KKNK-pleknaamdebat

  • 0

Goewerneur Oudtshoorn, gewetenloos,
‘t mos goeie Rheede, trots, selfvoldaan,
op sy nalatenschap, erfenis, magsverhaal,
t’wees, op oorlogsgeslag, plus hul nageslag,
nog volledig in beheer, van land, gekonfiskeer,
magsjagse struktuurgeweldsindroomfabrikante,
ultra-onkunde-ontkenningskunde t’GM, t’kloon,
Mens amper gewoond te maak, aan skeiding,
grens, afgrond, heining, spoorlyn, rivier, sloot,
skade aan Mens se Spiritualiteit geweldig groot

elk volstruis sonner siek, vetgevoer, virrie show,
krokodil, glibberig en glad, volstruisvleis gevoer,
hoenders, honde, katte, rotte, gemengde vleis,
solankies daar net iets bloedigs virrie kake is

elk grot innie Kango in Eerste Mens se testament,
vuilsiek van struktuurgeweld, imperiaal rassisme,
van slawerny, super-uitwissing, van leef en beef,
koloniale patrollies agter “Boschjesman”-kjend an,
eish, militêr, gesteun deur Stellenbosch se boys,
wat steeds nog terugkom, kampus toe, vir studie,
hoe Mens moet voorgee – “Self ken vir ubuNtu,
hoe Mens Naaste, Self se mede-, as Eie ervaar”

hoe meer Mens van storie ken, hoe erger naar,
papsaksiekte onner lede, soos ‘n vieslik virus,
“Duiwelspiek”-siek, akuut, Millennium Isithathu,
oftewel “Drie” in “isiBhulu”, “taal van amaBhulu”
weet gemiddelde KKNK-ganger, besoeker, suiper,
minner as min, indien nie minner, oor “Boesman”-
uitroeiproses, volksmoord, verdelging van San

awu, Goewerneur Oudtshoorn sal goed voel,
as hy sien hoe “goed” KKNK-ganger ’t bedoel,
neo-Klein Karoo-onkunde-ontkenningskundig,
Oudtshoorn-omgewing hoeka vroeër Khoisan,
Eerste Mens s’n, ytie Kaap tot anie Visrivier,
Kannaland, kom-hystoe-land, Khoisan s’n,
met of sonner CJ Langenhoven se museum,
volstruispaleisfleur, Broedervrotbondgeur,
“jollie bobbejane” byna almal al ingebreek,
makgemaak, sardonies-lakonies-ironies,
Eerste Mens steeds Baas se “Boesman”,
selfs “Boesmanland” nie Eerstes s’n,
so reg na genoemd’ kolonie-leier,
se suiwer Oudtshoorniaanse sin

Jacobus Faasen

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top