding daarvan nie. Esau se slapjis houding was in God se oë haatlik en Jakob se dinamiese houding was in God se oë lieflik, en dit is waar die storie end kry. Trouens, God het vir Esau op ander maniere geseën. Hy het die stamvader van die Edomiete geword. Daar is die perspektief.
Ook farao is deur God aan sy eie begeerlikheid oorgegee – hoewel hy bekend was met God, het hy met God speletjies van mag wou speel… en dit is wat aanvanklik die verderf vir hom veroorsaak het. Sy eie aanvanklike verwaandheid was sy ondergang. Daarom dat God besluit het om farao te gebruik as ’n voorbeeld om te wys wat uiteindelik met die verwaande mens kan gebeur wat hom teen die Almagtige probeer opstel. Dus, God had die keuse – hy laat farao begaan, óf farao word ’n voorbeeld vir ander (soos julle)… en God het besluit op laasgenoemde – God se uitsluitlike keuse oor wie Hy Hom ontferm en oor wie, nie. Dit het dus hoegenaamd nie die betekenis wat jý daaraan wil koppel nie.
Dit is tragies om te sien hoe hulpeloos julle met die Woord omgaan, omdat julle nie Spirituele Intelligensie het, nie – natuurlik omdat julle gekies het om God te verwerp sáám met Sy gawes. Jy kán maar net eenvoudig nie die dieper betekenis van die Woord begryp nie.
Maar God se genade vir julle, bly – soos ek in die kommentaar hierbo uitgewys het. Die dag as jy jou oë vir die laaste maal sluit en jy het nie jou saak met God reggestel nie, nou ja, dan het jou gespot met jou verduideliking van toestande op Venus natuurlik vir jou relevansie (natuurlik ook spekulatief, want dié inligting wat jy gee, kan nog glad nie in situ bewys word nie – maar dit net so terloops). Nou ja, jý as ateïs het besluit jy glo nie in Sy Naam, in God, nie. Tog is jy as mens geroepe om in die HERE te glo. Dit is nie ’n alternatief nie, maar dit is wel jou keuse. Dat jy dit sal berou, is verseker – dalk is Venus juis ’n piekniek teen wat in die hel wag … en jy wil juis nie Venus toe gaan om jou teorieë daar op die proef te gaan stel nie, omdat dit so 'ongemaklik' is daar ...
Kobus de Klerk
Wouter,
Dit is juis oor jy jou afstand handhaaf oor die realiteit van die hel en dit as ’n verwyderde (van jou eie standpunt) doktrine wil afmaak, waaroor die diskussie nou gaan. Dat jy dit oplees en dit as dié van ’n ander, nie jou eie nie, eien, is juis die punt wat ek maak.
Die hel is nie ’n doktrine nie. Die hel is die werklikheid en die hantering daarvan is deel van die gelowige dogma, ja, die situasie wat bestaan wanneer God Homself finaal onttrek van die wat Hom nie ag as God, nie. Daardie situasie het egter nog nie ontstaan nie, maar sal eers kom na die Oordeel. Dit is ’n werklikheid, nie ’n blote doktrine nie.
As agnostikus is dit nie verbasend dat jy alles wat jou as gelowige sal tipeer, verwerp nie. Wat is nuut? Maar dit is omdat julle dit nie wíl verstaan, nie. Dit is die probleem. Dit is ook waar die selfdesepsie gesien word. En, ja, selfdesepsie is inderdaad ’n sielkundige fenomeen. Die besondere vorm van selfdesepsie gaan oor die ontkenning van die bestaan van God en álles wat daarop volg. Die ontkenning van die hel is maar deel van die geheel wat ontken word – en gesien dat daar so min mense is op aarde wat die bestaan van die Godheid ontken, is julle optrede in daardie verband ’n aberrasie en ’n afwykende sielkundige fenomeen op sigself.
Ek weet nie of sielkundiges al die moeite gedoen het om agnostisiteit in sy uiterste vorm, ateïsme, as ’n studie eenheid aan te bied, nie. Maar dit staan iedereen vry om die algemene riglyne van die sielkunde toe te pas en dan tot die gevolgtrekking te kom dat ateïsme ’n sielkundige aberrasie is – die paar studies wat daaroor bekend is, het al gesinspeel dat ateïsme die gevolg van sielkundige afwyking soos hoë vlak outisme en dies meer, is. Daar is ’n ou gesegde wat sê, waar daar ’n rokie draai, is daar gewoonlik ook ’n vuurtjie…
Maar ek dink ek het die kwessie van die agnostisiteit en sy spirituele werking, al genoeg uiteengesit, soos ek dit oor die jare heen waargeneem het met ’n verskeidenheid van agnostici wat kom en gaan – en die absolute kenmerkende voorkoms van die selfbedrog sindroom soos wat dit konsekwent voorkom en die manier hoe dit die agnostikus raak – objektief beskou. Dit is werklik ’n geval waar die agnostikus moeite sal doen om die spirituele wat na God sal lei, te vermy en wanneer hy wél met dit in aanraking kom (en hier jy ’n uitstekende voorbeeld van die optrede wat deurgaans bemerk word by julle) dan soek julle na bronne wat die deksels op julle meem-kan plaas, skrywers wat net soos julle dink en dan uit daardie posisie van insigloosheid en onkunde daaroor skrywe. Tewens, julle sal dan dié sekularistiese en selfs agnostiese aanbiedinge gebruik om die ware kundiges, mense wie die veld ken en die werklikheid daarvan saam met biljoene ander beleef, te probeer diskrediteer.
Nie dat julle hoop om daarmee iemand te oortuig nie, maar om julself op ’n gereelde basis daarmee poog te bly oortuig. Vir jou maak dit eintlik nie saak of ek jou glo nie, solank jy net jouself kan bedrieg en jy weet daar is ’n paar ander wat dit ook doen.
So, ek weet nie van watter aanvaarbare ‘ontleding van die mens se stand’ jy verwys as jy na jou siening en jou bronne verwys nie, maar dit het met die werklikheid daar buite niks te make nie. Jou siening en benadering verteenwoordig ’n minuskule hoeveelheid van die lewende mensdom – tog sal jy jouself anders probeer oortuig dáároor ook! Jy probeer dus, om die redes vermeld, by die punt verby te beweeg sonder om dit aan te spreek en dié punt is, dat júlle gedurig die vrees vir die hel in julle onderbewuste na vore bring en dit op gelowiges probeer projekteer en dit dan self te probeer afmaak as ’n ‘ander’ groep se ’doktrine’.
Ek sê weer en ek sê dit duidelik – die hel is daar, maar dit is nie ’n kwessie waaroor die gelowige hom óóit sal kwel of hóéf te kwel nie. Die gelowige glo in God omdat hy wíl en nié omdat hy bang is, nie. As jy bereid was om God aan te neem, dan sou jy nie sulke briewe skrywe soos wat jy doen, nie. Jy gedra jou soos ’n masjien, omdat dit die manier is om jouself te dwing weg van God af. Die feit is, jy tree daarmee geheel en al contra naturam op – jy is mens, nie masjien nie.
Groete,
Kobus de Klerk
Hello Kobus,
Wouter,
Nogeens dankie vir die sitaat.
Ons kan dit alles ondervang met jou eie stelling “Wat word van die aard van jou geloof as dat slegs 'n biologiese produk van evolusie is?”
Nou ja, ek besef dat die Oxford studie daardie aspek ooplaat en juis geen standpunt daaroor wou inneem nie. Daar was in ’n stadium sprake van spanning met Dawkins indien daar gesê sou word dat die eienskap van mense juis spiritueel van aard is en nié weens evolusie nie - en daar bly hulle toe maar eerder neutraal.
Die punt is, by ontleding van die studie - en dit word weereens onderstreep deur die sitaat wat jy geplaas het – is daar baie getuienis dat die mens só gemaak is en uniek só is. Daar is géén getuienis (hipotetiese spekulasie is mos nie getuienis nie maar filosofie) dat dit uit ’n evolusionêre proses kon kom, nie. Trouens, nie eens die evolusioniste gee dit so toe nie – én hulle het natuurlik absoluut géén bewys dat soiets evolusionêr (eksklusief) by die mens ontwikkel het, nie.
Daarom het jou vraagstelling gewoon weer net ’n báie wilde hipotetiese inslag en noem jy dit tereg ‘wat as…’ Nou ja, ‘as’ is mos verbrande hout, sê die spreekwoord.
Daar is aspekte wat die darwinistiese evolusionis nié kan weerspreek nie – die kwessie dat gelowiges ’n spirituele, bewuste verbintenis met hul Skepper het. Daar is inderdaad interaksie. As dit ’n kwessie van ‘verbeelding’ was, sou eksterne gebeurlikhede as gevolg van spirituele aksie, gewoon onmoontlik wees. Antwoorde op gebede, bewaarheid wording van persoonlike profesieë, voorkennis van sekere verborge dinge, intieme Woord-van-kennis van ’n wildvreemde se diepste sielsgeheime tydens gebedsberading om die berader in staat te stel om die verborgenhede wat tot die onderhawige probleem aanleiding gee in gebed aan te spreek, ens. en só kan ek aangaan – onmoontlik vir ’n gelowige persoon om deur sy eie ‘verbeelding’ te bewerkstellig weens di betrokkenheid van soveel onafhanklike aspekte oor wie en oor wat die gelowige net eenvoudig geen persoonlike beheer hê tom dit te laat gebeur, nie. Hierdie is dinge wat die agnostikus en die evolusionis net eenvoudig verdwaas laat en nie weet wát om daaroor te sê nie, maar vir die gelowige is dit sy vaste wete en kennis in die bestaan en werking van God, dáár waar Spirituele bekwaamheid, interaksie en Intelligensie, tot uitlewing kom.
Daar is géén agnostiese teenvoeter daarvoor nie. Tewens, as die agnostikus werklik self geglo het dat geloof in God ’n produk is van evolusie, sou hulle mos geen beswaar teen geloof in God had nie… maar kyk nou net. Dit is net húlle wat met dié ‘verduideliking’ vorendag kom, niemand anders nie. Die werklikheid is dat hulle self angsbevange is vir God en wat dié realiteit behels en hulle glo nie werklik dat geloof in God sommer ’n evolusionêre breinfunksie is wat die ervaring van godsdiens vir alle praktiese doeleindes outomaties vir die mens maak, nie, want dan sou hulle dit nie onaanneemlik vind nie. Hulle besef die Spirituele oorsprong van geloof en dáárom word dit eenvoudig vermy, letterlik teen alle koste. Dit is nog deel van daardie selfdesepsie.
Weereens is die ervaring van die mens en sy Skepper al van die vroegste tye af, op rekord, in watter religie ook al. As dit by die Israeliete kom, dan was hulle só oorweldig deur die Goddelike teenwoordigheid, dat hulle gesmeek het dat God eerder deur ’n tussenganger tot hulle spreek en só het die profeet sy Goddelike amp bekom. Dit is maar in die meer ‘moderne’ tye met industrialisasie en filosofie, dat die mens meer afgestomp geraak het om sy spiritualiteit te herken vir die dinamiese menslike hoedanigheid wat dit werklik is. Mense is meer en meer besig om daarheen terug te beweeg, veral oor die wonderlike ervaringsveld wat dit bied.
Dus, evolusie kon nie vir God skep nie. Selfs nie eens by hipotese nie, al sinspeel Dawkins soos ’n dwaas daarop. Daarom is dit ook net logies dat die verhouding met God óók nie ’n evolusionistiese proses is, nie.
Dit is natuurlik ook insiggewend dat die mens - en dit word deur álle empiriese feite oor alle tye heen ondersteun – juis die vermoë het tot spiritualiteit en Godsdiens en géén ander skepsel nie. En die sterkste historiese bewyse hiervoor, is juis antieke geskrifte soos die Woord. Terselfdertyd is die unieke kenmerk van die mens, juis ook bewys van die antieke geskrifte soos die Woord, waar dit aan die verhouding met die Skepper, met God, verbind word.
Groete,
Kobus de Klerk