Seminare en essays

Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.

Wat bedoel hy Small het Kaaps in ’n joke-taal verander?

André Trantraal Academic research 2013-08-19

"As ek kyk na die taal waarin Small se werke geskryf is en ek kyk na dit waaroor geskryf word, behoort my antwoord te wees: Of course. Ek kan egter nie 'Of course' sê nie, want dit wás nie vir my geskryf nie. " André Trantraal skryf oor Adam Small, Nathan Trantraal en Kaaps.

En jy sal die waarheid ken

Retha Benadé Boeke en skrywers 2013-08-13

"Teoloë praat verskillende tale, sommige kerke probeer omhels, ander jaag die homoseksuele mens summier weg. Heteroseksualiteit kraai koning as die normatiewe en homoseksualiteit dans in die skadu’s daarvan." Retha Benadé lees en bespreek Eileen en Geoff Stenekamp se Homoseksualiteit – ’n studie deur die ouers van ’n gay seun.

About Beauty: A love letter

Izak de Vries 2013-08-12 "This is a love letter to some of the most remarkable full stops in the world, and to their friends. It could also have been an essay about beauty, but I’d rather treat it as the former."

Michael le Cordeur gesels oor Kaaps

Michael le Cordeur, Naomi Meyer Academic research 2013-08-08

"... dit bewys dat leerders wat in Kaaps opgroei, beter vaar in toetse as die toetse in Kaaps gestel word. Tans moet hulle uit boeke lees wat ver verwyderd is van hul huistaal."

Taaldiens by die Suid-Afrikaanse Polisiediens

Danie van Wyk 2013-08-06 "Dit het onlangs aan die lig gekom dat daar lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is wat nie Afrikaans-taalvaardig is nie, maar wel in ’n gemeenskap/dorp gestasioneer word wat van huis uit Afrikaans is."

Kaaps is nie 'n joke-taal – Robert J Pearce antwoord Nathan Trantraal

Robert J Pearce Academic research 2013-08-05

"Nathan, jy is verkeerd as jy die twee gekanoniseerde swart Afrikaanse skrywers Adam Small en Peter Snyders soos volg beskuldig: 'En dit is wat ek teen (die bruin skrywers) Adam Small en daai Peter Snyders het … hulle het dit ’n joke-taal gemaak.'"

LitNet Akademies-resensie-essay: Alfabet van die voëls – ’n Intertekstuele labirint

Marietjie Lambrechts 2013-08-01 Naudé keer na sestien jaar in die buiteland terug na Suid-Afrika. Alfabet van die voëls is deels die produk van ’n meestersgraadstudie in kreatiewe skryfkuns onder leiding van Marlene van Niekerk aan die Universiteit Stellenbosch.

Julle kan nie ’n egte gemeenskap sonder ons wees nie

Laurie Gaum 2013-08-01 Laurie Gaum lees en bespreek Eileen en Geoff Stenekamp se Homoseksualiteit – ’n studie deur die ouers van ’n gay seun.

Is universiteite besig om hulleself te vervreem?

Gert van der Westhuizen 2013-07-19 Gert van der Westhuizen skryf oor die moderne universiteit.

LitNet Akademies-resensie-essay – “Over de gehele oppervlakte een veld”: Alfred Schaffer en Mark Rothko

Phil van Schalkwyk 2013-07-17 "Soos verderaan sal blyk, staan die poësie van Schaffer in ’n ingewikkelde verhouding tot die werklikheid. Hy is sekerlik nie, in die konvensionele sin, ’n 'betrokke' digter nie."

’n Bespreking van die appèlhofuitspraak in Minister van Polisie v Frederik Barend van der Vyver

Gustaf Pienaar 2013-07-15 "In hierdie bespreking bepaal ek my by die betrokkenheid van superintendent Bartholomew – hoofspeler in die sogenaamde "bloedspoor"-getuienis – by die vervolging van Fred van der Vyver, asook die betrokke howe se uitsprake in daardie verband."

Klippies Kritzinger: Waarom volkskerk en die gelaaide term?

Klippies Kritzinger 2013-07-03 "Die vraag oor die nuttigheid van ’n debat oor die begrip volkskerk is vir my in die eerste plek ’n vraag of die begrip volk in Suid-Afrika losgemaak kan word van die konnotasie van rasse-identiteit."

A history of violence – and bullfighting

AC Coubleigh 2013-06-28 "South African writer John M Coetzee’s public appeal to Spain’s Cultural Committee contemplating the decision of whether or not to legally protect bullfighting as a 'cultural pastime' essentially pleads with the country’s lawmakers ... to be 'nicer' to unaware and unfortunate bulls."

Volkskerk: 'n Webseminaar

2013-06-24 Hermann Giliomee: “Die Afrikaners het al van ’n baie vroeë stadium die idee van ’n volkskerk gehad. Die kerk moet gaan kyk wat die verhouding is met die volk waarin hy geplaas is. Is hy ’n volkskerk of is hy nie ’n volkskerk nie?”

In gesprek met ... Sjef van Erp

Carina van der Walt 2013-06-19 “Suid-Afrika is vir my teoreties interessant, omdat Suid-Afrika wêreldwyd ’n voorbeeld is van wat ’n mens ’n gemengde regstelsel noem. Die Romeins-Hollandse reg en die Engelse reg funksioneer saam."

LitNet Akademies-resensie-essay: Só maak Afrikaans ons

Sandra Troskie Academic research 2013-06-04

"Kan ons kennis van die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans ons dalk help om iets van die passie te verstaan wat sommige van haar gebruikers vir haar het?"

Verpligte Zoeloe by UKZN: bestuursbesluit, plekhouer of veeltaligheidsbaanbreker?

Jaco Alant 2013-06-04 "... taal was maar altyd ’n voorwendsel vir iets anders. Nou wil ek nie voorgee dat UKZN se gebasuinde ontwikkeling van die Zoeloetaal sonder meer gaan oor 'ras' nie. Maar dat dit wel gepaard gaan met ’n stywe dosis ideologie ... is redelik seker."

Uitnodiging: 3de Karoo Ontwikkelingskonferensie

2013-05-31 Die derde Karoo Ontwikkelingskonferensie vind op 10 en 11 Oktober 2013 op Philipstown plaas.

LitNet Akademies-resensie-essay: In die afwesigheid van sin deur Susan Smith

Reinhardt Fourie 2013-05-29 "Hierdie vroulike verwantskap strek verder as die streng biografiese. Dit dui op die verwantskap tussen vrouedigters en jonger generasies wat hulle opvolg en eer, maar ook van hulle verskil, hulle bevraagteken, parodieer, spot – en figuurlik dood."

Volkskerk en die eenheid van die kerk

Jaap Durand 2013-05-21 "Kortliks kom dit daarop neer dat die teologiese oorwegings vir die selfstandige bestaan van kerke wat uit sendingwerk na vore gekom het, in dié geval van die NG Kerk, later misbruik is om die bestaan van aparte 'dogterkerke' te regverdig, terwyl die werklike rede vir die uitsluiting van die bruin gemeenskap uit die NG Kerk in 1857 die “swakheid” van sommiges was, ’n eufemistiese beskrywing van rassisme in die kerk."
Top