In ’n blog skrywe evoluionis Michael Ruse die volgende, so onlangs as Desember 2003:
“Today, likewise, we see that evolutionism has its priests and devotees. Entomologist and sociobiologist Edward O. Wilson of Harvard University tells us that the "evolutionary epic is mythology," depending on laws that are "believed but can never be definitively proved," taking us "backward through time to the beginning of the universe." Wilson knows that any good religion must have its moral dimension, and so he urges us to promote biodiversity, to amend our original sin of despoiling the earth. There is an apocalyptic ring to Wilson's writings, and in true dispensationalist style, he warns that there is but a short time before all collapses into an ecological Armageddon. Repent! The time is near!”
“I am saying that when I hear people with spiritual views accused by scientists of "cowardly flabbiness of the intellect," [hy verwys na Dawkins se geliefkoosde skellery] I suspect that there is more at stake than factual disagreement. In that context, when evangelicals complain that it is unfair if a secular religion (evolution) is allowed into classrooms but competing theological views are not, I start to feel sympathy. Not for creationism, which is pernicious nonsense, but for stacking the deck against religious thought, by allowing dogma in science but not in theology. If creationism has no place in the classroom, then neither does a secular religion based on evolution. We who care passionately about science should know when to keep the science and religion separate and remember always when it is appropriate to teach the one and not the other.”
Waarom sê Wilson (nóg ’n darwinistiese evolusionis waarvan sommige van die skille van sy oë afgeval het), na wie Ruse verwys, wat hy sê?
Kyk na die kwessie van die ontstaan van lewe – die darwinis maak daaroor onhoudbare aannames en hipotese wat nóóit bewys kán word nie. Pure religieuse filosofie. Maar dié religieuse filosofie is die fondasie waarop hy voorgaan om dié religie uit te bou, met ánder ewe onbewysbare aannames en hipotese.
Kyk na die hoekstene van neo-darwinisme, die kwessie van natuurlike seleksie. Gelowige bioloë het al vóór Darwin dié proposisie gemaak dat seleksie vir soorte werk om aanpassing teweeg te bring binne die soort verband en dat dit gewoonlik met verlies van genetiese data gepaard gaan, nie toename, soos evolusioniste beweer, nie.
Professor Keith Bennett (Queen’s University, Belfast) skrywe in ’n artikel “The Chaos Theory of Evolution”, in New Scientist in Oktober 2010 in ’n kommentaar op ’n boek van welbekende evolusionis dr. John Endler se boek Natural Selection in the Wild en merk op dat dit aandui dat Endler talle beweerde gevalle van natuurlike seleksie krities ondersoek het, maar nie enige “hard evidence” van die evolusionistiese tipe seleksie daar kom vind, nie. – Op p. 241 en 246 van sy boek, skryf Endler “Natural selection only affects changes in the frequency of the variants once they appear; it cannot directly address the reasons for the existence of the variants … Thus natural selection may affect the patterns of the origins of combinations of traits, even though it will not explain the mechanisms of their origins.”
Evolusioniste se darwinistiese tipe seleksie is dus óók op onbewysbare aannames staangemaak.
Daar is ook die kwessie van nóg ’n hoeksteen van evolusie, naamlik die ontstaan van die DNS, wat dié hipotese van hulle, in duie laat stort.
Leslie E. Orgel, skryf in ’n artikel "The Origin of Life on Earth", in die Scientific American, dat dit hoogs onwaarskynlik is dat struktureel uiters komplekse proteïene en nukleïensure sommer beide spontaan (lukraak, soos die darwinistiese evolusioniste dit wil) kan voortspruit op dieselfde plek op dieselfde tyd én dat dit ook onmoontlik is om vir een om te ontstaan sónder die ander en dat dit slegs afgelei kan word dat lewe nié by wyse van chemiese prosesse kon ontstaan nie.
John Horgan, bevestig in ’n artikel "In the Beginning", ook in Scientific American, dat DNS nie kan funksioneer sonder die katalisator proteïene en ensieme nie en kan dus ook nie nog ander DNS vorm, daarsonder, nie. Kortom, proteïene kannie sónder DNS vorm nie en DNS kan ook nie sonder die proteïene vorm, nie. Douglas Hofstadter het ook in die boek An Eternal Golden Braid, gefilosofeer met die aanmerking dat hulle wonder hoe die hele genetiese kode tesame met al die verplasings- en oorsettings meganismes, met RNS en ribosome kompleet, kon ontstaan en maak dan die aanmerking dat hulle maar moet volstaan om die proses met ontsag en verwondering te beskou, want ’n antwoord bied die evolusionisme eenvoudig nié.
Hiermee tuimel evo devo ook ineen.
Só is die ander hoeksteen, genetika, óók op onbewysbare hipotetiese aannames van ’n ontstaan daarvan weens lukrake, toevallige prosesse, staangemaak.
Maak wat hulle wíl – by die kwessie dat darwinisme in énige gewaad neerkom op religieuse filosofie, gaan hulle gewoon nié verbykom nie. Wetenskap is dit nie, was nog nooit. Darwinisme is dood. Sy kadawer moet begrawe word.
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Kobussie
Kom ons kyk na wat jy skryf:
Kobussie: "Kyk na die hoekstene van neo-darwinisme, die kwessie van natuurlike seleksie. Gelowige bioloë het al vóór Darwin dié proposisie gemaak dat seleksie vir soorte werk om aanpassing teweeg te bring binne die soort verband en dat dit gewoonlik met verlies van genetiese data gepaard gaan, nie toename, soos evolusioniste beweer, nie.
Professor Keith Bennett (Queen’s University, Belfast) skrywe in ’n artikel..."
Hoekom vertel jy onwaarhede deur voor te gee dat Professor Bennett 'n Bioloog is? Kan jy nooit die waarheid vertel nie?
Dis nie deur design nie.
Kleinkoos
Is Bennett 'n gelowige? Jy kan wragtig nie verstaan wat mens skrywe nie.
Vir jou stomme inligting - Bennett skrywe oor Endler en wat Endler sou gesê het.
Kobus de Klerk
Die paragraaf waaruit die aanhaling van Wilson kom lees: But make no mistake about the power of scientific materialism. It presents the human mind with an alternative mythology that until now has always, point for point in zones of conflict, defeated traditional religion. Its narrative form is the epic: the evolution of the universe for the big bang fifteen billion years ago through the origin of the elements and celestial bodies to the beginnings of life on earth. The evolutionary epic is mythology in the sense that the laws it adduces here and now are believed but can never be definitively proved to form a cause-and-effect continuum from physics to the social science, from this world to all other worlds in the visible universe, and backward through time to the beginning of the universe. (Hierdie is ’n aanhaling van Wilson in Ruse se Evolution Wars)
Ruse argumenteer dan, soos altyd, dat Wilson se radikale materialisme nie ’n noodwendige onderdeel of gevolg van evolusie is nie en dat niks wat Wilson sê of voor argumenteer die bestaan van God of godsdiens ongeldig maak nie. Hy sluit af met:
None of what I have just said is to stop someone making a religion of evolution if they so which.... (En dan besing hy Wilson as ’n baie nice ou)....But I do not see that his fellow evolutionists have to follow him into making a religion of our shared science. This has nothing to do with whether or not we want to opt for some other religion, Christianity for instance, or if we have no religion at all – if perhaps we find no ultimate meaning to life, other that that of everyday living and the joys and troubles with that. The point is that just as being an evolutionist neither compels nor denies Christian belief, so also being an evolutionist neither forces one into nor, for that matter, prevents one from being a member of the Church of Darwin.
Ruse glo nie tans en het nog nooit geargumenteer dat evolusie ’n godsdiens en slegs ’n godsdiens is soos wat in die brief hierbo voorgegee word nie. Hy argumenteer nou al jare dat sommige dit so aanbied veral as ’n alternatief vir tradisionele geloof, maar maak altyd die onderskeid tussen evolusie as wetenskap (wat hy as betroubaar aanvaar) en ideologie/godsdiens (wat hy verwerp). Let ook op dat Wilson nie sê dat evolusie net 'n godsdiens of mitologie is nie
So weereens Kobus wil jy nie maar nou vir prof Ruse met rus laat nie? Maak nie saak hoe hard jy probeer om woorde in sy mond te lê nie hy gaan nooit sê wat jy wil hoor nie.
Hello,
Die EO Wilson aangehaal is soos volg:
Soos al male sonder tal gesien het De Klerk nie deur enige van die boeke se bladsye wat so mildelik aangehaal word geswoeg nie.
Kobussie
Jy het mense mislei deur hulle onder die indruk te probeer bring dat professor Keith Bennett 'n Bioloog is.
Hier is weer eens wat jy geskryf het:
Kobussie: " Kyk na die hoekstene van neo-darwinisme, die kwessie van natuurlike seleksie. Gelowige bioloë het al vóór Darwin dié proposisie gemaak dat seleksie vir soorte werk om aanpassing teweeg te bring binne die soort verband en dat dit gewoonlik met verlies van genetiese data gepaard gaan, nie toename, soos evolusioniste beweer, nie.
Professor Keith Bennett (Queen’s University, Belfast) skrywe in ’n artikel..."
Professor Keith Bennett is nie 'n Bioloog nie.
Jy het dus nie die waarheid gepraat nie.
Kleinkoos
En ou Kobussie
Het jy nou al by 'n antwoord uitgekom oor die hoeveelheid "genetiese inligting" in hoenders en krokodille?
Dit moet mos baie maklike vragies wees vir jou:
1. Het 'n hoender of 'n krokodil die meeste "genetiese inligting"
2. Hoe jy jy die inligting gemeet om by jou antwoord uit te kom?
Die vorige keer het jy so 'n lang, niksseggende "antwoord" gegee, sonder om 'n antwoord te gee.
Ek herinner jou aan jou vorige "antwoord" . Ek plaas my kommentare by.
Kobussie: "Wat het die krokodil se hoeveelheid genetiese inligting nou te make met die hoender s'n?"
Wel, jy's die een wat die bewering gemaak het oor meer of minder "genetiese inligting. Jy beweer die een het "meer genetiese inligting" as die ander. Nou vra ek jou: watter een het die meeste genetiese inligting en hoekom?
Kobussie:" DNS van elke hoofsoort verskil uiteraard. Vir 'n krokodil om in 'n hoender te evolueer, sal daar bepaald 'n toename in genetiese inligting moet wees - maar dit gebeur nie."
So, jy beweer dat 'n hoender dus meer "genetiese inligting" as 'n krokodil het? Hoe meet jy die hoeveelheid "genetiese inligting" in 'n hoender? Hoe weet jy dis "meer"?
Kobussie:"Via LUKRAKE en TOEVALLIGE natuurlike seleksie en mutasie, word beweer, kom nuwe organismes tot stand en sodoende 'vermeerder' genetiese inligting omdat nie-lewende chemikalieë hulself kwansuis na bewering herorganiseer in lewende, repliserende organismes wat dan oor tyd verander in meer komplekse kreature - maar daar is geen bewys dat dit al ooit so gebeur het nie, wat nog te sê, met die ontstaan van alle nuwe spesies."
. Hoe weet jy daai "genetiese inligting" is meer of minder? Hoe weet jy 'n nuwe spesie het meer of minder "genetiese inligting" as die ou spesie? Hoe meet jy dit? Hoekom dink jy dat 'n hoender "meer kompleks" is as 'n krokodil?
Kobussie:"Indien jy die mees basiese van genetika kon verstaan sou jy nie sulke vrae vra nie."
Ek probeer juis uitvind hoekom dink jy dat 'n hoender se "genetiese inligting" meer is as die van 'n krokodil. Verduidelik baie mooi vir my hoe jy dit meet. As jy dit nie kan verduidelik, praat jou doodeenvoudig net nonsens.
Kobussie:"Die hoender is egter steeds hoender, nie krokodil nie, omdat die toevoeging van proteïene die skakel wat die been sou laat omvorm in 'n snawel, afgeskakel het, en nuwe molekules wat gevorm het, in 'n krokodil bekkie ontaard het - tipiese mutasie weens verlies van inligting. - 'n Gebreklike hoender."
So, die "krokdilbekkie" het nou volgens jou minder "genetiese inligting". Kan jy vertel hoekom? Verduidelik nou baie mooi hoe jy "weet" dat 'n hoender meer "genetiese inligting" het as 'n krokodil en hoe jy dit meet.
Dit sal help as jy "genetiese inligting" kan kwantifiseer, voordat jy kan sê "meer of minder". Sonder presiese kwantifisering beteken "meer" of "minder" niks.
Kleinkoos
Stefan en Wouter
Baie dankie vir die bydraes.
Dit kom seker daarvan as Kobussie deur al daai honderde duisende wetenskaplike artikels moet worstel om een of twee quotes te kry wat hy dink sy "design" gaan pas. Daar is al gewys dat daai "design" nie eintlik uit "design" uit kom nie. (Grappie, ek dink nie ou Kobussie het al ooit in sy lewe een wetenskaplike artikel gelees nie)!
In ieder geval, nog nooit van E.O. Wilson gehoor voor hierdie nie. Seker maar omdat ek ook nog nooit gehoor het van die meeste van die honderde duisende bioloë wat vandag navorsing doen nie. Ek meen, ek weet van hoogstens so 'n tien of twintig van hulle, aangesien Biologie nie my studieveld is nie. Hoeveel name van bioloë ken Kobussie? Die paar kreasioniste?
E.O Wilson is of was 'n deïs. Dis ook 'n heiden volgens Kobussie. Ek weet nie hoekom ou Kobussie hom so wil aanhaal nie.
Kobussie, hy's nie een van julle nie. Om voor te gee hy is, is ook oneerlik!
Kleinkoos
Baie dankie Kleinkoos.
Hello,
Dankie Stephan.
Moedige pogings, maar niks wat julle plaas, verander die perspektief nie.
Feit is, hou op om verder te filosofeer oor wat die betekenis mag wees van wat die ouens sê, want dit is juis die filosofie wat van die darwinisme niks meer maak as 'n religieuse filosofie, nie. Kyk mooi, niks wat julle hierbo probeer 'verduidelik' verander aan daardie feit nie - trouens, dit plaas die aksent daarop.
Natuurlik vertel julle desperate gespartel hierbo, sy eie verhaal - een van desperasie van mense wat besef hulle aap-oupa is uit die mou, en wil probeer gate toestop vir 'n vale.
Help nie. Daar is n intelligente leserskorps, en hulle kan self sien wat gebeur.
Dit kom op die ou end daarop neer dat die gelowige leser ewe maklik die woord-kaf kan skei van die korrels wat daar is, wat die essensie weergee. Julle almal probeer weer die kaf terugsit, maar dit help nie. Kyk na Wouter se gespartel en ook Kleinkoos s'n. Dit is desperaat, maar dit beteken niks. Darwiniste wil darwiniste wees - maar hulle besef dat hulle niks meer as net 'n religieuse filosofie met 'n wetenskap kleed om, propageer nie, en hulle sê openlik so.
Wat wel gebeur, is dat dit lyk of julle outjies geskok is deur die werklikheid van wat julle jul eintlik mee besighou - julle is, meeste van almal, mislei. Nou skop julle teen die prikkels.
Terloops, Vir jou inligting, dom Kleinkoos, is Bennett 'n paleobioloog. Verbasend hoe jy en Wouter julself met die mees nuttelose argumente besighou. Wie gee om wat die ouens was? Die kwessie is, wat is hulle nou. Nou word hulle deur mense soos Ruse aangehaal om sy punt, dat darwinsme eintlik 'n religieuse filosofie is, gedemonstreer. En Ruse, was kwansuis eers 'n Christen (natuurlik bog, maar so sê hy) nes meeste van die ander. Vandag is hulle darwinste en hulle propageer hulle nuwe religie, soos Haldane dan ook sê.
Julle moet wakker skrik.
Kobus de Klerk
Wouter, Hier is jou aanhaling “… He argues that the common assumption that selection is usually weak in natural populations is no longer tenable, but that natural selection is only one component of the process of evolution; natural selection can explain the change of frequencies of variants, but not their origins.”
Hier is my verwysing, waarop jy kommentaar probeer lewer “Thus natural selection may affect the patterns of the origins of combinations of traits, even though it will not explain the mechanisms of their origins”
Kan jy sien hoe desperaat jy strooi opgooi?
En ek verwys spesifiek na evolusionistiese tipe seleksie wat aanneem dat dit 'n toevallige lukrake proses, is, maar geen bewys daarvoor het, nie. Hulle sien die proses werk, maar kan nie sê hoe die proses werk, nie - by ontwerp. Hulle maak sommer onwetenskaplik (ter wille van die oorheersende religieuse vereiste) dat dit toevallig en lukraak is, juis om die Goddelike betrokkenheid te ontken. Ten spyte daarvan dat die een wetenskaplike na die ander klem lê op die onbewysbaarheid van die 'origins' van die beweerde proses, volhard die darwinis daarmee bloot omdat sy darwinistiese religie dit van hom vereis.
Wat Wilson aanbetref – het jy opgemerk dat Ruse in sy blog, self vir Wilson aangehaal het?
Kobus de Klerk
Altyd die ontwykings van De Klerk se kant af en dit na Stephan die konteks daar gestel het. Hierdie laaste De Klerk plasing vermy juis weereens die uitdaging aan hom gestel om die huidige stand van Ruse se argumente te bespreek en nie net die wat deur De Klerk hier en daar gevind word nie.
Natuurlike seleksie vir die wat werklik belangstel kan soos volg beskryf word:
Waar het Ruse vir Bennett aangehaal?
Daar is nog 'n bekende naam wat oppop uit De Klerk se skrywes, Haldane.
Dalk sal De Klerk vir die lesers hier bevestig wie dit is en Haldane se stellings gemaak sodat dit geoordeel kan word.
Hierdie stinkbomme kan nie net deur De Klerk gegooi word nie sonder 'n beskrywing nie.
Die punte wat De Klerk wil wen is dus gebaseer op die volgende en is De Klerk dus nie werklik besorg oor die volledige argumente van Bennett, dit is net die Endler wat De Klerk hier vir sy oningeligte lesers kan bied en daarmee weer 'n paar punte wen:
Thus natural selection may affect the patterns of the origins of combinations of traits, even though it will not explain the mechanisms of their origins.....
Dit laat De Klerk dan toe om tot die volgende slotsom te kom:
Evolusioniste se darwinistiese tipe seleksie is dus óók op onbewysbare aannames staangemaak.
Aangesien De Klerk bogenoemde aanhaling gebruik het om te probeer "bewys" dat natuurlike seleksie nie bestaan nie is die volgende as korreksie daarop geplaas om die aanname wat De Klerk maak gebaseer op 'n vyfdehandse aanhaling te korrigeer:
Professor Endler finds that there are a remarkable number of direct demonstrations of selection in a wide variety of animals and plants. The distribution of observed magnitudes of selection in natural populations is surprisingly broad, and it overlaps extensively the range of values found in artificial selection.
Daar sal vir ewig gewag word om 'n verduideliking van De Klerk se kant af te kry waarin hy die betekenis hiervan verduidelik:
Thus natural selection may affect the patterns of the origins of combinations of traits, even though it will not explain the mechanisms of their origins....
Die betekenis is nie, dat natuurlike seleksie nie plaasvind nie.
Ook is daar nog geen oplossing oor die stelling gemaak deur De Klerk dat evo-devo kreasionisme ondersteun en nou weer platval.
Beteken dit, kreasionisme, "intelligente ontwerp" val ook nou plat.
Kan De Klerk aan sy lesers, Tant Alie ingesluit, verduidelik en dalk ook Uganda red van 'n inval?
Hello,
Hello,
Hello,
Wouter,
Die blote feit dat daar so wyd geskrywe word en polemiek gevoer word in die laaste tyd oor die religieuse aard van die darwinisme, wys jou dat dit werklikheid is - hoe jy ookal daarteen probeer skop.
Dus, weereens bied jou ellelange artikels puik ondersteuning vir my punt.
Darwinisme is religie gefopdos as wetenskap. Darwinisme misbruik wetenskap om sy anti-God punt te maak.
Dit is ook duidelik dat die dae van darwinisme as alleen aanspraakmaker op die podium van wetenskap, getel is. Daarom dat daar in darwinistiese geledere soveel uiteenlopende opinies daaroor is. Die werklike wetenskaplikes onder die geledere is bang dat darwinisme een van die dae uit die biologie klas verban sal word, na die klas van alternatiewe religieuse studies toe... waar dit natuurlik hoort. Dan is daar ook ander van hulle, wat soiets sal verwelkom, dink ek.
Feit is, hoe meer julle struwel, hoe meer gooi julle vet op die vuur wat darwinisme gaan verbrand. - en ons verwelkom dit ope arms, natuurlik.
Hou gerus so aan.
Kobus de Klerk