Hallo Varkspek
Jammer dat ek nou eers reageer op jou brief van 9 Maart; ek was eers bewus van hom na jou opmerking oor die verandering van opskrifte.
Eerstens, daar is nie iets soos ’n dom vraag nie en tweedens is ek nie slim nie; as ek slim was, was ek ryk.
Jy sê " ... die regering [wil] hê dat die getal werkers per staatsdepartement die demografie van die land moet weerspieël." Dit is halfpad reg; dit sou meer korrek gewees het as jy bygevoeg het " .. waar sodanige staatsdepartemente nog nie heeltemal swart is nie." As ’n staatsdepartement of ’n sportbeheerliggaam of iets heeltemal swart is gaan die regering tjoepstil bly oor demografiese weerspieëling.
Neem nou die sokkerspan byvoorbeeld. Dink jy die regering gaan aan SAFA karring oor daar nie genoeg wit-, bruin- of Khoisanmense in die span is nie? Natuurlik nie.
Die regering is verbind tot transformasie en ’transformasie’ beteken die uitrangeer van wit oor die algemeen en Afrikaans (en dus Afrikaners) spesifiek, of dit nou straatname, of ten opsigte van demografie is of wat ookal, wit en veral Afrikaans moet weg.
Selfs bruines wat Afrikaans praat voel die vyandigheid. ’n Bruin kollega het sy bedanking ingedien en toe ek vir hom sê hy maak ’n fout; groot dinge wag op hom (die organisasie waarvoor ek gewerk het was voor in die koor wat regstellende aksie betref) het hy gesê hy is wel die regte kleur maar die verkeerde taal.
Groetnis
Jan Rap


Kommentaar
Jan Rap
"Transformasie" beteken om enigiemand aan te stel wat nie wit is nie. Maak nie saak hoe goed of sleg of hoeveel geld gesteel word nie. Solank geen wit persoon eens die geleentheid gebied word om dit te doen nie, is transformasie reg. Dis "transformasie" volgens die huidige rassistiese regime.
Kyk, as reïnkernasie waar is, sou ek wou terugkom as 'n rolstoelgestremde swart vrou. Dan sal ek kan enige pos kry wat miljoene 'n jaar betaal (selfs as 'n vuurpyl-wetenskaplike sonder enige opleiding daarin), miljoene vra vir my "kennis", en steel net soveel as wat ek wil. As ek gevang word, sal ek net die woord DISKRIMINASIE uitroep. Dan sal alles weer reg wees en ek sal kan voortgaan met my "vuurpyl-wetenskaplike" beroep en voortgaan met my "beroep" en die diefstal, ook. Die lewe sal so maklik wees!
Kleinkoos
Kleinkoos jy slaan die spyker op sy kop.