Dag Ellie,
Wat omtrent die Hot Cross Buns maak dit 'n "hand of friendship"? Jy sê dis "sticky delicious and fattening". Ek glo jou. Nou beduie vir my, is Wilson-toffies en kondênsmelk dan ook "hands of frienship"?
En die "creepy closet fanatics". Hulle klink nie vir my juis "closet" nie, hier het hulle jou dan in die openbaar de moer in. Jy stel heeltemal geregtelik dat dit ’n demokrasie is. Ek neem aan dit sluit in dat elke ou sy geloof van keuse kan volg. Ellie, ek wil so saggies en teer voorstel dat jy nie daai ene uitrol in ’n Moslemland met Sharia wette nie. Jy sê "surely this is not what Christianity is all about". Ellie, ek weet daai ene nie. Jy sien, daar is tans sowat 33800 verskillende denominasies en groepe en bewegings en you name it wat saam die versamelnaam "Christianity" opmaak. Hulle het almal onderlinge verskille, groot en klein, met mekaar. So jy kan dalk een groot hoop vol verskillende getuienisse en beduienisse kry oor die warm donserige koekies.
En Ellie, hou in gedagte dat as jy karaats toe gaan maak dit jou nie ’n mekeniek nie en as jy kerk toe gaan maak dit jou nie ’n gelowige nie. Ek was lank besluiteloos oor daai buns, maar nou is ek nie meer so seker nie. As kind het ek heerlik daaraan gesmul, maar jy weet, nostalgia is ook nie meer wat dit was nie.
En Ellie, die demokrasie ding weeg ook nie baie swaar nie. Jy sien, die "Hiernamaals" of "Hemel" of "Koningkryk van G_d" is ’n diktatorskap. Net Hy regeer daar.
So Ellie, is dit orraait met jou as ek my huidige demokratiese reg uitoefen en Hot Cross Buns sien as ’n voedseloffer aan die afgod Ishtar?
En dan in vriendelike afsluiting, die Jode het winkels waar hulle die Ishtar sowel as die Kersfeesofferandes aan die heidene verkoop en na die fees hul geld tel en "Wat ’n vriend het ons in Jesus" sing.
Voordat jy vuur met vuur beveg Ellie, mag ek ’n hand van vriendskap na jou uitsteek en jou herinner dat vuur eintlik met water beveg word.
Groetnis
Duitswester


Kommentaar
Hello!
Ek hou meer van chelsey buns maar ek sal nie nee sê as iemand vir my 'n hot cross bun aanbied nie.
Draadsitter Maya