Vrymesselary voor die aanvang van die Suid-Afrikaanse Oorlog

  • 1

1. Inleiding

 

Die Vrymesselary in Suid-Afrika het in 1772 begin toe die eerste Nederlandse losie, die Goede Hoop Lodge, in die Kaap gevestig is.1

In 1972, 200 jaar na die vorming van die eerste Vrymesselaarslosie in Suid-Afrika, was daar meer as 500 Vrymesselaarslosies in Suid-Afrika met meer as 25 000 lede.2

 

2. Wat is Vrymesselary?

Die Vrymesselaars is ’n wêreldwye humanitêre organisasie slegs vir mans. Lidmaatskap geskied op uitnodiging na afloop van ’n inlywingsproses. Die belangrikste funksie van ’n Vrymesselaar is om betrokke te wees by liefdadigheidswerk en by gemeenskapsontwikkeling.

Die organisasie van Vrymesselary het geheime elemente: sekere aspekte van die interne funksionering van die organisasie is nie openbare kennis nie, ten spyte van die Vrymesselaars se aanspraak dat hulle nie ’n geheime organisasie is nie, maar eerder ’n organisasie met geheime. Die private aspekte van die moderne Vrymesselary hou verband met interne rituele, asook die metodes van herkenning van medelede binne die ritueel.3

Die Vrymesselaars het geen sentrale struktuur of gesag nie en elke jurisdiksie funksioneer onafhanklik van enige ander jurisdiksie. Die hoogste gesag van enige Vrymesselaarsjurisdiksie is die Grootlosie (Grand Lodge), of die Groot-Ooste (Grand East), soos dit ook genoem word. Die oppervlakte-area van die Grootlosie bepaal of die gebied in provinsies, distrikte of metropolitaanse gebiede onderverdeel word.

’n Losie is die mees basiese organisasie van die Vrymesselaars. Elke losie moet gewaarborg word deur ’n Grootlosie. Vrymesselaars kom as ’n losie bymekaar en die lede word as die losie beskou.

’n Voornemende lid van die Vrymesselaars moet aansoek doen en sodanige aansoek moet deur ’n bestaande Vrymesselaar gereël of gefasiliteer word. Slegs ’n bestaande Vrymesselaar kan ’n lid voorstel. Nadat die aansoeker die losie besoek het, word sy aansoek aanvaar of verwerp deur middel van ’n geheime stemming: enige “swart bal” (’n nee-stem) wat tussen die “wit balle” (die ja-stemme) in die stemkassie gevind word, diskwalifiseer die kandidaat.

Om te kwalifiseer as ’n kandidaat vir die Vrymesselary, moet jy noodwendig ’n man wees wat:

  • uit vrye keuse aansluit
  • in ’n Opperwese glo
  • minstens 18 jaar oud is
  • geestesgesond is en oor ’n goeie reputasie en moraliteit beskik
  • vry is (slawe mag nie lede word van die Vrymesselary nie)
  • oor een of twee getuigskrifte van aktiewe Vrymesselaars beskik.

AS Frere skryf in sy boek Grand Lodge 1717–1967 die volgende oor die ontstaan van Vrymesselary:

[T]he social, economic and industrial history of England from the 11th to the 16th Century, is largely interwoven with the rise and development of gild (guild) organisations. … Todays speculative Freemasonry owes its origins to the ancient trade of stonemasons and its underlying philosophy to the 18th Century Enlightenment.4

Vrymesselary het vanaf Engeland regoor Europa versprei. Die eerste Vrymesselaarslosie in Nederland is in 1731 gevestig.5 Danksy die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie het Vrymesselary vanaf Engeland, via Nederland, ook beslag in Suid-Afrika gevind.

 

3. Kort oorsig

Hierdie artikel fokus op die werksaamhede van die Vrymesselaars voor die Anglo-Boereoorlog, oftewel (soos dit vandag by voorkeur bekend staan) die Suid-Afrikaanse Oorlog. Dié eerste artikel gee ’n kort oorsig oor die werksaamhede van die Vrymesselaars voor die aanvang van hierdie oorlog (1899–1902).

Die Nederlandse skeepskaptein Abraham van der Weijde het die aanvoorwerk vir die eerste Vrymesselaarslosie gedoen wat op 2 Mei 1772 in Suid-Afrika gestig is.6 Abraham Chiron, ’n amptenaar van die Nederlandse regering, is op hierdie eerste vergadering van ’n Vrymesselaarslosie in Suider-Afrika verkies tot Meester van De Goede Hoop Lodge.7

In 1795 het die eerste Britse anneksasie van die Kaap plaasgevind. Heelparty van die Britse soldate was Vrymesselaars en op 28 Januarie 1798 het ’n Britse Militêre Lodge, genaamd Africa No 1, of ook genoem De Afrikaan, hul eerste werking in die Nederlandse losie, De Goede Hoop Lodge, gehou.8

Na die tweede Britse anneksasie van die Kaap in 1806 is die eerste volwaardige Engelse losie, The British Lodge, in 1811 in die Kaap gestig.9

In 1828 het die aantal Engelse losies in die Kaap tot drie gegroei.10 In 1828 is daar ook ’n Engelse losie, die Albany Lodge, in Grahamstad gevestig.11 Die Nederlandse losies het in daardie tyd ook stadig maar seker uitgebrei. So het daar in 1834 ’n Nederlandse losie, De Vereeniging Lodge, op Graaff-Reinet geopen.12

In 1824 het die Franssprekende Kapenaars self ook hul eie Franse losie, die L‘Esperance Lodge, in Kaapstad geopen.13

Die eerste politieke turbulensie wat die Vrymesselary in Suid-Afrika belewe het, was ten tye van die Groot Trek (1835{1838). Verskeie Voortrekkers was aktiewe Vrymesselaars, van wie Piet Retief die bekendste was.14

JC van der Walt skryf in sy boek Zululand True Stories: 1780–1978 die volgende oor Piet Retief:

Kaptein Duncan Campbell, Albany se magistraat, verklaar Retief “nulla bona” op 18 April 1832 en Retief word tronkstraf opgelê. Retief ontduik die gereg, maar in Augustus 1832 word hy in Grahamstad vir die wanbetaling van verskeie skuldbewyse opgesluit. Hy weier om 58 gelling vir “ou-Madeira wyn” aan sy vriend en mede-Vrymesselaar, Benjamin Norden, te betaal. Norden het Retief verskeie kere vir skuld gedagvaar. Uiteindelik het Norden sy eis afgeskryf en Retief se skuldbriewe betaal … John Mandy, die eienaar van die Freemason’s Tavern van die Albany losie in Grahamstad, het Retief in Januarie 1837 vir 228 rijksdaalers gedagvaar vir “drank, losies en vermaaklikheid aangebied en verskaf op versoek deur Piet Retief”.15

Cooper som die tydperk rondom die Groot Trek soos volg op:

Freemasonry was not impervious to these (Groot Trek) events. Many masons, both English and Dutch, had to resign, unable to pay their duties. Expansion of the Craft seemed impossible while the outlying lodges – Albany (Grahamstad) and De Vereeniging (Graaff-Reinet) – often did not meet.16

In die 1840’s het daar ’n tydelike breuk tussen die Engelse en Nederlandse losies in die Kaapkolonie plaasgevind. Hierdie breuk het ’n duidelike politieke ondertoon gehad. Die breuk het ontstaan nadat The Cape Town Mail op 21 Januarie 1843 ’n berig geplaas het insake ’n dinee wat op 14 Januarie 1843 by die Nederlandse losie, die De Goede Hoop Losie, plaasgevind het.17 Hierdie Nederlandse losie het die dinee gehou ter ere van die Nederlandse skeepsoffisiere van die Palembang, wat op daardie tydstip op besoek aan die Kaap was. Volgens The Cape Town Mail het ’n M Thalwitzer, wat van die De Goede Hoop Losie ’n lid was, ’n heildronk ingestel op die Nederlandse koning en later ook een op die Britse koningin.18 The Cape Town Mail het in hul beriggewing oor hierdie dinee beweer dat toe Thalwitzer die heildronk op die Britse koningin ingestel het, die Afrikaners wat teenwoordig was, geskree het: “’no, no!’ And turned their glasses upside down to show their disapproval of the toast. Shocked, Thalwitzer exclaimed, ‘This is too bad’, and left.”19 In dieselfde berig het The Cape Town Mail een van die senior lede, Michiel van Breda, van die De Goede Hoop Losie aangehaal wat na bewering die bogemelde insident sou beskryf het as “an almost incredible manifestation of disloyal and anti-British feeling”.20

Die bogemelde kontroversie was egter die sameloop van misverstande en twee dae na die verskyning van The Cape Town Mail het drie Vrymesselaars van die De Goede Hoop Losie die saak by die goewerneur, sir George Napier, gaan regstel.21 Die drie Vrymesselaars was CL Herman, Pieter van Breda en WF Hertzog. Hierdie WF Hertzog was Willem Frederik Hertzog, broer van Dirk Willem Hertzog, die oupa van generaal JBM Hertzog.22 Beide Willem Frederik Hertzog en Dirk Willem Hertzog was lede van die De Goede Hoop Losie.23

Die feite rakende hierdie insident was dat daar op die betrokke dag ’n gholfkompetisie tussen ’n Britse en ’n Nederlandse span was. Die Nederlandse span het die gholftoernooi gewen, en die heildronke die betrokke aand het oor die spanne gehandel. Volgens die drie here het alles in ’n ligte luim geskied. Hulle het vertel dat die heildronk nie oor die Britse of Nederlandse koningshuise gegaan het, soos deur The Cape Town Mail berig is nie, maar wel oor die gholfspanne van die betrokke dag.24

In die volgende uitgawe van The Cape Town Mail, 28 Januarie 1843, meld die redakteur dat die koerant vir 2 500 pond vir beweerde laster gedagvaar word.25 Die uiteinde van die saak is dat die koerant na afloop van ’n hofsaak beboet is en 20 pond skadevergoeding aan Pieter van Breda moes betaal weens hul verkeerde beriggewing oor die gebeure in die De Goede Hoop Losie.26

Die bogemelde insident het wel spore van spanning tussen die Britse en Nederlandse losies gelaat, veral toe Thalwitzer op 3 Maart 1843, as gevolg van De Goede Hoop Losie se anti-Britse sentimente, uit die Nederlandse losie bedank het om hom by die Engelse losie aan te sluit.27

Die spanning tussen die Britse en Nederlandse (Afrikaanssprekende) losies het in daardie tyd voortgeduur, veral nadat sir Christoffel Brand, vader van die latere Vrystaatse president, Jan Brand, Grand Master van al die Nederlandse losies in Suider-Afrika geword het. Sir Christoffel Brand was vanaf 1847 tot 1874 hoof van die Nederlandse losies in Suider-Afrika.28

 

4. Die era van sir Christoffel Brand

Die rede vir die spanning was tweërlei: eerstens het sir Brand in 1861 ’n binnelandse toer onderneem en ’n aksie begin om Nederlandse losies met ywer in die noorde te vestig. Sy toer het gelei tot die vestiging van die Rising Star Lodge op Burghersdorp en die Free State Unie Lodge in Bloemfontein.29

Die tweede rede vir hierdie spanning was sir Brand se rol as speaker in die Kaapse parlement en die groeiende politieke mag van die Afrikaners tydens sy termyn. Die Engelssprekende Kapenaars het toenemend begin voel dat hulle hul dominasie in die Kaapse politiek ten koste van die Afrikaners begin prysgee.

Tydens die era van sir Christoffel Brand het die Nederlandse losies met rasse skrede uitgebrei. Die Excelsior Lodge is op 18 Januarie 1865 in Willowmore geopen,30 en later het losies op Richmond, Paarl, Somerset-Oos, Adelaide en Malmesbury gevolg.31

Op 5 April 1865 is Jan Brand, seun van sir Christoffel Brand, tot president van die destydse Oranje-Vrystaat verkies.32 Onder beide dié here se leiding is daar talle Vrymesselaarslosies in die Vrystaat geopen, waarvan ’n losie in Bloemfontein, asook ’n losie in Philippolis, Winburg, Jagersfontein, Smithfield en Ficksburg onder die eerstes was.33

In die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR), waar president Marthinus Wessel Pretorius aan die stuur van sake gestaan het, is daar ook enkele Vrymesselaarslosies gevestig. Die eerste was die Flaming Star of Africa Lodge wat op 22 Mei 1865 in Potchefstroom in bedryf gestel is.34

Die daarstelling en uitbreiding van nuwe losies onder die voogdyskap van die Nederlandse werking, waarvan sir Christoffel Brand die Grand Master was, het skerp kritiek van beide die Skotse en Britse losies in Suider-Afrika ontlok. Volgens die Skotse en Britse losies was al hierdie nuutgestigte losies onwettig, omdat hulle in stryd met die bepalings van die sogenaamde 1770 Convention gestig is.35

Brand se reaksie op die Skotse en Britse losies se beskuldiging was as volg:

The Grand Lodge of Holland, created by the Grand Lodge of England, had in 1770, asked for acknowledgement of its status, promising that, if the Grand Lodge of England would agree in future not to constitute any new lodge within its jurisdiction, the Grand Lodge of Holland would observe the same restrictions in respect of all parts of the world where lodges were already established under the patronage of England.36

AA Cooper, wat ’n magisterverhandeling oor die ontstaangeskiedenis van die Vrymesselary in Suid-Afrika geskryf het, bied die volgende inligting omtrent hierdie debat:

This declaration formed the basis of the so-called 1770 Convention. It had been tacitly ignored in the Cape for nearly a hundred years, until in 1862 John Saunders, founder in 1860 and master of the first Scottish lodge in South Africa, Southern Cross Lodge, Cape Town, questioned Brand’s authority and that of the Nederlandse Constitutie in South Africa which he headed.

When Brand was about to issue provisional warrants in 1862 to masons in George and Burghersdorp, Saunders disputed his right to do so, claiming that under the 1770 Convention, the fact that it was now under British rule, prevented Dutch Masonic expansion.37

Brand het in sy boek Masonic Epistle onthul dat John Saunders ’n groep Vrymesselaars in George (Wes-Kaap) genader en adviseer het om ’n losie daar te vestig. Saunders het hulle adviseer, aldus Brand, om hierdie nuwe losie te open onder die voogdyskap van die Grand Lodge of Scotland. Brand het verder onthul dat Saunders onsuksesvol was en dat die Vrymesselaars in George verkies het om onder sy (die Nederlandse werking se) voogdyskap te val, en dat hierdie feit die hoofrede was vir die ongelukkigheid by die Skotse en Engelse losies.38

Die bogemelde debat het voortgeduur en later is losies noord van die Oranjerivier ook daarby betrek. In Junie 1867 het die Grand Lodge of England besluit dat “the 1770 Convention outlining territoriality of Masonic constitutions in the world did not apply to South Africa where English and Dutch lodges existed side by side since 1811 on the neutral grounds of the Cape.”39

Na sir Brand se oorwinning in hierdie debat het hy in Januarie 1869, op die ouderdom van 73 jaar, weer ’n toer noorde toe aangepak om nog Vrymesselaarslosies te vestig. Hy kon egter nie op Fraserburg ’n Nederlandse losie gevestig kry nie. In Oktober 1869 skryf ’n Vrymesselaar, JL Doësel van Fraserburg, aan Brand: “The Dutch brethren are happy to start a lodge here – the English don’t want to work under the Dutch constitution and we, of course, return the compliment. It is a great pity the wealthiest masons here are English … the Dutch are too few to afford the cost of a Lodge.”40

 

5. Die idee van ’n eie “United Grand Lodge of South Africa”

Met die vorming van onafhanklike provinsiale losies in die ZAR, die Oranje-Vrystaat en Natal, het daar toenemend ’n behoefte ontstaan dat daar meer streeks- of provinsiale Grand Lodges gevorm moet word en dat Suider-Afrika ook oor sy eie United Grand Lodge of South Africa, onafhanklik van die Grand Lodge of England, moes beskik. Die Harmony Lodge van Richmond (Noord-Kaap) was die eerste wat so ’n behoefte uitgespreek het. Op 10 September 1870 het hulle die volgende skrywe aan al die ander losies gerig:

That considering the great spread of masonry in the Colony and the position taken up by the several lodges, this lodge would respectfully submit to the Provincial Grand Lodge whether the time has not arrived that there should be established in this Colony a separate and distinct Grand East which might embrace the different lodges working at present under different Grand Easts. This lodge would therefore urge such a step would lend materially to establish a more firm bond between the Craft, being then like children of one parent, calling for their united support and granting them its fostering call.

Considering the large amounts annually sent to Europe by the different lodges working under different Grand Easts, this lodge concludes that such sums might be more beneficially spent in the Colony in providing education and assistance to the families of so many brethren in this Colony who are now debarred from seeking those advantages in the establishments in Europe which have been brought into existence by the assistance of the fees levied in the Colony, not doubting that the establishment of a Grand East in the Colony will cause the Brethren to contribute more largely towards those noble purposes which our Holy Order has in view – whereas now they have not had the privilege of seeing the fruits to their charity in that the funds are devoted to establishments in foreign countries.”41

Op 19 Desember 1870 is daar ’n skrywe aan al die Vrymesselaarslosies in die Kaapkolonie gestuur wat die hele idee van streekslosies en ’n onafhanklike United Grand Lodge of South Africa as ongewens verklaar het. In teenstelling met hierdie skrywe het die Flaming Star Lodge van Potchefstroom die volgende verklaar: “A Provincial Grand Lodge should be established in these parts [die Vrystaat en die ZAR] and should be named the Provincial Grand Lodge of the Orange Free State and Transvaal territories.”42

 

6. Die ontdekking van diamante en goud

Die eerste diamant is in 1867 in Suid-Afrika deur die 15-jarige Erasmus Stephanus Jacobs, die seun van ’n veeboer in die distrik Hopetown, ontdek. Erasmus se moeder het die klippie wat haar seun opgetel het, aan ’n besoeker, Schalk van Niekerk, getoon. Hy het vermoed dat dit ’n diamant kan wees en het dit deur bemiddeling van ’n Colesberg-handelaar, John O’Reilly, na die staatsmineraloog, ene dr Atherstone, in Grahamstad gestuur. Atherstone het bevind dat dit inderdaad ’n diamant was, en wel van 21,75 karaat. Die diamant, na O’Reilly vernoem, en ook soms die Eureka-diamant genoem, is vir 500 pond aan die Kaapse goewerneur, Sir Philip Wadehouse, verkoop.43

In 1869 het Schalk van Niekerk ’n veel groter diamant by ’n Griekwa vir 500 skape, 10 osse, ’n perd, saal, toom en geweer – feitlik alles wat hy besit het – geruil. Die diamant van 83,25 karaat is vir 11 200 pond verkoop. Toe dit in die Kaapse parlement ten toon gestel is, het die koloniale sekretaris, sir Richard Southey (prominente Vrymesselaar van die Engelse losie in die Kaap), die voorspelling gewaag dat die toekoms van Suid-Afrika op rots gebou sou word.44

Teen 1870 het die stormloop na die diamantvelde in die omgewing van die sameloop van die Vaal- en die Oranjerivier in alle erns begin. Teen 1871 was daar reeds 5 000 delwers in die omgewing van die Vaal- en Hartsrivier.

Delwers wat dit nie langs die rivieroewers gelukkig getref het nie, het in groot getalle op die sogenaamde “droë delwerye”, waar die vondste selfs nog belowender gelyk het, toegesak. In die Vrystaat het die weduwee Jacoba Visser se plaas Jagersfontein, en ’n ander nabygeleë plaas, Koffiefontein, die eerste groot vondste opgelewer.45 ’n Kort rukkie later is diamantdraende grond ook by Du Toitspan, op die plase Dorstfontein en Bultfontein, nader aan die sameloop van die Vaal- en die Oranjerivier, ontdek.46

Kimberley is in Mei 1871 gestig nadat diamante op die plaas Vooruitzicht ontdek is. Die plaas het aan twee De Beer-broers behoort en het spoedig as De Beer’s Rush bekend geword. Die twee broers het die plaas vir 6 000 pond verkoop.47

Op 5 Junie 1873 is die dorp Vooruitzicht se naam na Kimberley verander, ter ere van die graaf Kimberley wat in daardie stadium die Britse minister van kolonies was. Kimberley het onder ander gekla dat hy nie die naam Vooruitzicht kon uitspreek nie en dat die naam De Beer’s Rush nie waardig genoeg vir ’n dorp in die Britse Ryk was nie. Intussen is Du Toitspan se naam ter ere van die Britse premier na Beaconsfield verander.48 In 1876 was daar al meer as 8 000 blanke en meer as 12 000 swart en bruin inwoners in Kimberley.49

Teen 1850 was dit algemeen bekend dat daar goud in die Noord-Transvaal is. Die Voortrekkerleier Louis Trichardt het reeds in 1836 in sy dagboek aangeteken dat inboorlinge noord van die Soutpansberge ringe maak van goud wat hulle uit die riviere gehaal het.50

Die soektog na goud in die Transvaal is egter bemoeilik deur die Voortrekkers (later die Volksraad van die ZAR), wat ’n verbod op goudprospekteerdery geplaas het. Hulle het tot dié stap oorgegaan uit vrees dat die ontdekking van goud tot ’n stormloop van “uitlanders” sou lei en moontlik self tot inmenging deur Brittanje.51

John Henry Davis het, ondanks die bogemelde verbod, in 1852 goud op die plaas Paardekraal (Krugersdorp) ontdek en die goud vir 600 pond aan die destydse Transvaalse regering verkoop.52 Pieter Jacob Marais het in 1853 ook goud langs die Jukskeirivier (Johannesburg) ontdek. Beide hierdie ontdekkings is aanvanklik deur die ZAR-regering streng geheim gehou.53

Na die bogemelde ontdekkings is goud eers weer in 1868 in betekenisvolle hoeveelhede deur ’n Duitser, Karl Mach, naby die Tati-rivier in Botswana ontdek.54

Die eerste ware goudmaatskappy in die destydse Transvaal was die Lydenburg Gold Prospecting Company, wat in 1871, na Edward Button se opsienbarende vonds by Spitskop naby Potgietersrus (vandag bekend as Mokopane), gestig is. In Oktober 1871 het die Lydenburg Gold Prospecting Company die Eerstelingmyn by Marabastad in bedryf gestel.55

Die ZAR-regering was in 1871 in ’n groot finansiële verknorsing en onder leiding van die liberale president TF Burgers (wat ’n ywerige Vrymesselaar was) is prospekteerdery toe in die ZAR toegelaat. In 1873 is spoelgoud in die distrik Lydenburg op plase wat gesamentlik aan Harry Struben en Piet Marais behoort het, ontdek.56

Op 14 Mei 1873 het president Burgers die Lydenburgse gouddelwerye geproklameer en in September het hy die distrik besoek.57

Die ontdekking van diamante en goud noord van die Oranjerivier het ’n wesenlike impak op die werksaamhede van die Vrymesselaars gehad, veral toe die Britse regering in 1870 die gebied rondom Kimberley (Griekwaland-Wes) geannekseer het. Op 28 Junie 1872 is die Cosmopolitan Lodge (’n Engelse losie) in Kimberley geopen.58

A Rogaly, meester van die Cosmopolitan Lodge skryf in 1873:

[T]here was a flourishing community at Dutoitspan and another at Bultfontein. Masonic temples soon became a feature in the Diamond Fields, with lodges building their own temples, no doubt to escape the high rents. Cosmopolitan Lodge had its first meeting in its new building, The New Temple, at Kimberley, New Rush, De Beers.59

Unable to find accommodation at reasonable rental, the Dutch lodge, Peace and Harmony with considerable speed renovated premises behind the market square at Dutoitspan and held its first meeting there on 14 October 1873.”60

 

7. Die anneksasie van die ZAR

Lord Carnarvon, die Britse minister van kolonies, het na die ontdekking van goud en diamante in Suid-Afrika duidelik aspirasies gehad om die twee Boere-republieke, die ZAR en die Oranje-Vrystaat, onder Britse beheer te kry.

Teen die einde van 1876 het lord Carnarvon se federale planne in Suid-Afrika nog geen vrugte afgewerp nie. Hoewel president Jan Brand van die Vrystaat in 1876 in Londen aan ’n konferensie deelgeneem het waar die moontlikheid van ’n federasie bespreek is, het hy geen beloftes gemaak nie. Die ZAR was glad nie by hierdie konfederasie in Londen verteenwoordig nie. Die potensiële rykdom van die ZAR en die ekonomiese onafhanklikheid wat die ZAR weens ’n spoorlyn na Delagoabaai sou verkry, het Brittanje onrustig gestem. Die federasie moes so gou moontlik afgedwing word. Lord Carnarvon het sir Theophilus Shepstone, kommissaris vir die swart mense in Natal, gestuur om die ZAR te annekseer.61

Carnarvon het gereken dat toestande gunstig vir anneksasie was. President TF Burgers was in onguns by die meeste Boere in die ZAR, sy staatskas was leeg, en die oorlog teen Sekoekoeni het Britsgesindes die geleentheid gebied om voor te gee dat die ZAR aggressief teen die swart bevolking optree, en boonop nie die swartes binne sy eie grense in toom kon hou nie.

Shepstone het op 22 Januarie 1877 met 25 berede polisiemanne en agt amptenare in Pretoria as afgevaardigdes van die Britse koningin aangekom om sekere griewe met president Burgers te bespreek. Hulle het die ware doel van hul besoek verberg en is vriendelik verwelkom. Gedurende die samesprekings oor die griewe, wat almal oordrewe was, het Shepstone sy ware oogmerk duidelik gemaak. Op 11 April 1877 het Burgers formeel teen die anneksasie protesteer, maar die volgende dag het Shepstone voortgegaan om die ZAR as Britse gebied te annekseer.62

Die ZAR se Volksraad het in Desember 1880 vergader en ’n krygswet is afgekondig en die eerste skote van die Eerste Vryheidsoorlog is afgevuur. Op 27 Februarie 1881 het die Boeremagte die Engelse oortuigend by Amajuba verslaan. Danksy hierdie veldslag het die ZAR weer sy eie onafhanklikheid, onder sekere voorwaardes, van die Britse Koninkryk terug verkry.63

Cooper skryf in sy magisterverhandeling die volgende oor die werksaamhede van die Vrymesselaarslosies ten tye van hierdie Eerste Vryheidsoorlog in die ZAR:

At the start of 1879 the Nederlandse Constitutie had three lodges in the Transvaal: Aurora Loge at Pretoria, Flaming Star at Potchefstroom and Orange Lodge at Rustenburg.

The English Constitution had one lodge, the Transvaal Lodge at Pretoria, founded in 1878. This lodge apparently continued working even during the 89-day blockade of Pretoria in 1880–1881.

In Cape Town, where the war had hardly been felt, attempts were made by the Dutch Provincial Grand Lodge to form an inter-constitutional education fund to help widows, children and orphans of masons.

Informal meetings between English and Dutch [Afrikaanssprekende] Masonic authorities were held at the instigation of a Dutch mason, ML Klisser, in 1880, but the first formal meeting in August 1881 was never held as the English District Grand Lodge representatives earlier resigned en bloc, leaving Klisser “insulted and disgusted” at their action.64

Die troebel verhouding tussen Boer en Brit is egter gou oorskadu deur die ekonomiese sorge wat voortgespruit het uit depressie van 1882 tot 1886.65 Honderde Vrymesselaars was verplig om te bedank, en tientalle Vrymesselaarslosies het gesluit. JF Marshall, tesourier van die Dutch Provincial Grand Lodge in Kaapstad, skryf gedurende Augustus 1885 in die losie se notuleboek:

While retrenchment and the Question of Ways and Means appears to be universal theme of those in profane world, I regret to say that we in this Worshipful lodge cannot escape the consequences of the continued depressed state of financial affairs in the Colony. There are only twelve lodges working in the colony. The Provincial Grand Lodge is desperately short of money. 66

 

8. Cecil John Rhodes en die goud op die Witwatersrand

In 1890 het ’n baie invloedryke Vrymesselaar, Cecil John Rhodes, met die steun van JH Hofmeyr (op daardie stadium die Meester van die Nederlandse losies in die Kaap) se Afrikanerbond (die Afrikanerbond was die politieke party van die Afrikaners in die Kaapkolonie), die premier van die Kaapse parlement geword.67 Gerugsteun deur sy persoonlike finansiële mag, was Rhodes in 1890 in ’n besonder gunstige posisie om sy ideale vir ’n verenigde Britse Suid-Afrika te verwesenlik. Hy het uit die staanspoor verklaar dat hy as premier van die Kaap slegs Suid-Afrikaanse politiek sou bedryf, waarmee hy bedoel het dat hy die belange van Suid-Afrika as geheel sou bevorder en enige ontwikkeling van onafhanklikheid van die Boere-republieke sou teëwerk.

Die pogings van Britse imperialiste om die ZAR by die Brits-beheerde federasie te betrek, of in ’n kolonie in te dwing, het teen 1894 nog geen vrugte afgewerp nie. Hulle het wel daarin geslaag om die ZAR se uitbreiding ooswaarts na Swaziland te fnuik en die beleid van omsingeling ’n stap verder te voer deur die anneksasie van Rhodesië (nou Zimbabwe) in 1894. Betsjoeanaland (nou Botswana) het reeds in 1885 ’n Britse protektoraat geword en Zoeloeland is in 1887 geannekseer.68

Die spoorlyn tussen Pretoria en Delagoabaai, wat die ZAR onafhanklik van Britse hawens sou maak, is egter in 1894 voltooi en die daaropvolgende jaar in gebruik geneem.

Rhodes het gevrees dat die ZAR met sy goudrykdom en ’n eie spoorweg na Delagoabaai tot die ekonomiese reus van Suid-Afrika sou ontwikkel en daardeur sy wil op die Britse gebiede sou kon afdwing. Hy was bereid om enige middel aan te wend om die ZAR se onafhanklikheid te beëindig. Die sogenaamde uitlandervraagstuk wat in Johannesburg ontstaan het, het aan hom en die ander imperialiste ’n gulde geleentheid gebied om hulle met die ZAR se binnelandse aangeleenthede te bemoei.69

 

9. Die Jameson-inval

Die buitelanders wat sedert die ontdekking van goud in 1886 in groot getalle na die Witwatersrand gestroom het, het ’n blywende deel van die bevolking van die ZAR geword. Hulle is deur die vroeër, gevestigde bevolking (die Boere) as ’n bedreiging beskou. Die Boere het gevrees dat die uitlanders hulle uiteindelik weens getalle sou oorweldig en dat hulle, wanneer hul burgerregte verkry het, die regering van die land sou oorneem, die Afrikanertradisies sou ondermyn en moontlik selfs Britse anneksasie sou verwelkom. Die tradisionele plattelandse leefwyse van die Boere was onversoenbaar met die stedelike kapitalisme van die uitlanders. Uit die staanspoor was verhoudings tussen die twee bevolkingsgroepe gespanne.

President Paul Kruger en die Volksraad het nogtans besef dat die uitlanderbevolking nie geïgnoreer kon word nie. Reeds in 1887 het Kruger die goudvelde besoek en onderneem om soveel moontlik van die uitlanders se griewe uit die weg te ruim. Hulle was veral ontevrede oor die hoë lisensiegelde en hoë invoerregte. Hulle het aangedring op ’n eie munisipale regering en wou eiendomsreg op hul standplase verkry. Kruger het verklaar dat die uitlanders as ’n integrale deel van die bevolking beskou sou word.

Wat die kwessie van stemreg en verteenwoordiging in die Volksraad betref, het hy egter besluit om ’n middeweg te volg. Daardeur sou die onafhanklikheid van die ZAR nie in gevaar gestel word nie en die uitlanders, sonder wie die ZAR nie kon klaarkom nie, ook nie heeltemal vervreem word nie.

Die middewegbeleid was gegrond op ’n besluit van die Tweede Volksraad, wat in 1890 ingestel is. Die Tweede Volksraad was ondergeskik aan die Eerste Volksraad en sou seggenskap hê oor sake van plaaslike belang, waarby staatsbeleid nie betrokke was nie. Lede van die Tweede Volksraad kon deur alle burgers ouer as 16 jaar, insluitende uitlanders wat reeds twee jaar genaturaliseer was, verkies word. Om vir die Tweede Volksraad verkiesbaar te wees, moes ’n persoon minstens 30 jaar oud wees, vaste eiendom besit, tot ’n Protestantse geloof behoort en reeds twee jaar stemgeregtig wees. In die geval van ’n uitlander was dit dus vier jaar ná naturalisasie.

Lede van die Eerste Volksraad kon gekies word deur persone wat vóór 1890 burgerskap verkry het, persone wat na 1890 burgerskap op grond van geboorte en die bereiking van 16-jarige ouderdom verkry het, en persone wat reeds 10 jaar vir die Tweede Volksraad verkiesbaar was. Dit het dus daarop neergekom dat die uitlanders eers 14 jaar ná naturalisasie stemreg vir die Eerste Volksraad kon verkry.

Die bestaan van twee Volksrade het geensins die spanning tussen Johannesburg en die Eerste Volksraad verlig nie, maar eerder daartoe bygedra. Die uitlanders was nie tevrede met die geringe mate van verteenwoordiging wat hulle gehad het nie en hul griewe het toegeneem.

In 1892 is die Transvaal National Union (TNU) deur advokaat Charles Leonard in Johannesburg gestig. Leonard het reeds vroeër in die Kaapkolonie teen die ZAR geagiteer en het Rhodes se imperialisme ondersteun. Die oogmerke van die TNU was die handhawing van die onafhanklikheid van die ZAR, die verkryging van gelyke politieke regte vir almal, en die uitskakeling van die uitlanders se griewe. Leonard se doelwit was egter uiteindelik die ondergang van die ZAR.70

Die ontevredenheid aan die Rand is kunsmatig aangewakker deur imperialistiesgesinde agitators soos Leonard en mynmagnate soos Lionel Phillips, wat in 1893 voorsitter van die Kamer van Mynwese geword het. Phillips het self verklaar dat dit nie maklik was om die uitlanders tot opstand op te sweep nie, omdat die meerderheid van hulle nie in stemreg en die val van die Krugerregering belang gestel het nie. Boonop was daar verdeeldheid onder die uitlanders oor die rigting wat ingeslaan moes word indien ’n opstand teen Kruger se bewind wou slaag. Moes Transvaal ’n onafhanklike republiek bly of moes Britse anneksasie versoek word?

Rhodes het self die uitlanders as ’n onvoorspelbare faktor beskou. Toestande aan die Witwatersrand kon moontlik só verander dat die uitlandervraagstuk nie meer deur Brittanje en die imperialiste in Suid-Afrika manipuleer kon word nie. Daarom het hy reeds in 1894 besluit om ’n opstand onder die uitlanders te organiseer waaroor hy self beheer kon uitoefen. Die Britse premier, lord Salisbury, die minister van kolonies, Joseph Chamberlain, en die nuwe Britse hoë kommissaris in Suid-Afrika, sir Hercules Robinson, was deeglik bewus van Rhodes se planne op nie-amptelike vlak, en het dit goedgekeur. Die opstand aan die Rand, wat deur die TNU georganiseer moes word, sou dan ondersteun word met ’n militêre inval, kwansuis om die lewens van Britse onderdane te beskerm.71

Omdat Brittanje nie amptelik by Rhodes se planne betrokke kon raak nie, was dit nodig om van ’n private invalsmag gebruik te maak. Dr Leander Starr Jameson (1853–1917), die administrateur van Rhodesië en ’n persoonlike vriend van Rhodes, sou ’n mag van 1 500 man op die been bring, saamgestel uit lede van die British South Africa Company se berede polisie in Betsjoeanaland en lede van ’n Vrywilligerskorps wat toe pas in Salisbury gestig is. Pitsani, op die Transvaalse grens in ’n deel van Betsjoeanaland wat aan Rhodes se British South Africa Company behoort het, sou as afspringplek dien.

In November 1895 het Jameson die Witwatersrand besoek. Ná veel wik en weeg het die uitlanders daartoe ingestem dat die opstand op 28 Desember 1895 sou plaasvind. Jameson het die leiers van die Reform Committee versoek om ’n ongedateerde brief aan hom te oorhandig. Daarin het hulle die waarskynlikheid van ’n botsing met die Transvaalse owerheid genoem en Jameson versoek om, indien die opstand wel sou plaasvind, militêr in te gryp om die lewens van die ongewapende mans, vroue en kinders teen die goedgewapende Boere te beskerm. Met dié brief sou Jameson sy inval in die oë van die res van die wêreld kon regverdig.72

Op Saterdag 28 Desember 1895, het Jameson Rhodes per telegram verwittig dat hy Transvaal die volgende aand sou binneval.

Om 21h30, Sondag 29 Desember 1895 het Jameson die Transvaalse grens oorgesteek. Die volgende oggend het 130 man van die Bechuanaland Police by Malmani (die teenswoordige Ottoshoop) by hom aangesluit. Afgesien van agt Maxim Nordenfeldt-kanonne het die invalsmag ook oor drie ligte veldkanonne beskik. Die militêre opperbevel het by kolonel Sir John Willoughby berus.

Jameson het skynbaar gemeen dat hy vinnig genoeg sou vorder om Johannesburg te bereik voordat hy deur die Boeremagte gestuit kon word. Om die nuus van die inval te vertraag, het hy die telegraafdrade by Mafeking laat knip. Die draad tussen Zeerust en Pretoria is egter nie geknip nie. Omstreeks 09h00 op Maandag 30 Desember 1895 het nuus oor die inval Pretoria bereik. Kommandant-Generaal Piet Joubert het die westelike kommando’s onder leiding van generaal PA Cronjé opgeroep.73 Beide Joubert en Cronjé was ten tye van die Jameson-inval Vrymesselaars gewees.

Op 31 Desember het die eerste skermutseling tussen die Boere en die invallers by Doornpoort plaasgevind. Kleiner kommando’s het Jameson se terugvalroete afgesny, terwyl die hoofkommando hom in die omgewing van Krugersdorp ingewag het. Op 31 Desember 1895, en weer op 1 Januarie 1896, het die Britse Hoë Kommissaris hom van die inval gedistansieer en bevele na Jameson gestuur om om te draai. Die houding van die Hoë Kommissaris het ’n einde gebring aan die weifeling in Johannesburg. Die Reform Committee het onderhandelings met Kruger aangeknoop.74

Op 2 Januarie 1896, nadat die invallers 86 uur aan die opmars was, met feitlik geen ruskans en geen kos nie, is hulle by Doornkop, 19 km suid van Krugersdorp en 32 km van Johannesburg, deur Cronjé se magte in ’n hinderlaag gelei. In die daaropvolgende skermutseling is 17 van hulle dood en 55 gewond. Om 09h15 het hulle die voorskoot van ’n swart vrou as wit vlag gebruik om hulle oor te gee.

Ten spyte van baie van die Boere se eis dat die leiers van die inval tereggestel moes word, het Kruger besluit om Jameson en sy offisiere aan sir Hercules Robinson uit te lewer. Dié het hom na Pretoria gehaas om as bemiddelaar op te tree. Jameson is eers ses maande later in Londen verhoor. Teen daardie tyd het die imperialistiese pers in Brittanje die bevolking in so ’n mate opgesweep dat hulle Jameson as ’n held beskou het.75

Die mislukte Jameson-inval het sowel in Suid-Afrika as in die buiteland verreikende gevolge gehad. Generaal Cronjé se oorwinnings het die nasionalisme in die ZAR versterk en die land meer vasberade gemaak om sy onafhanklikheid te behou. Terselfdertyd het die wantroue teenoor die Britse regering toegeneem en het die ZAR, saam met die Vrystaat, begin om hom te bewapen. Die twee republieke het besef dat hulle sou moes saamstaan om hul onafhanklikheid te behou en het in 1897 ’n verdedigings- en aanvalsverbond gesluit.

Die inval het ’n gevoel van eensgesindheid by Afrikaners oral in Suid-Afrika laat ontstaan – nie net in die Transvaal en die Vrystaat nie, maar ook in die Kaapkolonie. Die Afrikanerbond, wat die ZAR voorheen gekritiseer het weens die ekonomiese maatreëls wat teen die Britse gebiede ingestel is, het die inval as verraderlik veroordeel en sy steun aan Rhodes onttrek. Rhodes was verplig om as premier van die Kaapkolonie te bedank. Hy het feitlik al sy politieke invloed verloor, maar het voortgegaan om Barkly-Wes in die Kaapse parlement te verteenwoordig. In 1898 is hy herkies, al was die meeste van die inwoners in sy kiesafdeling Afrikaners.

Die mislukte inval het egter ook ’n gees van jingoïsm in Suid-Afrika laat posvat. Imperialistiesgesinde Engelssprekendes het, net soos die Britse volk, die sleutelfigure in die inval as helde beskou. Hulle het politieke partye en organisasies soos die South African League gestig wat hulle vir ’n Britse federasie in Suid-Afrika beywer het. Die League het oorlog openlik as die enigste alternatief gepropageer. Britse imperialisme aan die een kant en Afrikanernasionalisme aan die ander kant het die verhouding tussen die twee taalgroepe vinnig laat versleg.76

 

10. Vrymesselary ten tye van die Jameson-inval

Met die ontdekking van goud op die Witwatersrand het die ledetal van die Nederlandse (konstitusie-) losies veral in die ZAR gestyg. Twee nuwe losies is in die ZAR gevestig, naamlik die Libertas-losie in Krugersdorp en die De Broederbond-losie in Pretoria. In 1892 was die ledetal van die Nederlandse losies 587.77

Dit was egter die Engelse (konstitusie-) losies wat na die ontdekking van goud in die ZAR ’n absolute bloeitydperk beleef het. In 1898 het die Engelse konstitusie uit 24 losies bestaan met ’n allemintige 1 838-ledetal. Elf van hierdie 24 losies was in die ZAR.

In 1890 het die Vrymesselary in Suid-Afrika sy eerste joernaal gekry, die SA Freemason. Die redakteur was ’n mediese dokter van Oos-Londen, W Darley-Hartley, ’n vurige ondersteuner van Cecil John Rhodes, en het met sy joernaal gepoog om al die losies in Suid-Afrika onder een Suid-Afrikaanse United Grand Lodge te kry en onafhanklik van die Vrymesselary in Engeland te maak. Sy hoofoogmerk was om vir Cecil John Rhodes die Groot Meester van die beoogde United Grand Lodge van Suid-Afrika te maak.

Op 18 Oktober 1892 is ’n konvensie in Kimberley gehou om die moontlikhede van so ’n United Grand Lodge vir Suid-Afrika te bespreek. Darley-Hartley het op hierdie konvensie die voor- en nadele van so ’n United Grand Lodge bespreek. Na ’n lang debat het 227 losies vir ’n United Grand Lodge gestem, 241 was daarteen en 25 losies het buite stemming gebly.78

Dit was veral die Nederlandse losies wat by die Kimberley-konferensie teen die United Grand Lodge gedagte gekant was. Die Nederlandse losies se hoofsegsman by die Kimberley konvensie was ds DP Faure. Hy het in ’n brief die redes verskaf vir hoekom hy geglo het dat die United Grand Lodge-gedagte nie kon werk nie. Hy het geskryf:

[O]n appeal from some Australian lodge, the Grand Lodge of England has quite recently reaffirmed the principle laid down in the 219th Rule of its Constitution, which says that: “Should the majority of any Lodge determine to retire from it, the power of assembly remains with the rest of the members, but should the number of members remaining at any time be less than three, the Warrant becomes extinct.

The decision, was of course, fatal to the proposed United Grand Lodge … for there is scarcely a lodge in South Africa in which there will not be found at least four dissentients, and these four remaining in possession of the Charter, the Lodge cannot join the South African Grand East [oftewel die United Grand Lodge of South Africa]. The new body may therefore be regarded as having died before its birth.79

Dit is insiggewend om daarvan kennis te neem dat die Nederlandse losies ten tye van die era van sir Christoffel Brand ten gunste was van die gedagte van ’n United Grand Lodge of South Africa, maar dat hulle na die ontdekking van diamante en goud van opinie en houding verander het. Die vraag is of Rhodes en sy Engelse imperialiste se blatante pogings om die Boere-republieke van hulle vryheid te beroof, ’n invloed op die Nederlandse losies se houding gehad het.

Dit was veral Vrymesselaars van die Richard Gibby Lodge in Kimberley wat onverpoos aanvoorwerk vir die Jameson-inval gedoen het. Hulle het op politieke vlak druk op die Britse regering toegepas om die ZAR te annekseer. Op Vrymesselaarsvlak het hulle in 1887 ’n petisie uitgereik aan die Grand Lodge in Londen waarin hulle pleit vir meer Engelse losies in die ZAR. Hulle was teleurgesteld toe die volgende aan hul gesê is: “[N]o new lodge would be warranted if it were not on British soil.”80

Hulle reaksie op hierdie besluit van Londen is in die SA Freemason van 1888 opgeneem en lui:

[T]he development of the Gold Fields is working such a revolution in South African society that it is by no means improbable that a few more years may see the balance of national locale so altered that the English colony of the Cape of Good Hope may become the stronghold of the Dutch influence and the Dutch Republic of the Transvaal the headquarters of English feeling.

A rapid exodus is going on from the old Colony to the Transvaal and those taking part are with very few exceptions British colonists. Your Dutch son of the soil has no vocation in the gold Fields … [M]embership of Nederlandse Constitutie lodges is largely British or Kapenaars, Anglicised Freemasonry in the Transvaal must be built on British lines.”81

In 1888 het twee Vrymesselaars van die Engelse Transvaalse losies in Pretoria na die Grand Master van Engeland (prins Edward) gegaan, en het by hom gepleit “to remove [his] ban on warranting English lodges on foreign soil”. Hy het einde ten laaste ingestem.82

Die SA Freemason het soos volg op hierdie besluit reageer: “Transvaal is not a foreign country. The population is mainly English-speaking and 9 out of 10 Masons are from England.”83

In Mei 1889 is daar drie nuwe Engelse losies in die ZAR gestig, naamlik die Johannesburg Lodge in Johannesburg, die Royal Albert in Klerksdorp en die El Dorado op ’n myndorpie genaamd Malmani. Op die spoor van die Engelse losies het die Skotse losies gevolg. So is die Golden Thistle in November in Johannesburg in werking gestel.

In 1893 het Londen verdere toestemming verleen om nog Engelse losies in die ZAR te vestig. Die Gold Field Lodge is in Johannesburg in werking gestel, asook die Boksburg Lodge, die Jeppetown Lodge, die Germiston Lodge en die Zoutpansberg Liberty Lodge in Pietersburg (nou Polokwane).84

Intussen het JE Green, een van die grootste opstekers vir die Jameson-inval, by die Grand Lodge in Londen aansoek gedoen om ’n District Grand Master vir die ZAR verkies te kry. Londen het ingestem, en ’n District Grand Master is vir die ZAR verkies, naamlik G Richards.85

Cooper skryf in sy verhandeling die volgende oor die Vrymesselaars se betrokkenheid by die Jameson inval:

For assistance they [die uitlanders se Transvaal National Union] turned to the Cape Colony Premier, Cecil John Rhodes. As managing director of the mining company, Consolidated Goldfields of SA Ltd, he was intimately concerned with events in Johannesburg. He has sent his elder brother, colonel FW Rhodes, another Freemason, to the Rand ostensibly to direct his company’s interests there, but, under cover, to organise the military aspect of the uprising. Richards was joint manager of the company until he resigned to take a leading part in the affairs of the Reform Committee … This collection of many magnates and professional men, one of whom was the newly appointed District Grand Master of the Transvaal, Richards, was thus well fitted to manage a successful revolt.”86

Na die mislukte Jameson-inval is 64 van die Reform Committee se leiers gearresteer, insluitend Richards. Hy is later vrygelaat nadat hy ’n boete van meer as 2 000 pond vir sy aandeel in die mislukte Jameson-inval betaal het.87

Richards se betrokkenheid by die mislukte opstand en die Jameson-inval het tot ’n hewige debat binne Vrymesselaarskringe gelei, veral nadat die Boksburg-losie hierdie voorval aan die United Grand Lodge of England gerapporteer het.88

In die District Grand Lodge van Transvaal se notule van die vergadering van 28 Junie 1896 word die volgende oor Richards se betrokkenheid by die Jameson-inval geskryf:

The United Grand Lodge of England heard with surprise from Boksburg Lodge that it had protested about Richards’ reaction to the late crisis in Johannesburg …

Richard’s name appeared as one of the number of the so-called Reform Committee in Johannesburg. The arms and ammunition were distributed by the said committee for the protection of life and property, it is said, against natives and other men of low character, the general opinion, however, being that the Reform Committee was really formed against the laws of the country and for the purpose of subverting the Government of this state; that these arms were distributed against the existing laws and that W Bro Richards, a member of the Reform Committee, aided, abetted and countenanced such action by not publicly withdrawing his name from the said committee, that he was arrested on a charge of high treason together with a number of other members of the said committee, all of whom are now undergoing preliminary examination but who are released on bail. Richards had acted contrary to his (Masonic) obligation to respect the law of the land, Boksburg told London in April of that year.

It pointed out that not only is it incumbent on a mason to refrain from political, religious or social discussion in a lodge, but also to respect the government of the country in which he resides and to pledge himself not to take part in subversive activities against that government.89

Richards se reaksie hierop was dat hy onskuldig is, en dat hy bloot gepoog het om Britse eiendom en belange te beskerm. Hy is egter deur die Groot Meester van die United Grand Lodge of Britain na Londen ontbied om sy saak daar te gaan stel.

Die uiteinde van hierdie saak was dat dr JP Ziervogel, meester van die Boksburg-losie, apologie moes aanteken teenoor Richards. Dit was duidelik dat die United Grand Lodge of England se lojaliteite hul eie Vrymesselarybeginsels ver oorskry het.90

Die Richards-betrokkenheid by die Jameson-inval was die laaste groot gebeurtenis binne die Vrymesselary voor die aanvang van die Suid-Afrikaanse Oorlog.

Dit is insiggewend om daarop te let dat die persone aan Boerekant wat primêr vir die Boere se oorwinning oor Jameson verantwoordelik was, generaals Piet Cronjé en Piet Joubert was. Generaals Cronjé en Joubert was ten tye van die Jameson-inval self aktiewe Vrymesselaarlede gewees. Beide was betrokke by die Vrymesselaars tot na die Suid-Afrikaanse Oorlog, en het selfs op die eiland St Helena ’n Vrymesselaarswerking bygewoon, terwyl Jameson daar as krygsgevangene aangehou is.

 

11. Negatiewe kritiek teen die Vrymesselaars

Die eerste negatiewe kritiek teenoor die Vrymesselary in Suid-Afrika het gekom vanaf die NG Kerk. Die kritiek is op ’n sinodesitting wat in Oktober 1862 in Kaapstad plaasgevind het, onder die voogdyskap van ds Andrew Murray (junior) geopper.

Ds A van der Lingen van die Paarl het op 29 Oktober 1862 versoek dat die sinode na Stellenbosch toe moet verskuif, omdat Kaapstad met Vrymesselary besmet was. Ds A Kotze van Darling het Van der Lingen se opmerking as onvanpas beskou, en het gesê dat die Vrymesselaars bloot ’n organisasie van broederlike liefde is. Ds Krige van Victoria-Wes het ook vir die Vrymesselaars in die bresse getree en die sinode het besluit om hul werksaamhede in Kaapstad voort te sit.91

Sir Christoffel Brand, wat die Groot Meester van die Nederlandse losies was, het soos volg op hierdie NG Kerk-debat van 1862 reageer:

We form no church, religion, morality and love are the groundwork of our labours and the aim of our actions, because by that we promote the happiness of mankind. Why then should the clergy, and particularly those of the Dutch Reformed Church, act so hostilely against us.92

’n Tweede negatiewe reaksie teen die Vrymesselary, buiten dié van die NG Kerk, voor die aanvang van die Suid-Afrikaanse Oorlog, was afkomstig van ds SJ du Toit van die Genootskap van Regte Afrikaners. Op 15 April 1876 skryf Du Toit in die Patriot die volgende oor die Vrymesselaars, om die geheimhoudingsaspek van die Genootskap in die Patriot te probeer regverdig. Hy skryf:

’n Ander eienaardigheid is die geheimhouding waaronder die genootskap werk. Op ons tweede vergadering is besluit “almal kom o’ereen dat ons nou geen ander geheim het nie, as om die name van die lede doodstil te hou … As een lid een geheim verklap dan kan die Genootskap hom uitset … as een lid wil uitgaan dan moet hij skriftelik bedank, en die redes opgee waarom, maar deur sijn naamtekening blijf hij gebonde om die geheime van die Genootskap to sijn dood te bewaar.” Natuurlik word spoedig gesê: “Geskiedenis van die Taalbeweging … beweging, aldus raak antwoord, maar in hulle oppervlakkigheid verlies hulle uit die oog dat die Genootskap vlak teeno’er die Vrijmesselaars staat; want die Vrijmesselaars maak hulle persone bekend, maar hulle werke blijf geheim, terwijl die Genootskap al hulle werke openlik publiseer, maar alleen hulle persone nie op die voorgrond wil stel nie. Die Genootskap handel dus volkome o’erenkomstig die Skrif (Mat 5:16), terwijl die Vrijmesselaars teen die Skrif is (Joh. 3:20-21).”93

Dit blyk egter dat die Vrymesselary tot en met die uitbreek van die Suid-Afrikaanse Oorlog ’n gewilde instelling was, waaraan Boereleiers graag behoort het. Vervolgens vind u ’n lys van prominente Boere (Afrikaners) wat voor die aanvang van die Suid-Afrikaanse Oorlog aktiewe Vrymesselaars was.

 

12. Wie het almal aan die Vrymesselaars behoort?

Die volgende Vrystaatse en ZAR-presidente was almal Vrymesselaars: waarnemende Vrystaatse president PJ Blignaut, presidente MW Pretorius, Jan Brand, FW Reitz en die ZAR-president F Burgers, asook waarnemende Transvaalse presidente Stephanus Schoeman, Daniël Jacobus Erasmus en Schalk Willem Burger.

Boeregeneraals en -offisiere wat aktiewe Vrymesselaars was, sluit in: Louis Botha, Piet Joubert, Piet Cronjé, Ben Viljoen, Ben Havenga, SG Vilonel, JP Wessels, Philip Botha, Danie Theron, HP van der Post, Piet Visser, dr WJ Leyds, JH Olivier, JC Smuts, George Band en SPE Trichardt.

Ander bekende Boere (Afrikaners) wat ook by die Vrymesselary betrokke was, was: Abraham Fischer, Ewald Esselen, CTM Wilcocks, Andrew Conroy, FS Malan, Deneys Reitz, Hjalmar Reitz, William Schreiner, advokaat JBN Strauss, Gustav Preller, CJ Langenhoven, Herman Steytler, Laurens van der Post, ds Faure (na wie die dorp Fauresmith in die Vrystaat vernoem is), hoofregters John Truter (Kaap), Henry de Villiers (Kaap), Melius de Villiers (Vrystaat) en FET Krause (ZAR), asook minister JH Hofmeyr van die Kaap, speaker Christoffel Brand van die Kaap, vrederegter JG Brink van Jagersfontein (oupa van die skrywer André P Brink), advokaat Tielman Roos, generaal Dan Pienaar, kolonel JCC Laas (stigterslid van die Ossewabrandwag), burgemeester Robert Innes, Sigmund Goddard, Hugh Exton, Moritz Leviseur, FW Salzman, Ivan Haarburger, Charlie Fichardt, E Watkey, Isaac Baumann, Wolf Ehrlich, T Whites, ES Hanger, CJG Krause en BO Kellner (almal oudburgemeesters van Bloemfontein).

Selfs van die Afrikaanse taalvaders het aan die Vrymesselary behoort. Buiten “Onse Jan” Hofmeyr, CJ Langenhoven en FW Reitz was daar ook AD Keet, AG Visser, AA Pienaar (meer bekend as Sangiro) en Toon van den Heever.

Die latere Vrystaatse administrateurs Cornelius Wessels en AEW Ramsbottom was almal Vrymesselaars, en so ook Suid-Afrika se eerste staatspresident (na Republiekwording), president Blackie Swart. Die meeste van die bogenoemde was met die uitbreek van die Suid-Afrikaanse Oorlog steeds aktiewe Vrymesselaarslede.

 

 

Eindnotas

1 Bates, OH: The Lodge De Goede Hoop. Struik, Kaapstad, 1947 (bl 2).

2 Cooper, AA: The Freemansons of South Africa. Human & Rousseau, Kaapstad, 1986 (bl 16).

3 Lennhoff, E: The Freemasons. Tandem Books, Londen, 1965 (ble 31–3).

4 Frere, AS (red): Grand Lodge, 1717-1967. Oxford Press, Oxford, 1967 (bl 107).

5 Bates, OH: The Lodge De Goede Hoop. Struik, Kaapstad, 1947 (bl 6).

6 Bates, OH: The Lodge De Goede Hoop. Struik, Kaapstad, 1947 (bl 8).

7 Bates, OH: The Lodge De Goede Hoop. Struik, Kaapstad, 1947 (bl 9).

8 Cooper, AA: The Freemasons of South Africa. Human & Rousseau, Kaapstad, 1986 (bl 18).

9 Cranstoun-Day, TN: The British Lodge No 334 and English Freemasonry at the Cape of Goed Hope, 1795–1935. Collins Books, Kaapstad. 1936 (bl 13).

10 Saunders, TG: Brief history Midland Lodge, No 882, 1862–1922. Steward Printing, Graaff-Reinet, 1976 (bl 5).

11 Saunders, TG: Brief history Midland Lodge, No 882, 1862–1922. Steward Printing, Graaff-Reinet, 1976 (bl 8).

12 Saunders, TG: Brief history Midland Lodge, No 882, 1862–1922. Steward Printing, Graaff-Reinet, 1976 (bl 9).

13 Cooper, AA: The Freemasons of South Africa. Human & Rousseau, Kaapstad, 1986 (bl 18).

14 Saunders, TG: Brief history Midland Lodge, No 882, 1862-1922. Steward Printing, Graaff-Reinet, 1976 (bl 13).

15 Van der Walt, JD: Zululand true stories: 1780–1978. Richards Bay, 2009 (ble 27–30).

16 Cooper, AA: The Freemasons of South Africa. Human & Rousseau, Kaapstad, 1896 (bl 18).

17 The Cape Town Mail, 21 Januarie 1843 (bl 3).

18 The Cape Town Mail, 21 Januarie 1843 (bl 3).

19 The Cape Town Mail, 21 Januarie 1843 (bl 3).

20 The Cape Town Mail, 21 Januarie 1843 (bl 3).

21 Bates, OH: The Lodge De Goede Hoop. Struik, Kaapstad, 1947 (bl 43).

22 Van den Heever, LM: Generaal JBM Hertzog. AP Boekhandel, Johannesburg, 1944 (ble 8-9).

23 Bates, OH: The Lodge De Goede Hoop. Struik, Kaapstad, 1947 (bl 44).

24 Cooper, AA: The Freemasons of South Africa. Human & Rousseau, Kaapstad, 1986 (bl 19).

25 The Cape Town Mail, 28 Januarie 1843 (bl 2).

26 Cooper, AA: The Freemasons of South Africa. Human & Rousseau, Kaapstad, 1986 (bl 19).

27 Bates, OH: The Lodge De Goede Hoop. Struik, Kaapstad, 1947 (bl 45).

28 Cooper, AA: The Freemasons of South Africa. Human & Rousseau, Kaapstad, 1986 (bl 20).

29 Botha, G: General History of Social Life of Cape of Good Hope, Lodge De Goede Hoop. Kaapstad , 1962 (bl 17).

30 Botha, G: General History of Social Life of Cape of Good Hope, Lodge De Goede Hoop. Kaapstad , 1962 (bl 18).

31 Botha, G: General History of Social Life of Cape of Good Hope, Lodge De Goede Hoop. Kaapstad , 1962 (bl 20).

32 Kruger, DW ea: Geskiedenis van Suid-Afrika. Nasou Beperk, Kaapstad (ble 248–9).

33 Silberbauer, CC: Brief review of History of Netherlandic Freemasonry in South Africa. Kaapstad, 1932 (bl 19).

34 Silberbauer, CC: Brief review of History of Netherlandic Freemasonry in South Africa. Kaapstad, 1932 (bl 33).

35 Bates, OH: The Lodge De Goede Hoop. Struik, Kaapstad, 1947 (ble 67–9).

36 Bates, OH: The Lodge De Goede Hoop. Struik, Kaapstad, 1947 (bl 70).

37 Cooper, AA: Origins and Growth of Freemasonry in South Africa, 1772–1876. Ongepubliseerde Magisterverhandeling, Universiteit van Kaapstad, 1980 (bl 47).

38 Bates, OH: The Lodge De Goede Hoop. Struik, Kaapstad, 1947 (bl 71).

39 Cooper, AA: Origins and Growth of Freemasonry in South Africa, 1772–1876. Ongepubliseerde Magisterverhandeling, Universiteit van Kaapstad, 1980 (bl 48).

40 Cooper, AA: Origins and Growth of Freemasonry in South Africa, 1772–1876. Ongepubliseerde Magisterverhandeling, Universiteit van Kaapstad, 1980 (bl 49).

41 Griesbach, F: History of Lodge De Goede Hoop, 1811–1906. Juta, Cape Town, 1906 (ble 19–21).

42 Cooper, AA: The Freemasons of South Africa. Human & Rousseau, Kaapstad, 1986 (bl 21).

43 Kruger, DW ea: Geskiedenis van Suid-Afrika. Nasou Beperk, Kaapstad (ble 250–5).

44 Van der Walt, HR: Geskiedenis van die Oranje-Vrystaat. Juta, Kaapstad, 1946 (bl 94).

45 Oberholster, JJ: Die anneksasie van Griekwaland-Wes. Naspers, Kaapstad, 1945 (bl 37).

46 Kruger, DW ea: Geskiedenis van Suid-Afrika. Nasou Beperk, Kaapstad (bl 256).

47 Oberholster, JJ: Die anneksasie van Griekwaland-Wes. Naspers, Kaapstad, 1945 (bl 41).

48 Oberholster, JJ: Die anneksasie van Griekwaland-Wes. Naspers, Kaapstad, 1945 (bl 42).

49 Oberholster, JJ: Die anneksasie van Griekwaland-Wes. Naspers, Kaapstad, 1945 (bl 43).

50 Punt, WHJ: Louis Trighardt se laaste skof. Juta, Pretoria, 1953 (bl 101).

51 Uys, CJ: In die era van President MW Pretorius. Lovedale, 1933 (bl 47).

52 Pelzer, AN: Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Republiek. Deel 1. Nasou Beperk, Kaapstad, 1950 (bl 113).

53 Pelzer, AN: Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Republiek. Deel 1. Nasou Beperk, Kaapstad, 1950 (bl 113).

54 Potgieter, FJ: Die vestiging van die blanke in Transvaal; 1837–1886. Kaapstad, 1958 (bl 74).

55 Van Jaarsveld, FA: Eenheidstrewe van die Republikeinse Afrikaner: 1836–1864. Perskor, Johannesburg, 1951 (bl 54).

56 Kuit, A: Transvaalse verskeidenheid. Pretoria, 1940 (bl 37).

57 Potgieter, FJ: Die vestiging van die blanke in Transvaal; 1837–1886. Kaapstad, 1958 (bl 76).

58 Macdonald, WI: Cosmopolitan Lodge, No 1409, EC Kimberley, 1927 (bl 5).

59 Macdonald, WI: Cosmopolitan Lodge, No 1409, EC Kimberley, 1927 (bl 7).

60 Macdonald, WI: Cosmopolitan Lodge, No 1409, EC Kimberley, 1927 (bl 8).

61 Engelbrecht, SP: Thomas Francois Burgers. Juta, Pretoria, 1933 (bl 83).

62 Uys, CJ: In the era of Shepstone. Lovedale, 1933 (bl 74).

63 Engelbrecht, SP: Thomas Francois Burgers. Juta, Pretoria, 1933 (bl 186).

64 Cooper, AA: Origins and Growth of Freemasonry in South Africa, 1772–1876. Ongepubliseerde Magisterverhandeling, Universiteit van Kaapstad, 1980 (ble 79–80).

65 Cooper, AA: The Freemasons of South Africa. Human & Rousseau, Kaapstad, 1986 (bl 59).

66 Botha, G: General History of Social Life of Cape of Good Hope, Lodge De Goede Hoop. Kaapstad, 1962 (bl 65).

67 Rogaly, A: History of Peace and Harmony Lodge, No 51, NC 1873–1925. Kimberley, 1925 (bl 39).

68 Kruger, DW ea: Geskiedenis van Suid-Afrika. Nasou Beperk, Kaapstad (ble 347–50).

69 Van Hoek, K: Gesprekke met Dr WJ Leyds. Juta, Pretoria, 1939 (bl 94)

70 Hofmeyr, NJ: Die Afrikaner-Boer en die Jameson-inval. Amsterdam, 1896.

71 Packenham, E: Jameson’s Raid. Oxford Publishing, Londen, 1860 (ble 96–113).

72 Hobson, JA: The war in South Africa. Its causes and effects. Londen, 1900 (ble 212–9).

73 Packenham, E: Jameson’s Raid. Oxford Publishing, Londen, 1960 (bl 137).

74 Packenham, E: Jameson’s Raid. Oxford Publishing, Londen, 1960 (bl 141).

75 Schreiner, TL: The Afrikaner Band and other causes of the war. Oxford Publishing, Londen, 1901 (bl 154).

76 Kruger, DW ea: Geskiedenis van Suid-Afrika. Nasou Beperk, Kaapstad (ble 380–91).

77 Cooper, AA:Origins and Growth of Freemasonry in South Africa 1772–1876. Ongepubliseerde Magisterverhandeling, Universiteit van Kaapstad, 1980 (ble 101–3).

78 Butterfield, PH: Centenary, first 100 years of English Freemasonry in the Transvaal, 1876–1978. Struik, Johannesburg, 1978 (bl 66).

79 Hopkins, HC: DP Faure. Paarl Publishing, Paarl, 1906 (bl 17).

80 Rogaly, A: History of Peace and Harmoney Lodge No 51, NC 1873–1925. Kimberley, 1925 (bl 53).

81 SA Freemason, 1988 (bl 21).

82 Cooper, AA:Origins and Growth of Freemasonry in South Africa 1772–1876. Ongepuliseerde Magisterverhandeling, Universiteit van Kaapstad. 1980 (bl 21).

83 SA Freemason, 1888 (bl 21).

84 Cooper, AA: The Freemasons of South Africa. Human & Rousseau, Kaapstad, 1986 (ble 68-70).

85 Cooper, AA:The Freemasons of South Africa. Human & Rousseau, Kaapstad, 1986 (bl 70).

86 Cooper, AA:Origins and Growth of Freemasonry in South Africa 1772–1876.Ongepubliseerde Magisterverhandeling, Universiteit van Kaapstad, 1980 (ble 110–1).

87 Thomas, CG: The Origin of the Anglo-Boer War revealed. Londen, 1900 (ble 80–1).

88 Cooper, AA: The Freemasons of South Africa. Human & Rousseau, Kaapstad, 1986 (bl 70).

89 Notule van District Grand Lodge van Transvaal: 28 Junie 1896.

90 Cooper, AA: The Freemasons of South Africa. Human & Rousseau, Kaapstad, 1986 (bl 70).

91 Cooper, AA: The Freemasons of South Africa. Human & Rousseau, Kaapstad, 1986 (ble 72-75).

92 Bates, OH: The Lodge De Goede Hoop. Struik, Kaapstad, 1947 (bl 69).

93 Du Toit, JP: Ds SJ du Toit in weg en werk. Paarl Drukkers, Paarl, 1917 (bl 69).

 


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter


 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top