Sjalom.
Astrale Ruimtevaarders besoek die aarde reeds oor millennia heen. Biologies is hulle naverwant aan die mens. Ons kan onsself as 't ware hibried tussen hierdie Ruimtevaarders en spesies soos die Cro-magnon en Neandertal reken. Geen mens word ooit naby die Ruimtevaarders toegelaat nie, behalwe priesters wat gereinig is deur allerlei ritusse om die verspreiding van kieme te verhoed.
Astrale Ruimtevaarders het hul gene met dié van sub-mense vermeng om intelligente wesens te skep wat op die aarde kan leef en dien. Hierdie kinders van die aarde moes kos verbou en as arbeid vir mynbou en konstruksie bruikbaar wees.
Astrale Ruimtevaarders beweeg oor die aarde heen in tuie wat aangevuur word deur chemiese brandstof. Hulle land gewoonlik net op bergtoppe of groot rotstene wat stof met landing en lansering verminder en fisiese beskerming teen mense en ons onreinheid bied. Antieke landingsplekke het gewoonlik grotte onder gehad om priesters te beskerm tydens die kom en gaan van hul tuie. Later het die Astrale Ruimtevaarders landingsplekke gebou met die hulp van ons ontwikkelde mensdom.
Kolossale strukture soos byvoorbeeld die Groot Piramide van Gîza wat as interplanetêre merker gedien het en die seremoniële Baalbek is vandag oral op ons planeet te sien.
Astrale Ruimtevaarders het die mensdom landbou, astronomie, ingenieurswese, en die eerste morele wette geleer.
Min of niks is hieroor is in ons Moedertaal te lese nie. Ons is egter wel met Afrikane soosJohan Heine,Michael Tellinger en CredoMutwa hier aan die Suidpunt van Afrika geseën. Ons het ook die oudste astrale struktuur op aarde hier aan Mzansi; die wonderfonds "Adam's Calendar".
"Adam's Calendar" verbind antieke strukture tussen Waterval Boven, Machadodorp, Carolina en Dullstroom; 'n gebied veel groter as ons moderne Johannesburg. Dis die grootste antieke stad op aarde. "Adam's Calendar" is ook met goeie rede op dieselfde lengtegraad as die Zimbabwe Ruïnes en die Groot Piramide geleë. Daar word gereeld daarna as koning Salomo se Goudmyne verwys.
Dan is daar nog die klipsirkel en wit leeus van Timbavati ...
Lees 'n mens die boek Esegiël nadat jy Jamie Uys se "God's must be Crazy" gekyk het, dan word die beskrywing van 'n lansering op Cape Canaveraldeur die profeet meer as tweeduisend jaar gelede in sy beperkte ervaring verstaanbaar. Soos daar geskrywe staan: "Toe het ek gekyk--en daar het 'n stormwind uit die noorde gekom, 'n groot wolk met onophoudelike vuur; en 'n glans was rondom die wolk, en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter ...
Lees 'n mens die uittog van die Israeliete uit Egipte, hul omswerwinge in die woestyn en Moses se ervaringe op Sinai, dan verstaan 'n mens hoekom Astrale Ruimtevaarders so 'n diep indruk by die mens gelaat het. Vir 3000 jaar reeds wy die harte daarin se nageslag Pesach getrou.
Maar nes 'n enkele eikel 'n woud groei, so is die mens se moraal in hierdie veelvuldige wêreld – epog na epog, koninkryk, demokrasie ... uit 'n enkele Gees gebore. Geen Handves van Barmhartigheid, Heilige Skrif, Bybel, godsdiens, moraal, ritus ... of wat ookal het betekenis sonder 'n gerigtheid tot die een enkele Gees waaruit als gebore is nie. Ook die Astrale Ruimtevaarders vaar deur ons Kosmos gebonde aan ons alles en almal se een enkele onbepaalbare, onbeperkbare, onbegrypbare Gees – GOD onse MOEDER – wat in die oomblik voor die Oerknal reeds daar was ...
Dis hierdie Gees wat 2000 jaar gelede met die besoek van die Ruimteskip genaamd die Ster van Bethlehem, in Jesus Christus ten volle mens geword het. Dis hierdie Jesus Christus se barmhartigheid aan die vloekhout terwille van ons verlossing wat ons hierdie week, nes die Israeliete hul verlossing uit Egipte wy.
Mag Jesus Christus onse Allerhoogste Astrale Ruimtevaarder aan almal vrede in hierdie tyd bring en ons gou weer met die Ster van Bethlehem hier aan die donkerkant van die maan kom haal.
Namaste!
Hindoe-, Moslem-, Joodse katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius Henn


Kommentaar
Hierdie is die produk van Henn se ervaring........
Cornelius,
Die laaste woord word aan jou gegun en sal daar geen verdere kommentaar van my kant af wees nie.
Og tog, wie kan Tau - letter T, wat die sprong na Daoism gemaak het vergeet.
Hallo Wouter,
Soos altyd; dankie vir jou belangstelling.
Ja, hoe sal 'n mens nou eintlik ooit ervaring met Astrale Ruimtevaarders kan oorvertel?
Moses en Elia het met wonders en tekens teruggekeer; my hande is leeg - my hart loop oor van vreugde wat ek daarin beleef ...
Die verskil tussen jou en Kobus de Klerk se soort kitsnaslaan en ervaring is eenvoudig. Wyl jul kitsnaslaan soos klinkende metaal of simbaal indruk van welluidendheid wek, is ervaring empirie.
As kind had ek ook die voorreg om die Zimbabwe ruïnes meer as eenkeer te besoek. Sedertdien het ek 'n lewende belangstelling in antieke strukture om ons ontwikkel. Forelhengel het my na Idullies op die grens van die goudkom in ons Oos Transvaal Laeveld gebring.
Al is ek geen geskoolde in die argeologie, kan ek as leek maklik die antieke strukture se band met goud bepaal.
Geologie speel ook 'n interessante rol.
Die Barberton omgewing is nie net tuiste van die oudste fossiele van lewe op aarde nie, dis ook geologies die mees stabielste op aarde (stel jouself voor; dit op sigselwers dien as materiaal vir 'n hele afsonderlike, oftewel volledige bydrae soos jy en Kobus daarna sou verwys).
Dus my ervaring oftewel empirisme berus onder meer op 'n leeftyd se geloof in die onderwerp. Dis die vreugde wat ek uit my hart met jou en ander deel.
Cornelius
NS Wouter, ek het jou nou al 'n paar keer onder my bydrae "Handves vir Barmhartigheid" genooi om jou fenomenale ingeligte en veelgelese mening met ons te deel. Dis aangaande jou veronderstelling dat ongelowiges se sin vir barmhartigheid en medemenslikheid meer beskaafd is as godsdienstiges se doktrine in terme van homoseksualiteit in die openbaar, aborsie en genadedood. Wanneer tree jy 'n bietjie buite jou Wiki en elders se kitsnaslaan en tref ons 'n slag met jou weloorwoë standpunte?
Wouter, ek weet ook nie so mooi nie. Ek kyk al vir baie jare as ek in die aand ry of ek nie dalk 'n piering kan sien nie, maar ek het nog nooit nie. Ek weet die Moonies soek ook nog onverpoosd. Ongelukkig was hulle nog altyd onsuksesvol ondanks die "inside informtion" wat hulle gereeld ontvang.
Maya