Darwinistiese verbeeldingsvlugte – bewys van ontstaan van lewe geverg

  • 14

Ek dink so aan Thomas, Chris en Angus en die ander agnostiese outjies hier rond wat dink hulle is slim, wanneer hulle neerhalend praat van God en sake Gods en dan verwys na ons ‘verbeelding’ wat dit alles kwansuis skep. Dit is natuurlik nie werklik ons verbeelding nie – net globale essensiële werklikheid kan só ervaar word. God is inderdaad globaal, God is onmeetbaar omvangryk – meteens!

Wanneer mens bietjie oor die saak dink, dan is dit mos omdat agnostici se hele verwysingsraamwerk wat op verbeelding funksioneer. Angus het al herhaaldelik hier vertel hoe verknog hy aan fabels en mites is – hy beskou álles só – selfs die God, die Woord! Daar is ook Johan Wiese wat verknog is aan verbeelding – hy verbeel hom weer hy is die duiwel self (hy verduidelik natuurlik dat sy duiwelse pseudoniem sommer ’n ‘troetelnaampie’ is – wat vir ’n verskrikking van ’n mens moet hy nie wees om só ’n ‘troetelnaam’ op die hals te loop, nie…) Só ook met hulle religie, die darwinistiese tipe evolusieleer.

Die evolusionis Richard Dickerson, skryf in die artikel, Chemical Evolution and the Origin of Life in die Scientific American (en die boek Evolution, dat, wanneer daar gesoek word deur die evolusionis in sy soektog na die biologiese ontstaan van die hiper gesofistikeerde reëlmatigheids- en ordeningsmeganisme wat die miljoene nie-lewende chemiese molekules (sure, alkalies, proteïene)in elke DNS sel, te orden in ’n baie spesifieke lewende chemiese biologiese orde, sodat die sel gedy daaronder, wat, as dit nie presies in die regte ordes georden word nie, verander in dodelike chemiese verbindings wat die sel sal vernietig eerder as versterk, die evolusionisme juis mank gaan aan die verklaring aan die ontstaan en bestaan van só ’n biologiese meganisme. Hy skryf verder dat die evolusioniste géén laboratorium modelle het wat dié kernkwessie kán aanspreek nie en dat hulle dus, wat neerkom op, eindeloos kan spekuleer daaroor in die afwesigheid van ‘lastige feite’ wat sulke spekulasie in die wiele sal ry en dat hulle op hulle verbeelding aangewese is, om te spekuleer oor hoe dit sou kon ontstaan het en waar dit vandaan sou kom, maar dat selfs die verbeelding nie behulpsaam is om só ’n leemte te vul, nie …

Maar die gelowige wetenskaplike het nie só ’n probleem nie.

Daar is die bekende vergelyking van die vliegtuig model. Daar word gesê dat ’n gewilde tipe passasiersvliegtuig bestaan uit ongeveer vier 4,5 miljoen verskillende onderdele, waarvan nie één kan vlieg, nie. Dus, as jy in die vliegtuig sit en jy besef dat jy nou moet vlieg in ’n ding waarvan nie ’n enkele een van die 4,5 miljoen onderdele kan vlieg nie en jy self ook nie en die loodse en personeel ook nie… moet liewer nie verder dink nie. Maar helaas, die produk van beplanning met elke enkele een van die bykans 4,5 miljoen onderdele elkeen op sy regte plek, die konstruk, die ontwerp, die uitvoering, kán toe na alles vlieg - nie inherent nie, maar weens die gespesialiseerde ordelike samestelling daarvan, is dit ’n sukses. En dié is die vrug van hoogs intelligente breinkrag. ’n Moderne vliegtuig se samestelling is in kompleksiteit te vergelyk met dié van ’n 500-stuk legkaart, wat uitleg en beplanning betref, teenoor ’n 22,200-stuk legkaart wat die kompleksiteit van ’n DNS sel se informasie uitleg en beplanning verteenwoordig (en ek dink ek doen dalk nou die kompleksiteit van die DNS sel ’n gróót onreg aan na die konserwatiewe kant toe).

Bykans niemand van ons weet wie die ontwerpers en vervaardigers is van die luukse vliegtuie waarin ons rondjakker nie. Maar wanneer ons die vliegtuig so beskou, of ons nou insigvolle leek of briljante wetenskaplike meganiese ingenieurs is, dan wéét ons – iemand met toepaslike kundigheid en vernuf het met sorgvuldige beplanning in die fynste detail dié aluminium voël uit 4,5 miljoen geselekteerde onderdele wat bymekaar pas, geontwerp en dit toe met groot sorg, daarvolgens aanmekaargesit, vervaardig, geskep. ’n Saak van noodwendige logika. Niémand by sy verstand, sal meen ’n orkaan of ses het 'toevallig' dié meganiese wonderwerk vermag nie.

Tog verwag die darwinistiese evolusionis dat ons soiets moet glo van ’n menigvuldige maal méér komplekse biologiese proses soos die samestelling en ontstaan van die DNS. Jurie Van Den Heever en kie verwag dit van ons en van sy arme studente, om deel te neem aan die onvolwasse verbeeldingsvlug, die mite , die fabel, dat die mitologiese god van toeval, dié biologiese wonderwerke kon verrig. En as jy nie glo in die verbeeldingsvlug nie, word jy straks persoonlik aangeval en as jy hulle student is, druip jy jou vak!

Nie net geloof nie, maar inderdaad rede en logika, noop mens om te besef dat die lewe met die Goddelike ultra-Intelligensie geontwerp en geskep is.
Waar op deeske aardbodem kom die evolusionis daaraan dat só ’n kompleksiteit sommer net so as gevolg van lukrake, toevallige wat-ook-al gebeur? Nét in sy verbeelding, binne die raamwerk van die fabel wat hy vervaardig – soos Dickerson dan ook bevestig.

Die darwinis in watter bekleding daarvan ook al, maak stééds as evolusionis aanspraak op ‘onomstootlike bewyse’ vir hulle teorie.

Ons vra van hulle, om mee te begin, van dié wat die aanspraak daarop gemaak het – Stephan, Angus en veral Jurie Van Den Heever, onomstootlike empiriese wetenskaplike bewys van net één aspek – hoe die eerste lewe ontstaan het, sónder dat dit sorgvuldig geontwerp en geskep, is. Want álles wat hulle beweer, is daarop gebou.

As hulle dit nié kan bewys nie, is hulle mos wanvoorstellers. Dan is julle gevangenes van julle eie verbeelding.

Groete,
Kobus de Klerk

  • 14

Kommentaar

  • Geen evolusionis maak daarop aanspraak om oor onomstootlike empiriese wetenskaplike bewyse vir die ontstaan van lewe op aarde te beskik nie. Daar bestaan wel verskeie hipoteses waarvan sommiges na sterk moontlikhede klink - die wetenskap sal mettertyd vir ons gepaste antwoorde verskaf. Een van die hipoteses is dat een of ander god dit alles geskep het. Van al die hipoteses word dit is die swakste hipotese beskou omdat dit 'n nuwe onbekende daar stel naamlik: wat het tot god se ontstaan aanleiding gegee.

     
    Indien die wetenskap alle onbeantwoorde vrae aan die bestaan van 'n misterieuse god toegeskryf  het sou daar geen ontwikkeling gewees het nie en sou ons gestagneer het in die vaste geloof dat die son om die aarde draai, aardbewings en tsoenamies god se woede-uitbarstings is en dat bose geeste ons lewens beheer.  Dis die lewe wat onse Kosie tot satwordens toe hier op die Sê bepleit - argumente wat in die voorwetenskaplike era tuishoort en geen intellektuele gesprek waardig is nie.
     
    Thomas
     
  • Kobus,

    Ek weet nie hoe die eerste lewe ontstaan het nie, want ek was nie daar nie. 
     
    Weet jy miskien, en was jy by? Het jy dit sien gebeur? Vertel, man, vertel.
     
    Daar is natuurlik wetenskaplikes wat daaraan werk, soos Craig Venter wat twee jaar gelede al lewe in die laboratorium geskep het. nou wonder ek net of kreasioniste ook navorsing in daardie rigting gedoen het?
  • Kobus, hierdie ou storietjie van die Boeing 747 het jare gelede al baard gekry. Sir Fred Hoyle het die fout gemaak dat hy gedink het natuurlike seleksie hang van makromutasies af. Dis eerder 'n bewys dat die Bybelstorie van Adam se skepping  skoon snert is.

     
    Nou wag ek vir William Paley se horlosiestorie. Of het jy dit al vertel?
  • Kobussie

    Vliegtuie plant nie voort nie.

    Ek dink nog steeds nie jy skryf wat jy skryf deur design nie.

    Kleinkoos

  • Kobussie

    Hoekom hou jy aan om sulke onwaarhede te versprei? Die Teorie van Evolusie gaan oor wat met lewe gebeur nadat lewe ontstaan het. Dit gaan nie oor hoe lewe ontstaan het nie.

    'n Groen Marsmannetjie of Zeus of selfs een van jou gode kon die lewe geskep het; dit sal nie die Teorie van Evolusie verander nie.

    Wetenskaplikes maak geen geheim daarvan dat hulle nie weet hoe lewe ontstaan het nie, maar probeer uitvind hoe. Kyk maar na die volgende bron:

    http://www.asa3.org/ASA/topics/Origin of Life/current_scientific_studies.html#time line

    Ons kan wel kyk na die 'evidence" wat ons het: gesteentes van 4.2 miljard jaar terug bevat geen tekens van lewe nie. Gesteentes van so 3.9 miljard jaar terug bevat tekens van komplekse organiese molekules. Gesteentes van so 3.8 miljard jaar terug bevat fossiele van eensellige orgamismes. So, daar was 'n tyd van geen lewe nie, daarna was daar 'n tyd met komplekse organiese molekules en daarna was daar eensellige organismes.

    Dis die 'evidence" wat ons het. Nou probeer ons uitvind hoe dit gebeur het.

    Ek dink nie dat wat jy skryf kan geskryf word deur iemand wat "ge-design" is nie.

    Kleinkoos

  • Kobus de Klerk

    Thomas,

    Jy is een van dié wat hier al met smaak geskrywe het dat julle onomstootlike bewys het vir die bewering dat lewe op aarde deur darwinistiese tipe evolusie ontstaan en ontwikkel het. Nou, as jy nie weet hoe die eerste lewe ontstaan het nie, met ander woorde, jy kan nie ontken dat dit geontwerp en geskep is, nie, dan kan jy die oorweldigende waarskynlikheid dat alle prosesse wat daarop volg, geontwerp is om só daarop te volg, óók nie ontken nie, verál in die lig van die enorme kompleksiteit daarvan en dan erken jy mos eintlik dat darwinistiese evolusie niks meer as ’n filosofie langs enige ander filosofie is en nogal ’n religieuse filosofie daarby, nie.

    Angus, maak nie saak hóéveel keer daardie Boeing oor jou kop vlieg, of die horlosie aan jou arm wil spring, nie, jy het nog nóóit ’n antwoord daarvoor gehad nie en só ook niemand voor jou, nie. Bykans twee eeue soek julle al.

    Maar ons het – God het die lewe van alle dinge geontwerp en geskep dit staan in die Woord, die antieke Bron, Wie dit uitspel omdat lewe juis deur die Woord geskep is en vandag se absoluut verbysterende wetenskaplike fondse ondersteun dit só en laat ook boonop géén ander logiese gevolgtrekking nie.

    Hoe sál julle verstaan? Kyk na die bare snert wat Kleinkoos, byvoorbeeld, kwytraak – hy verstaan wragtig nie die verduidelikende doel van die vliegtuig ens. óf die implikasies van die ontstaan van eerste lewe, nie…

    Kobus de Klerk

  • Kobussie

    Ek verstaan baie goed. Ons weet nie hoe die lewe ontstaan het nie. Niks geheimsinnig daaraan nie. Elke wetenskaplike erken dit.

    Ons kan wel kyk na die bewysstukke wat ons het oor die eerste lewe. Jy weet, geen lewe nie. Daarna komplekse organiese molekules (miljoene jaar later). Daarna eenvoudige eensellige orgamismes (miljoene jaar later). Daarna 'n verskeidenheid eensellige organismes (miljoene jaar later). Daarna meersellige organismes (miljoene jaar later). 

    Wat gebeur het met die eerste lewe, soos ons dit ken, verstaan ons relatief goed, saamgevat in die Teorie van Evolusie. Jy wat probeer voorgee dat die teorie van Evolusie en abiogenese dieselfde verskynsel is, toon net hoe oneerlik jy is. 

    En, Kobussie, die feit dat ek jou presies uitwys op die onwaarhede wat jy vertel, is nie uit die duim gesuig nie. Jy vertel onwaarhede waarop jy gewys is. Jy is die een wat onsin versprei. 

    Vliegtuie plant nie voort nie. Lewe plant voort en verander 'n bietjie, met elke geslag wat lewe. Om dus vliegtuie, wat nie voortplant nie, te vergelyk met lewe maak nie sin nie.

    Kleinkoos

     

  • Die Louw Alberts argument  - die vliegtuig argument. 
     
    Die eindelose oe-en-a van die "ïntelligente ontwerpers" van hoe onmoontlik dit is dat 'n vliegtuig in plek kan val. 
     
    Dit is natuurlik pateties, evolusie, natuurlike seleksie as proses het honderde miljoene jare om verskille oor tyd te laat versamel. 
     
    Thomas is reg met sy antwoord dat daar 'n antwoord is oor die ontstaan van lewe, 'n hipotese wat 'n sinvolle verklaring bied. Alhoewel die woord, hipotese, naarstiglik probeer afgemaak word as verdag. Daar is hierdie werklike tegniese vertelling, wat ek nie kan vereenvoudig en nog nie eers probeer het nie: 
     
    Origins and Evolution of Life
    An Astrobiological PerspectiveSeries: Cambridge Astrobiology (No. 6)
    Edited by Muriel GargaudUniversité de BordeauxPurificación López-GarcìaUniversité Paris-Sud 11Hervé MartinUniversité de Clermont-Ferrand II (Université Blaise Pascal), France
     
    Part I    What is life?
     
    11         Problems raised by a definition of lifeM. Morange (Ecole Normale Supérieure, Paris, France)
     
    32         Some remarks about uses of cosmological anthropic ‘principles’D. Lambert (Université de Namur, Belgium)
     
    143         Minimal cell: the biologist’s point of view C. Brochier-Armanet (Laboratoire de Chimie Bactérienne, Marseille, France)
     
    264         Minimal cell: the computer scientist’s point of viewH. Bersini (IRIDIA, Université Libre de Bruxelles, Belgium)
     
    475         Origins of life: computing and simulation approachesB. Billoud (Université Pierre et Marie Curie, Paris, France)
     
    Part II   Astronomical and geophysical context of the emergence of life
     
    836         Organic molecules in the interstellar medium C. Ceccarelli (Laboratoire d’Astrophysique, Grenoble, France) J. Cernicharo (Centro de Astrobiología, Madrid, Spain)
     
    857         Cosmochemical evolution and the origin of life: insights from meteorites S. Pizzarello (Arizona State University, USA)
     
    988         Astronomical constraints on the emergence of life M. Gounelle (Muséum National d’Histoire Naturelle, Paris, France) T. Montmerle (Institut d’Astrophysique de Paris, France)1189         
     
    Formation of habitable planets J. Chambers (Carnegie Institution of Washington, Washington, USA)
     
    The concept of the galactic habitable zone N. Prantzos (Institut d’Astrophysique de Paris, France)
     
    The young Sun and its influence on planetary atmospheres M. Güdel (Institute of Astronomy, Zurich, Switzerland) J. Kasting (Penn State University, USA)
     
    Climates of the EarthG. Ramstein (Laboratoire des Sciences du Climat et de l’Environnement, Git sur Yvette, France)
     
    Probeer dit opsom vir die kreasionis in 600 woorde of 'n paragraaf, wat hulle aanhalings se gewone lengte is en so aanvoer bestek is gelewer oor 'n onderwerp. Bogenoemde bied 'n aanduiding van die aspekte wat moet aangespreek word. 
     
    Hierdie boek is in my versameling, maar sonder enigte twyfel is dit nie so maklik soos teologie byvoorbeeld nie. 
     
    Maar daar is 'n aanduiding van die aspekte wat bespreek moet word, wanneer die oorsprong van lewe bespreek word. 
     
    Natuurlik skiet De Klerk te kort daaraan. 
  • Verskoning, hierdie is ook waardevol: 

     
    Part III  
     
    The role of water in the emergence of life
     
    Liquid water: a necessary condition for all forms of life? K. Bartik (Chimie Organique, Université Libre de Bruxelles, Belgium) G. Bruylants (Université Libre de Bruxelles, Belgium) E. Locci (Cittadella Universitaria di Monserrato, Italy) J. Reisse (Université Libre de Bruxelles, Belgium)
     
    The role of water in the formation and evolution of planets T. Encrenaz (Observatoire de Paris-Meudon, France)
     
    Water on Mars J.-P. Bibring (Institut d’Astrophysique Spatiale, Orsay, France)
     
    Part IV   From non-living systems to life
     
    Energetic constraints on prebiotic pathways: application to the emergence of translation R. Pascal (Institut des Biomolécules Max Mousseron, Montpellier, France) L. Boiteau (Institut des Biomolécules Max Mousseron, Montpellier, France)
     
    Comparative genomics and early cell evolution A. Lazcano (UNAM, México)
     
    Origin and evolution of metabolisms J. Peretó (Institut Cavanilles de Biodiversitat i Biologia Evolution, València, Spain)
     
    Part V    Mechanisms for life evolution
     
    Molecular phylogeny: inferring the patterns of evolution E. Douzery (Institut des Sciences de l’Evolution, Montpellier, France)
     
    Horizontal gene transfer: mechanisms and evolutionary consequences D. Moreira (Unité d’Ecologie, Système et Evolution, Orsay, France)
     
    The role of symbiosis in eukaryotic evolution A. Latorre (Institut Cavanilles de Biodiversitat i Biologia Evolution, València, Spain) A. Durbán (Institut Cavanilles de Biodiversitat i Biologia Evolution, València, Spain) A. Moya (Institut Cavanilles de Biodiversitat i Biologia Evolution, València, Spain) J. Peretó (Institut de Biologie Evolutive, València, Spain)
     
    Hierdie is die tegniese beskrywings waarna male sonder tal al verwys is, wat ongelukkig die kreasionis sal verbygaan. 
     
    Die waaarde hiervan is soos aangedui alreeds om die aspekte wat bespreek moet word te bevestig. 
     
     
  • Kobus de Klerk

    Kleinkoos, jou onnoselheid is 'n gegewe. Jy is die oneerlike een (daarom dat jy 'n punt maak om jou eie oneerlikheid op ander te probeer projekteer) - daar is nie 'n enkele bewys vir die bewerings wat jy hierbo maak nie - net hipotese. As jy iets van wetenskap wis, sou jy ook besef dat hipotese juis nie bewys is, nie.

    Waar is jou bewys vir 'geen lewe nie' - dis 'n hipotese.

    Waar is jou bewys vir 'organiese molekules miljoene jare later' - dis 'n hipotese.

    Waar is jou bewys vir 'verskeidenheid eensellige organismes miljoene jare later' - dis 'n hipotese

    Waar is jou bewys vir 'meersellige organismes miljoene jare later' - dis 'n hipotese.

    Belangrikste van alles, waar is jou bewys dat die alles, lukraak en toevallig ontstaan het, en nie so geskep is, nie. BEWYS dit. Jy kan nie!

    Dit is nie die moeite werd om jou verder te akkommodeer nie. Die tyd is verby vir sulke wilde wye stellings en algemene verwysings na die 'teorie' van evolusie. Dan weet jy nie eens dat die evolusieleer aanvanklik juis op die verskynsel van abiogenese gebaseer is nie, juis om die eerste lewe te probeer verklaar.

    Jy is 'n dommerd (die vliegtuig blaps van jou is die klassieke bewys - ek het 'n twaalfjarige seun gevra wat hy wys word uit die vergelyking en sy antwoord was sonder om te weifel - dit dui op die onmoontlikheid van die hele proses wat kwansuis sommer net gebeur sonder beplanning - kyk na jou verstommende onnosel antwoord - vir die tweede keer! Dit gaan oor hoe die ding in die eerste plek daar kom, nie oor hoe hy voortplant na hy reeds daar is nie, jou arme swaap...) en het die mees aanstootlike manier omtrent jou - jy is die kinderagtigste van hulle almal.

    Julle is werklik leë doppe. Een enkele gelowige speel met julle woer-woer na willekeur vir weke aaneen - veral jy en Wouter.

    Wat is les teen agnostisiteit is julle nie!

    Kobus de Klerk

  • Kobus, Natuurlik soek ons na die oorsprong van lewe, en ek hoop ons soek daarna solank daar lewe op aarde is. Die oomblik wat ons dit het, is die pret mos verby, soos met julle Kreasioniste. Julle soek nie, want julle heilige boek sê mos sonder bewyse hoe dit gebeur het. Dis waarom kreasionisme geen bydrae kan lewer tot die wetenskap nie. 

  • Daar is drie sinne waarin daar dramaties na die woord, hipotese, verwys word. 

     
    Indien reg verstaan het Thomas, Angus en Stephan al aan De Klerk en die se lesers verduidelik wat 'n hipotese is. 
     
    Hipotese is nie wat De Klerk probeer aandui dit is nie, slegs 'n lukraake mening wat uit die duim gesuig word. 
     
    Lesers moet asseblief attent wees daarop dat woorde verskillende betekenisse het in verskillende kontekste. 
  • 'n Nota: 

     
    Daar het 'n fout van my kant af ingeglip met die bladsye. Die hoofstukke is ongeveer 20 bladsye in lengte elk.....
  • Kobus de Klerk

    Angus,

    ek dink nie ek het nodig om vir jou uit te spel watter onguns jou aanmerking hierbo julle posisie aandoen nie – wat jy eintlik sê is dat julle speel met die werklikheid – julle maak of julle nie weet  waar lewe vandaan kom nie en dan bou julle lewensfilosofieë en biologiese mitologieë op ’n fabel in die vorm van ’n hipotese. Volbloed religie – maar nie ’n intelligente een, nie.

    Wouter,

    Nee wat, die mense hoef nie te probeer verduidelik wat ’n hipotese is nie, hulle is kapabel en verdraai en verwring daardie feit soos hulle met biologiese feite doen.

    Ons weet almal wat ’n hipotese is – ’n Onbewese stelling wat moet dien as grondslag vir redenering, veronderstelling; ‘n ongegronde veronderstelling, gissing.

    En die talle aanhalings wat ek uit darwinistiese mond en gelowige mond oor die afgelope paar weke hier geplaas het, ondersteun presies daardie betekenis in konteks van die darwinistiese evolusieleer.

    Nou ja, dit is waarop die darwinisme se evolusieleer berus. Daarom is dit gewoon ‘n religieuse filosofie soos wat Charles Darwin dit bedoel het om te wees - as teenvoeter vir die Christelike Godsdiens.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top