Die gekafoefel tydens die Engelse oorlog

  • 1

Dit is selde dat ons lees van Boere gedurende die Engelse oorlog wat aan gayseks aandadig was. Indien wel, bly hulle naamloos en het dit hoofsaaklik gegaan oor die lewens van die bekende gay Engelse, met die betrokke Boere wat, “just in passing” genoem word

Drie bekende gays. Cecil Rhodes die Engelse Imperialis. Lord Kitchener die veroweraar van die Boere. Maj Gen Hector Mac Donald, teenwoordig in beide die eerste en tweede Engelse Oorlog.

Dit is algemeen bekend dat Cecil Rhodes gay was met Jameson Starr (die berugte Jameson inval) as een van sy “lovers” . Maar Cecil het ook ‘n klompie jong Afrikaners in tou gehad, Afrikaners in sy diens. (Never married, had series of lover-like relationships with young men appointed as his secretaries – The Great Queers of History – Richard Norton).

Maar met Mac Donald is dit geskiedkundig opgeskryf dat hy met tenminste een Boere prisonier in Ceyon (Sri Lanka) ‘n sessie gehad. Hierdie einste Mac Donald het homself vanaf troep tot Maj Gen opgewerk, ‘n Skot, bekend as “Fighting Mac”, ‘n imponerende loopbaan. Selfs Gen Joubert was met hom be-indruk gewees. Met die slag van Majuba, was Mac Donald gevange geneem, maar is deur Gen Joubert eer betoon, deur sy swaard aan hom terug te besorg.

Later as opperbevelvoerder in Ceylon, het hy met ‘n Boere-prisonier ‘n seksuele sessie gehad (onder andere met die plaaslike seuns van invloedryke Britse koloniste ook). Hy word met krygsverhoor gedreig, vlug London toe, word oorreed om vir sy verhoor terug te keer, maar kies eerder selfmoord en skiet homself in Parys. Tot vandag toe, bly hy een van Skotland se groot helde.

Jaco Fourie

  • 1

Kommentaar

  • Hello Jaco, 

     
    Daar is nie veel wat ek kan byvoeg oor die historiese konteks nie aangesien hierdie nie juis 'n tydperk is wat deur my gevolg word nie, maar daar is 'n film wat uitstaan en my nou nog roer. Ek vermoed dit is gebaseer op die werk van Lourens van der Post en is die film weergawe getiteld, "Merry Christmas Mr Lawrence"
     
    Die verhaal is 'n moeilike verhaal van onderdrukte begeerte tesame met onmenslike wreedheid. 
     
    Volkome die verkeerde plek om liefde aan 'n man te probeer betoom, aangesien dit juis afspeel in die kampe van Ceylon. 
     
    "n Verstommende verhaal. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top