Die Archaeopteryx? Wat van die Pterosaur Quetzalcoatlus northropi?

  • 5

Die Pterosaure was reptiele wat saam met die dinosourusse geëvolueer het kort na die Groot Permiese uitwissing 252 miljoen jaar gelede. Hulle liggame het weldra aangepas vir vlug en die vierde vinger van hulle “hande” het buitengewoon gegroei om die voorste rand van die gewebde vlerk te vorm. Watter van die spesie die eerste gevlieg het, is onbekend, maar party wetenskaplikes meen dis die kleiner Sharovipteryx, met ’n membraan tussen die voor- en agterpote, waarvan fossiele in Kazakhstan opgegrawe is. Aanvanklik is sulke reptiele aangepas om van rotse af te spring en dan te sweef, maar mettertyd het van die spesies geëvolueer om op eie stoom te kan vlieg.

Die grootste vlieënde reptiel was egter die Quetzalcoatlus northropi. ’n Fossiel wat in Texas (Waar anders?) gevind is, het ’n vlerkspan van oor die twaalf meter, en het ongeveer 70 miljoen jaar gelede geleef. Deskundiges is van mening dat hierdie dierasie ho?r en vinniger kon vlieg as enige vo?l vandag. ’n Amerikaanse uitvinder, Paul MacCready, het in 1980 ’n werkende model hiervan gemaak.

Pterodaktiele soos die Quetzalcoatlus northropi kon duisende myle met ’n slag aflê, en het gevlieg vanaf die noordpool tot die suidpool. Ongelukkig het hierdie diere dit nie gemaak met die katastrofiese uitwissing sowat 65 miljoen jaar gelede nie, ten spyte van die 170 miljoen jaar se suksesvolle bestaan hier op aarde.

Kyk hier http://www.youtube.com/watch?v=eYcLC6pojA8, en hier http://www.youtube.com/watch?v=x4bhBSOS9p4.

Groete
Angus

  • 5

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Die pterosourus is ’n baie interessante groot voëlsoort wat uitgesterf het.

    Angus se bewerings oor reptiel wat kwansuis voël geword het, is sommer nogeens darwinistiese swendelary – hy sal nie een oortuigende oorgangsfossiel kan aantoon wat nie sy rug breek-dra aan hipotese om dit in die oorgangsfossiel rekord te probeer inprop, nie.

    Die waarheid is dat daar gesê word dat pterosourusse absoluut vindingryke en gespesialiseerde vlugdinamika had en dat dit baie duidelik uit hulle vlerkbou agtergekom word – baie soos vlermuise vandag. G'n verlengde vingers nie, maar doelbewuste beenontwerp om die massiewe vlerke te akkommodeer, soos die ribbe in die vlerke van 'n vliegtuig. Die pterosourus was baie groot in sommige van sy variasies en ’n studie van die beenbou van die vlerke en die vlerkspan, herinner aan moderne vliegtuie wat aërodinamika gebruik vir vlug. Daar word gesê dat die pterosourus se vlerkbou só gesofistikeerd was dat dit eenvoudig kon opstyg in ’n bries deur die aanwending van die pteroïel en flap, met 'n brein wat die siene kon verwerk en dat dit sy vlerke kon oplig en laat sak, kantel en span, om op en af te geen in die lugstrome en selfs te draai, soos vliegtuie vandag doen.

    Pterosourusse is uitstekende voorbeelde van sorgvuldige Goddelike ontwerp en beplanning. Wat die oorgang van reptiele na pterosourus aanbetref, word Angus se gegorrel daaroor sommer effektief in die wind geslaan:

    “For use in understanding the evolution of vertebrate flight, the early record of pterosaurs and bats is disappointing: Their most primitive representatives are fully transformed as capable fliers.” - Paul Sereno, The evolution of dinosaurs, Science.

    Só is die fossiel van een van die oudste vlermuise, Palaeochiropteryx tupaiodon, pure vlermuis en toon geen evolusie wat plaasgevind het nie, selfs nie eens die binneoor holte wat nes die hedendaagse vlermuis is, nie.

    So, wat het Angus vir ons vertel? Behalwe sy klomp a-la-darwin evolusionistiese snert, ’n bewys van Goddelike ontwerp en skepping.

    Kobus de Klerk

  • Soos gewoonlik skryf Kobus 'n klomp snert en dan verkoop hy dit as die waarheid. Hier is 'n voorbeeld:

     
    In my brief hierbo maak ek melding van die vierde vinger wat verleng is om die rand van die vlerk te vorm. Nee, sê Kobus, dis nie 'n vierde vinger wat verleng is nie, dis glo "doelbewuste ontwerp". Wie was so doelbewus? God? Dan moet die bestaan van God bewys word, en waarom hy dan so "doelbewus" 'n vlerk so ontwerp het. Die "doelbewuste goddelike ontwerp" kan hier gesien word by http://www.reptileevolution.com/pterosaur-wings.htm 
     
    Let op die vierde vinger wat Kobus beweer bestaan nie.
  • Angus

    Ou Kobussie moet onwaarhede vertel aan mense wat niks weet nie. Dis al manier hoe kreasionisme oorleef. Deur onwaarhede.

     Aangesien Archaeopterix 'n oorgangsfossiel is, kan ek maar Gould se hele aanhaling aanhaal:

    Gould: "Since we proposed punctuated equilibria to explain trends, it is infuriating to be quoted again and again by creationists—whether through design or stupidity, I do not know—as admitting that the fossil record includes no transitional forms. Transitional forms are generally lacking at the species level, but they are abundant between larger groups.

    Kobussie se onwaarhede word nie gedoen uit "design" nie.

    Kleinkoos

  • Hallo Angus:

    Kom ons kyk nadie begin van  Kobussie se bewerings:

    Kobussie: ."Angus se bewerings oor reptiel wat kwansuis voël geword het, is sommer nogeens darwinistiese swendelary –"

    Hoekom so, Kobussie? Voëls kom van dinosaurusse, nie reptiele nie.

    Angus het ook nêrens beweer dat Pterosaure die voorgeslagte van voëls is nie. Ptetosaurus was reptiele wat kon vlieg. Hulle was ook nie soogdiere nie. Hulle was reptiele.

    Jy vertel dus weereens onwaarhede. Pterosaurusse was nie voëls nie, hulle was reptiele wat gevlieg het. Hulle was ook nie soogdiere nie.

    Ek hoop jy weet wat die verskille tussen reptiele, soogdiere en voëls is?

    Jou geskrywery is regtig nie deur design nie. 

    Kleinkoos

     

     

  • Kleinkoos, 

    Ek is al so gewoond aan Kobus se skeeflesery, dis nie meer snaaks nie. Sy bril het mos jare gelede al die probleem opgedoen toe hy aan my gesê het  'n parallaksfout is iets wat daar doer tussen die sterrestelsels ronddwaal.
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top