'n Kreasionistiese les vir Darwiniste

  • 3

Ek lees in ’n Daily Mail se aanlyn uitgawe (ek moet erken dat ek WebAfrica se advertensie karikatuur van Tutu en Mandela véél meer geniet het as die artikel) dat die evolusioniste in ekstase is oor ene dr Arkhat Abzhanov van Harvard se gepeuter met die DNS van ’n hoender en die resulterende biologiese gebroedsel wat ’n hoender is, maar nou kwansuis ’n bekkie het soos ’n krokodil – beide natuurlik lewende soorte – een ’n voëlsoort en die ander ’n waterdier.

Hier is die kruks van die hoender met die krokodilbekkie-saak.

“Dr Abzhanov made the changes by analysing the 'signalling molecules' [in die DNS] which control the anatomical changes in birds and other animals. [Doelbewus] adding protein beads to the egg which stifle the development of certain molecules also prevents the birds from growing certain features.”

Die gevolg is dat die arme hoender embrio toe ’n krokodilagtige bekkie ontwikkel, instede van die gepaste snawel. Abzhanov is egter kinderlik opgewonde en meen dat dit ’n kwessie van tyd is en hy maak vir ons ’n lewende maniraptor uit hoender se kind. Evolusioniste meen dat daar ’n gemeenskaplike dinosourus voorouer vir die voëls en hoender is, naamlik ’n maniraptor. Daar is baie probleme met dié maniraptor, dat dit hoegenaamd ’n voël-voorouer sou wees (die berugte archaeopteryx is in die lyn en is klaarblyklik die enigste voël in die lyn) – soos daar maar wesentlik met alle aansprake op essensiële aspekte van darwiniste is. Maar dit eers daar gelaat.

Wie weet hoeveel duisende hoendereiers in mislukte toetse onder sy hande deurgeloop het om dié monstertjie te bewerkstellig …

Die evolusioniste reken hy het dit reggekry om die horlosie van evolusie terug te draai – “Dr. Abzhanov was able to change the evolutionary path of chickens”, jubel hulle. Snert waarvan fabels gemaak is. Hulle is nou ‘flipping switches’ – mal. Evo devo is mos eintlik ‘flipping switches’ – malheid. Nou wil hulle net almal ‘switches flip’.

Wat beteken dit vir evolusie? Hoegenaamd niks.

Hoender se kind het nog steeds ’n hoender genoom. Géén genetiese inligting het bygekom nie, maar daar is nou ’n aberrasie vanweë die vreemde proteïene wat Abzhanov bygevoeg het. Daar is ’n doelbewuste wanparing. ’n Gebreklike hoender – die gevolg van mutasie. Die Romeine sou dit toentertyd ’n monstrum noem en summier van kant maak en vir twee weke daarna hul gode vra om hul van nóg sulke gedrogte te bewaar.

Die ordelike en funksionele komposisie van sure en proteïene in die DNS vir ’n hoender, wat deur God ingeprogrammeer is, is versteur – ’n tipiese mutasie deur dom mense. Abzhanov het by krokodil se kind afgeloer en van die proteïen wat dáár hoort, by hoender se kind ingegooi. Wat ’n gemors. Nou het ons ’n gebreklike hoender , ’n “mutant” - materiaal vir zombie flieks – want hoender is dit stééds hoender, genoom en al. Net gebreklik weens doelbewuste mutasie.

Maar daar is ook ’n ander aspek wat die evolusionis áltyd uit die oog verloor wanneer hy oor sy laboratorium manewales wil spog.

Dit is die kwessie van intelligente ontwerp en kreasionisme.

Vir bykans twee eeue lank het heelwat mense hulle lewens daaraan gewy om uit te vind hoe die biologiese lewe werk. Baie van hulle, met die vooropgestelde idee van die darwinistiese model, natuurlik. Maar in die proses het hulle algar, darwiniste of nie, baie geleer. Niks wat hulle geleer het, het egter die essentialia van die darwinistiese model ondersteun nie, evo devo inkluis, maar het hulle baie geleer van hoe die biologie aanmekaargesit is. Daar is nog massas om te leer, maar hulle algar leer – evolusionis of nie.

Met evo devo het darwiniste geleer wat kreasioniste al lankal weet (maar weens kaping van die akademiese milieu deur darwiniste soos Dawkins et al., nie toegelaat is om te propageer of onderrig, nie). Die kwessie van die absoluut oorweldigende getuienis van ultra Intelligente ontwerp en Goddelike kreasionisme – alles dui daarop. Om dít te probeer weerlê, het die darwiniste allerlei absoluut uitspattige en onbewysbare hipotese saamgeflans.

Die nuutste is dat mense soos Abzhanov en Craig Venter ’n enorme kognitiewe kennisbasis het waarvandaan hulle opereer – ’n kollektiewe kennisbasis wat oor die afgelope meer as twee eeue heen versamel is deur ’n onbekende groot aantal geleerdes wat hulle spesifiek daaraan toegewy het – en dit spel beide beplanning asook inset van kollektiewe menslike intelligensie en masse, wat ingespan is om Venter se nuttelose sintetiese genoom en die arme ou gebreklike hoendertjie van Abzhanov te bewerkstellig.

Níks om op trots te wees nie. Want evolusionisme veronderstel intelligensielose, toevallige, lukrake prosesse wat verruklike resultate bereik! Nié die aanwending van énige gerigte en doelbewuste intelligente ontwerp, soos wat Abzhanov en Venter by uitstek gedoen het, nie.

Dus, wat hulle algar wél bewys, is dat soiets hoegenaamd nie moontlik is, sonder massiewe kollektiewe aanwending van top intelligensiewerk en beplanning, nie. Pure ondersteuning vir IO en kreasionisme.

Venter, Horner en Abzhanov was dus in die minuskule kleine niks anders as agnostiese ‘kreasioniste’ wat met doelbewuste intelligente ontwerp te werk gegaan het om ’n spesifieke resultaat (hoe gedrogtelik ookal) te verkry deur sorgvuldige beplanning en uitvoering.

Daar is géén ander manier nie.

Daarom is die evolusionis, Jack Horner, se aanmerking “you can’t make a dinosaur out of a chicken, if evolution doesn’t work”(‘make’ a dinosaur? Hoe kreasionisties!) inderdaad ’n absolute spul bog en wanvoorstelling – só eie aan hulle. Vir Horner om reg te wees, moes Abzhanov et al. dan die twee eiers, dié van ’n krokodil en dié van ’n hoender, die een in Londen se Hyde Park neersit en die ander een, in Loch Lomond by Trossachs Nasionale Park in Skotland of iewers en daar laat vir tyd. Laat ‘evolusie’ dán maar die spulletjie bymekaarbring en ‘orden’ om ’n hoender-krokodilbek gedroggie te bewerkstellig – dán eers, het evolusie gewerk!

Maar wat sál gebeur, as ander diere dit nie vreet nie, is dat dit als in ’n ommesientjie sal afbreek tot nuttelose latente energie ingevolge die tweede wet op termodinamika– nóg ’n rede waarom die evolusieleer ’n klugspul is ...

Maar, minste van álmal, sal die spul darwiniste hul asems dáárvoor ophou – hulle weet dat hulle ’n leuen en hersenskim dien – ‘evolusie' kán nie. Hulle religie en lewensfilosofie.

Groete,
Kobus de Klerk

  • 3

Kommentaar

  • Kobussie

    "Daarom is die evolusionis, Jack Horner, se aanmerking “you can’t make a dinosaur out of a chicken, if evolution doesn’t work”(‘make’ a dinosaur? Hoe kreasionisties!) inderdaad ’n absolute spul bog en wanvoorstelling – só eie aan hulle. Vir Horner om reg te wees, moes Abzhanov et al. dan die twee eiers, dié van ’n krokodil en dié van ’n hoender, die een in Londen se Hyde Park neersit en die ander een, in Loch Lomond by Trossachs Nasionale Park in Skotland of iewers en daar laat vir tyd. Laat ‘evolusie’ dán maar die spulletjie bymekaarbring en ‘orden’ om ’n hoender-krokodilbek gedroggie te bewerkstellig – dán eers, het evolusie gewerk! "

    Waarlik, dit kan nie deur design wees nie.

    Kleinkoos

  • Kobussie

    Net 'n vragie of twee na aanleiding van die volgende sinnetjie:

    Kobussie: "Hoender se kind het nog steeds ’n hoender genoom. Géén genetiese inligting het bygekom nie, maar daar is nou ’n aberrasie vanweë die vreemde proteïene wat Abzhanov bygevoeg het."

    My eerste vraag is:  Het 'n krokodil meer of minder "genetiese inligting" as 'n hoender?

    Die tweede vraag is: Kan jy vir ons vertel hoe jy die "genetiese inligting" gemeet het om by 'n antwoord uit te kom?

    Kleinkoos

  • Kobus de Klerk

    Jy is reg, Kleinkoos, darwinistiese evolusie is bepaald nie 'by design' nie. Dit is te onnosel.

    Wat het die  krokodil se hoeveelheid genetiese inligting nou te make met die hoender s'n?  DNS van elke hoofsoort verskil uiteraard. Vir 'n krokodil om in 'n hoender te evolueer, sal daar bepaald 'n toename in genetiese inligting moet wees - maar dit gebeur nie.

    Via LUKRAKE en TOEVALLIGE natuurlike seleksie en mutasie, word beweer, kom nuwe organismes tot stand en sodoende 'vermeerder'  genetiese inligting omdat nie-lewende chemikalieë hulself kwansuis na bewering herorganiseer in lewende, repliserende organismes wat dan oor tyd verander in meer komplekse kreature - maar daar is geen bewys dat dit al ooit so gebeur het nie, wat nog te sê, met die ontstaan van alle nuwe spesies.

    Indien jy die mees basiese van genetika kon verstaan sou jy  nie sulke vrae vra nie.

    Die hoender is egter steeds hoender, nie krokodil nie, omdat die toevoeging van proteïene die skakel wat die been sou laat omvorm in 'n snawel, afgeskakel het, en nuwe molekules wat gevorm het, in 'n krokodil bekkie ontaard het - tipiese mutasie weens verlies van inligting. - 'n Gebreklike hoender.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top