uurwerk kantel, sandloper loop haastig leeg,
stelllig, histories gespreek, Mens amnesieus,
al God se Letters Letterlik Leesbaar, op Wand,
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens,
aan verloorkant se heel verkeerde kant
sit Mens m’t een yslik supergroot Wens, eish,
Lewe Twee werklik realiseerbaar, (be)haalbaar,
Mensdom mos mooi lankal al daarvan bewus,
van Wetenskap, van Geregtigheid, Justisie,
gevestig op Bakermat, Wysheid, Verifieerbaar
Waaragtig Waar, Liefde, Vrede, Voorspoed,
nogge behoefte daaraan, êrens innie bloed,
standvastig, Spiritueel, Essensieel, Mens,
Waardig, Menslik, mede-Menslik, Reg,
Utopiaans, mede-Menslik, Waardig,
vol Liefde van Vader t’laat geskied
bly net polities onjuistes, dissidentlik,
dikbek, afgehaal, lank innie tand,
“Duiwelspiek”-sieklik, onkundig,
oor onkunde-ontkenningskunde,
hoe Mens toegang tot Paradys,
tot Lewe Twee se Déjà Vu kry,
verskil tussen geloof en “geloof”,
‘t prakties, in praktyk, duid’lik t’wys,
via mede-Menslikheid, Waardigheid,
besinning, Gewete-herwinning, ja
sal Mens weer Skepper kan spreek,
afspraak maak vir Lewe Twee Sessie,
selfs dié wat so in Ekonomie Een ly,
eish, uitgebuit, ingespan, opgestres,
totaal deur struktuurgeweld oorweldig,
reël drie eintlik nie baie mooi verstanie
God se Veritas, Super-Ultra-Eksklusief,
net vir spiritueel-geletterd-gelowiges,
wie Allah se Almag lofprysend wil loof,
aan dié s-g-g’s word Lewe Twee plegtig,
sonner voorbehoud, voorwaarde, beloof
Jacobus Faasen

