Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
Tant Alie2012-04-03Ek het Auntie Schwartz se brief gelees waarin sy die redes vir die afname in deelname aan SêNet uitlig. Ek het myself ook vir ‘n ruk ontrek van die forum, aangesien ek ook gevoel het dat die debat stomp begin raak.
Marisna Human-Nel2012-04-03Die volgende vyf gedigte maak dit vir my moontlik om Afrikaans as een van ons inheemse tale en as deel van ons multi-kulturele samelewing vir Sotho- en Zulu-studente as’t ware lewend te maak ...
Enjee2012-04-03Hannon het ook sterk gevoel oor die bestaande naam van die span, nl die Blou Bulle. Hy het aangevoer dat so 'n naam 'n bespotting maak van die beeld van die span en ook die kleurskema geweld aandoen.
Kobus de Klerk2012-04-02Ek dink so aan Thomas, Chris en Angus en die ander agnostiese outjies hier rond wat dink hulle is slim, wanneer hulle neerhalend praat van God en sake Gods en dan verwys na ons ‘verbeelding’ wat dit alles kwansuis skep.
Angus2012-04-02Soms as ek die “Bybel oepeslaan” om daaruit te “lies” (met verskoning aan Adam Small) dan kan dit nogal heelwat pret verskaf. Soos nou die dag weer, toe val hy sommer oep op Genesis 18.
Johannes Comestor2012-04-02Daar was 'n tyd toe die onderrigtaal aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) oorwegend Afrikaans was. Die studente het toe studeer in die taal wat hulle die beste verstaan en nie in die taal wat hulle om politieke redes verkies of voorgee om te verstaan nie. Adam Small en later Jakes Gerwel was dosente daar. In daardie milieu het Small se bekende drama en sy ander skryfwerk ontstaan.
Ran Doodt2012-04-02Frank Chikane skryf op p146 van "Agt Dae In September": " ...the events that culminated in the removal of Mbeki during that week in September brought us very close to a disaster of a magnitude that cannot even be imagined."
Jan Rap2012-04-02Ek stap nou die dag by die TV verby en daar is die allermooiste meisie – gee die indruk van 'n goud-sepia-tipe foto in 'n goue raam geneem in goue lig in 'n goue raam, te pragtig – besig om dankie te sê vir 'n prys wat sy gekry het.
Varkspek2012-04-02Wat het van Swys geword? Hy is nou al maande lank stil. Ek hoop nie hy het hom vererg vir iets wat ek gesê het nie, of miskien het hy agtergekom hy korrespondeer met 'n onnosel ou. Swys, ek is nie altyd so dom nie, as jy dalk hier lees, ek beleef net soms insinkings, tot so twee of drie keer per dag.
Yuri Thumbran2012-04-02Gister by die Hatfield Plaza se vlooimark het ek ‘n oom Kaspaas-oomblik gehad. Iewers tussen sy klomp boeke het ‘n ou omie ‘n oorspronklike eksemplaar van Oom Kaspaas en nefie.
Nicol Stassen2012-04-01As dr Le Cordeur die Akademie se reglement gelees het, sou hy geweet het dat die prys vanjaar nie volgens die reglement aan Small toegeken kon word nie.
Kobus de Klerk2012-03-30Dit wil voorkom asof darwiniste vandag poog om deur hipotese gebou rondom komplekse biologiese en fisiologiese prosesse (Stephan noem nege sulkes) aanspraak te maak op die sukses van darwinisme as model.