Ek het onlangs na die video Kony 2012 op Youtube gekyk, en was dadelik baie ontstig oor die barbaarse praktyke wat in Uganda plaasvind.Soos menige ander wou ek sommer dadelik inspring en seker maak dat Kony uit Uganda verdryf word, en sommer tereg moet staan by die Internasionale Hof in Den Haag. Ons dominee het selfs dit in een van sy preke vermeld, so die impak van die video is wyd gevoel.
My seun het laasweek met my 'n gesprek gehad. Ek het nou onlangs geleer om Skype te bedryf, so dit is 'n droom om bietjie met my kinders te gesels en hulle te sien! Toe ons oor Kony begin praat, toe noem my seun dat die pers in Nieu-Seeland, baie belangrike feite navore gebring het oor die redes agter die Kony 2012 video. Blykbaar is Kony al lankal uit Uganda uit, en baie mense beweer selfs hy is oorlede! Volgens die pers daar is dit moontlik 'n verneukspul omrede die groep wat die video gemaak het, al lank bekend is dat hulle meeste van hulle donasie geld op hulle self spandeer.
Dan is daar ook ander redes wat genoem word. Blykbaar het Uganda baie olie reserwes wat gemyn kan word. Deur die publiek sag te maak teenoor 'n moontlik aanval teen Uganda, kan die VSA sodoende hulle hande op die oliebronne kry.
Ek wonder maar net of hierdie bewerings vergesog is? Het iemand dalk bietjie meer informasie vir my? Die feit bly staan dat die vervaardigers van die video beslis iets het om weg te steek. Hoekom nou skielik met die Kony-ding te voorskyn kom, terwyl die man al hierdie dade al jare terug gepleeg het, en beslis nie meer in Uganda is nie?
Groete
Tant Alie


Kommentaar
Uganda in die visier weens die land se olie, dit word aan Tant Alie se vlymskerp geo-politieke ontleding gelaat om dit te verklaar.
Hello,