Ek het Auntie Schwartz se brief gelees waarin sy die redes vir die afname in deelname aan SêNet uitlig. Ek het myself ook vir ‘n ruk ontrek van die forum, aangesien ek ook gevoel het dat die debat stomp begin raak. Ek het nog altyd probeer om my opinie oor politiek hier weer te gee, en dan het ek ook graag deelgeneem aan die godsdiensgesprekke. Dit het voorgekom asof die godsdiensgesprekke oorgeneem het, en soos ek verlede week genoem het in my brief, het dit onaangenaam geraak om daaraan deel te neem. Veral vir Christelike bydraers. Ek is nie so bekend met al die wetenskaplike dinge waaroor geskryf word nie, en ek het al male sonder tal probeer om my eie seining oor my geloof hier weer te gee. Ongelukkig is daar ‘n groep mense onder leiding van die einste Cornelius Henn wat nou al jare lank my treiter en probeer verdag maak. Behalwe vir Jan Rap is daar omtrent niemand wat sinvolle politieke bydraes lewer nie. Ek bedank Jan Rap vir sy bydraes, maar hoekom is daar niemand wat meer betrokke raak in die debatte nie?
Ek moet dan ook byvoeg dat ek absoluut eksepsie neem met Cornelius se kommentaar onder Auntie Swarts se brief waarin hy my daarvan beskuldig dat ek deel is van die skrywers wat die debat op SêNet laat afneem het. Alhoewel ek die feit kan respekteer dat Cornelius nie my opinies waardeer nie, is dit ‘n klap in die gesig om my bydraes oor die jare af te maak as onbenullig. Ek het nog altyd moeite gedoen om my sienings mooi uit een te sit, en het probeer om gebalanseerd te wees, self al het ek ongelooflike teenkanting gekry. Dit wil vir my voorkom asof Cornelius en andere my net wil ag as ‘n bydraer indien ek my opinies oor veral Godsiens sou verander. Dit is iets wat glad nie gaan gebeur nie. In plaas daarvan om my opinie te aanvaar en daaruit gesprek te probeer stimuleer, het hulle my verdag probeer maak.
Terloops Cornelius, ek het begin skryf toe Melt nog webmeester was en die meeste wat ek bygedra het was toe Nedine Patrick webmeester was. Ek het ‘n goeie verhouding met Nedine opgebou. Sy het destyds aan jou bevestig dat my identiteit nie bevraagteken hoef te word nie. Ek het al boekpryse gekry, wat na my naam en adres gestuur is. Ek het ook al ingeskakel na SêNet se kantoor om informasie te kry oor boeke en artikels. Ek het ook ingeskakel advies verkry toe jy my by my eie gemeente kom soek het. My volle name en adres is op rekord by SêNet se kantoor.
Verder hoef ek myself nie te verdedig teen jou nie, Cornelius. Ek weet dat ek nog al die jare onder net een naam skryf, terwyl jy uitgevang is dat jy meer as een naam hier bedryf. So om die skuld vir SêNet se agteruitgang aan my toe te dig is onaanvaarbaar. Net omdat jy nie my opinies en geloof kan hanteer nie, beteken nie dat ek vals is nie. Ja, ek het deur die jare vir Kobus ondersteun, omdat ek werklik sien dat hy hier probeer om goeie werk te doen. Hy is 'n Christen wat hom nie laat afsit deur julle praatjies nie. Ek deel nie sy kennis oor alles nie, en ek praat nie namens hom nie, maar my ondersteuning vir Kobus, as mede – christen, het my baie ongewild gemaak. Ek dink dit is uiters onregverdig van julle om my te meet aan Kobus. Ons is individue wat ons eie lewens lei en ons eie opinies hier probeer deurgee deur die jare. Ons het baie raakpunte, omdat ons beide toegewyde Christene is.
SêNet sal dalk weer eendag optel, maar die boelieagtigheid wat skrywers soos Cornelius en sy maters hier tentoonstel maak dit onaangenaam vir veral Christene om nog hier deel te neem.
Tant Alie


Kommentaar
Terwille van die "konteks" waarop "Wouter Ferns" gedurig aandring, spoeg&blerts ek die vervelige transeksuele gebetenheid (die bitter tong van 'n queen) onder die opskrif "Some more thoughts on SeNet " op 2012-04-03 aangevoer deur die werf se nimlike spotfiguur"Aunty Schwartz" (op dieselfde dag as die ewe karikaturale "Tant Alie" se tiksel hierbo), met my kommentaar in vet letters daarin as volg:
(begin van aanhaling)
PERDEBYTJIE: Little “wasp”, how cute! Did you know that when a wasp is engulfed by a swarm of bees, it raises its lower body temperature to that of the bees with deadly consequences for the wasp. (Waar's jou vraagteken Woutie?) Now, now, be careful not to raise your temperature, it might be as unhealthy for you as it is for the wasp, especially for little and cute ones like yourself.
I can fully understand your enthusiasm for the few responses on SêNet. More attention for your mediocre and insignificant writings, with absolutely no competition from the many astute authors of the past for reader attention. (Jou sinnetjie is lelik gefragmenteer Woutie - hersien asseblief) With regards to your hollow cliché, “to be part of the solution and not the problem”. My dear girl. (Jou sinnetjie is lelik gefragmenteer Woutie - hersien asseblief) Are you so deadpan that you can’t read in my letter a challenge to the powers that be to do something about it. (Waar's jou vraagteken Woutie?) There is little else that I can do, or do you believe that you can do more, not that I believe that you would like to see the status quo changed for reasons already mentioned above. Then the other cliché, “those that shout the loudest, do the least”. Somewhat befuddled in the context of your own letter what? You give yourself away as a “slogan ranter”. The tone in most of you writings give (Dit moes "gives" gewees het Woutie) me the impression of a hysterical woman shouting abuses at all and sundry (Spotbeelde is nogals "sundry" ou Woutie).
JAN RAP: My dear boy. Thanks for the flattering remarks whereby you wrote: Terloops, Auntie Schwartz is een van my gunstelinge op die werf ... maar omdat sy bietjie van 'n vars bries hier is, sy dryf nie saam stroomaf soos 'n dooie vis nie. You just don’t know how you have warmed the cockles of this lady’s old heart (Ag tog - hoe queer!) with those remarks.
As you correctly stated. (Jou sinnetjie is lelik gefragmenteer Woutie - hersien asseblief) I can read and understand Afrikaans very well. To write it is a different matter for me altogether and I am not prepared to prostitute the Afrikaans language in the process, and assuredly the last thing that I would expect from Afrikaners is (Woutie, het Vega jou nie lankal mooi op jou "is" en "are" gewys nie?) to respond to me in English. (I have however found many Afrikaners to be better versed in English than myself [So by my kool - hoe kan 'n mens dit nou glo ou Woutie?] – where is Dirk D in this regard?)
Furthermore. (Jou sinnetjie is lelik gefragmenteer Woutie - hersien asseblief) I stand corrected with regards to Nadine as moderator mentioned by you. I must complement you for searching the archives in order to try and set the record straight. It’s just that I found Melt so cute. To juxtaposition an English, American or French word or sentence in your Afrikaans for the sake of emphasis, I find to be ketch. After all the English, as well as the other major languages do it as well using Latin, Greek or French. (I inserted a Yiddish word ketch for the selfsame reason). So apologies to Cornelius are unnecessary.
CORNELIUS HENN: Nice face. I am sure that Jaco Fourie would like it too! I would however strongly recommend that you shave off the beard and moustache. It does somehow accentuate a wrong erotic impression around the mouth. (Dis algemeen bekend dat perverte hulself, selfs met geparkeerde motors sal bevredig. Enigiets met of sonder hare dien in onskuld as stimulasie vir jou soort ou Woutie. Ek gee jou dus hiermee my volle toestemming om my prentjie iewers op 'n privaat plek in jou nes te hang.).
You really do fancy yourself. Most writers during Maggie’s term you classify as having written drivel. So in your own eyes you believe yourself to be just great. I believe that in Afrikaans it is called the Eie Ek. I have somehow always had a sadistic delight in seeing how Kobus has incessantly clobbered and ground your brand of Catholism into the ground ( "Catholism"!? Daar's nie so iets in Ingels of Afrikaans nie ou Woutie), yet you still bleatingly persist!
RAN DOODT: You write: SêNet is nou ten minste polities baie meer korrek, en dis die belangrikste ding wat tel, Aunty Shwartz. Moenie kla nie, wees bly. Your tongue in cheek sarcasm is noted, especially the remarks relating to “political correctness”. I am sure that you and others would like to see the stream ("stream"!? Anglisisme is algemeen bekend maar wat noem 'n mens dit as 'n "rockspider" of te wel 'n "rope" sy Afrikaans na Ingels om so verkrag?) of letters to SêNet being resumed as in the past. Not only has SêNet lost a number of good (and mediocre) writers who do not in any event blog on Litnet, but lost readership in the process as well ... After all how many are interested in reading a few letters written in the same incessant vein, be it Christian or Atheist.
Greetings
Aunty Schwartz
(einde van aanhaling)
Dis slegs die spoeg van 'n vlooi in die oseaan van gal op die werf wat soveel aansluiting by die pous van die ge-aliede huiskerkbende, my amigo in Adam die ou grote Kobus de Klerk vind.
Cornelius
Hallo Tannie Alie
Aangesien u nou nie so baie tyd op die forum gaan deurbring nie, kan ek voorstel dat u meer tyd gaan deurbring op u knieë deur te bid vir die duiwel se bekering. Dis die mees logiese handeling wat u kan uitvoer.
Kleinkoos
Hi tant Alie
Ek hoop dit gaan nog goed, ek het so lank laas tyd gehad om op Litnet aan te teken, maar vandat ek laas aangeteken het, tot nou toe, het dit soos dit vir my lyk nog niks verander nie. Corenlius, so lyk dit vir my, soos altyd doenig en ongeskik met alles en almal. Ek is seker hy eet suurpruime elke dag van sy lewe.
Ek het geleer om sulke mense soos hy te ignoreer, hulle is eintlik niks anders as soekendes in 'n woestyn nie. Eendag voor dit te laat is, sal hy tot inkeer kom. Iets baie drasties het in sy lewe verkeerd geloop, en soos ek altyd sê, bid en vertrou is al wat mens kan doen.
Ignoreer hom en moet hom nie eers antwoord nie, want deur hom te antwoord en vir hom kwaad te word, gee mens net die duiwel skietgoed.
Die kool is nie die sous werd nie. Gelukkig kan ons as Christene verseker weet, dat God nie slaap nie, en Hy weet wie opreg en wie vals is.
Sterkte en Groete
Hallo Erika
Eerstens wil ek verskoning aan almal maak wat noodgedwonge aan my binne-gesprekkie met Erika moet deelneem, maar dis ongelukkig al manier hoe ek weet om dit te doen.
Jy het so tien jaar gelede vir my iets toegedig soos dat my bek met seepsoda uitgewas moet word. En dat ek met myself en my eendjies in die bad moet speel ens ens. Na ek jou epos gelees het was ek nie weer op LitNet nie. Die verstokte, stiksienige, onverdraagsaamheid en geveinsdheid van die deelnemers (nie net jy nie) was net te veel vir my. Dit is die rede hoekom hierdie webtuistes nie meer mense of 'n wyer verskeidenheid mense met 'n verskeidenheid invalshoeke en gedagtes het nie. Uiteindelik is dit maar net 'n verdagmakery, sarkasme en geveinsde betigtings wat rondvlieg - soos net julle Christene dit kan doen. Elkeen van julle is 'n beter Christen as die ander en sal die opponent vol selfgeregtigheid in die grond vertrap.
In die eerste plek wil ek noem dat ek nie gekrenk is in wat jy gesê het nie, en nog minder is ek op my bek geval. Ek het net gedink - f dit, dit is net nie die moeite werd nie en weggegaan en BAIE produktief elders gewees.
Hierdie skrywe is ook nie gemik daarop om jou die kop te was of myself te verdedig nie. Om 'n gelykenissie te gebruik - ek is soos 'n hippie-musikant wat toevallig deur die eiland Urk gereis het en vir sushi lus geword het. Natuurlik het die mense nie die vaagste benul gehad wat hy vir hulle vra nie - maar die meeste van als was hulle oor sy lang hare gepla. Hy het weggegaan, steeds honger, maar met 'n verslae gelatenheid oor die ou mense van Urk in hulle swart klere en die tannies met hulle gestyfte koptooiseltjies. Hy het besef dat hulle ongeroerd in daardie verstokte verkramptheid sal oorleef selfvoldaan met hulle oortuigings - al word hulle stemme algaande al hoe minder en yler en dat sy koms, alhoewel tydelik steurend, uiteindelik vergete sal wees en heeltemal betekenisloos was.
So op daardie vrolike noot (vrolik omdat ek van Urk ontsnap het) groet ek al die mense van LitNet. En glo my Erika wat jouself verbeel jy weet watse soort mens ek is - ek is omring deur vrouens en kinders en kan my verbeel hoe jou mond afkeurend pruil as jy my nalatenskap sien wat die toekoms onstuimig en ontembaar binnestorm terwyl jy die bandjie van jou hooftooiseltjie stywer trek en bid dat jou kind net nie met daardie tipe mense eendag deurmekaar raak nie.
O nog 'n ding. Moenie bodder om my te antwoord nie - ek is al lankal weg. Daar is soveel meer in die lewe as om ure lank op die internet met gesiglose mense te debatteer.