Seminare en essays

Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.

Angus Buchan en sy Mighty Men: Wilhelm Jordaan reageer

Wilhelm Jordaan 2013-05-02 "Wat het ons werklik nodig? Met as basis-antwoord: Nie meer en magtiger manlikheid nie; nie meer en waardiger vroulikheid nie. Waarheen en waarin ons moet groei, is meer menslikheid teenoor en vir mekaar. En sonder die bagasie van mans sus en vroue so omdat dit so van die begin af was."

Angus Buchan en sy Mighty Men: Maretha Maartens reageer

Maretha Maartens 2013-05-02 "My eie spirituele styl is nie charismaties nie, wat uiteraard reeds by voorbaat gaan bepaal of ek die boek oor die Mighty Men Beweging sou wou lees. Ek vind dit gewoon nie besonder belangrik vir my eie geestelike lewe binne my meer analitiese, vraagstellende, navorsende spirituele styl nie."

Angus Buchan en sy Mighty Men: Sakkie Spangenberg reageer

Sakkie Spangenberg 2013-05-02 "In Buchan se teologie is daar nie ruimte vir bevraagtekening nie. Alles is klokhelder in die Bybel uitgespel. Daarom is daar ook nie ruimte vir ’n Margaret Thatcher, ’n Angela Merkel, of ’n Mamphela Ramphele nie. Dis vroue wat manlike rolle inneem en na regte teen die voorskrifte van die Bybel handel."

Angus Buchan en sy Mighty Men

2013-05-02 "Die Mighty Men beweging is by uitstek ’n geestelike beweging van die gewone mense in die konteks van hul konkrete werklikheid waarin hulle soek na die dieper betekenis van hul lewe. Die beweging het ’n inherente neiging om te vereenvoudig … om ou antwoorde in nuwe tye te probeer oordra en bevrydende insigte in die Bybel te ignoreer of verwerp."

Die verhouding tussen geskiedskrywing en historiese roman, met verwysing na Die son kom aan die seekant op

Jeanette Ferreira 2013-04-30 Referaat gelewer op 25 Januarie 2013, Groenkloofkampus van die Universiteit van Pretoria as deel van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Geskiedenissimposium: Die Groot Trek 175 jaar: 1838–2013.

Indrukke van die gesprek oor die muilbandwetgewing

Liesl Peyper 2013-04-26 Die Wetsontwerp op Beskerming van Staatsinligting is op Donderdag, 25 April 2013, in die parlement goedgekeur. Liesl Peyper was daar.

LitNet Akademies-resensie-essay: Gunther Pakendorf lees Woordeloos tot verhaal. Trauma en narratief in Nederlands en Afrikaans

Gunther Pakendorf 2013-04-25 "Ek kry die indruk uit die bundel as geheel dat die teoretiese besinnings die leser tot nadenke stem, terwyl die toepassing op literêre tekste nie altyd oortuigend is nie."

Gender en die Bybel: Maretha Jacobs reageer

Maretha Jacobs 2013-04-24 "’n Gender-kritiese lees beteken dat daar eksplisiet vanuit die perspektief van gender na tekste gekyk word. Dit behels ’n lees “met agterdog”, waarin nie bloot bevestig word wat ’n teks “sê” nie, maar waarin vanuit ons hedendaagse kontekste met tekste geargumenteer en verskil word."

Gender en die Bybel: Lilly Nortje-Meyer reageer

Lilly Nortje-Meyer 2013-04-24 "Christenvroue verwag dat mans moet verander, maar wil self nie hul sienings oor die tradisionele rol van die vrou verander nie, omdat dit in hulle oë deur die Bybel gesanksioneer is, al is hierdie sieninge in werklikheid eintlik kultureel aan vrouens toegeskryf."

Gender en die Bybel

2013-04-24 'n Onlangse artikel op LitNet Akademies het gehandel oor die ervaring ervaring van Suid-Afrikaanse universiteitstudente as lesers van Rut 2 aan die hand van Ignatiaanse meditasie. Kenners ondersoek hierdie artikel met die oog op genderkwessies en transformasie. 

Taalkanker

FMarx 2013-04-23 My vraag is: Wat op aarde moet of kan mens doen om dié  afgryslike tsoenami  te keer?

Regterlike aanstellings

Marinus Wiechers 2013-04-19 "Die aanbevelings van die Regterlike Dienskommissie vir die aanstelling van regters veroorsaak gedurig kwaai kopsere. Onlangs is gemoedere weer erg omgekrap deur hoofregter Mogoeng se stelling dat dit in die eerste plek nie oor meriete gaan nie, maar oor die transformasie van die regbank."

’n Bespreking van die Afrikaanse poësienetwerk sedert 2000

Burgert A Senekal 2013-04-18 Die internet is 'n publikasieplatform vir digters en digtersnetwerke. Burgert Senekal maak 'n studie van al die rolspelers se ligging in die kuberruim sedert 2000.

Wie's die engel: kerk of media?

Johannes Froneman 2013-04-17 "Doodgewone liefdesdiens van die kerk ... voldoen nie aan koerante se daaglikse behoefte aan verkoopbare nuus nie ..." Kerkbode-korrespondent beskou die media se hantering van die kerk.

Kan studente sosialenetwerk-omgewings gebruik om beter te kan studeer?

Corné van Staden 2013-04-16 "Die uitdaging in onderrig is nie net die gebruik van sosiale media nie, maar ook die integrasie van tegnologie in die onderrig- en leerproses om konstruktiewe betrokkenheid van studente tydens die leerproses te bevorder."

LitNet Akademies-resensie-essay: Izak de Vries oor Wolf, wolf

Izak de Vries 2013-04-16 "Toe ek aan ’n familielid probeer verduidelik waaroor die teks gaan, was haar kommentaar: 'Dit klink na ’n weird boek.' Dalk is dit, maar lesers wat hou van goeie literatuur en goeie kos sal kan smul aan die smorgasbord wat Venter opdis."

Regter verstaan nie taaldiversiteit nie

Jacques van der Elst 2013-04-12 Die Afrikaanse Taalraad verskil ernstig van Regter Cynthia Pretorius se pleidooi voor die Regterlike Dienskommissie dat Engels maar die enigste hoftaal in Suid-Afrika moet wees.

Ekokritiek: In gesprek met Susan Smith

Elzette Steenkamp, Susan Smith 2013-04-11 "Ekokritiek is nie ’n panasee vir alles wat verkeerd is met die omgewing nie; nog minder is dit die politieke towerstaffie wat almal gaan laat regop sit en die regte ding gaan laat doen."

Die Dr Jekyll en Mr Hyde van motorfietskultuur

Gerrit Rautenbach 2013-04-03 "Die een vermiste in ’n andersins goeddeurdagte stuk is wat met mense gebeur wanneer hulle op ’n konstruksie met twee wiele en ’n enjin gaan sit. Dis soos die karakter in Robert Louis Stevenson se boek The Strange Case of Dr Jekyll and Mr Hyde."

Crime fiction in South Africa: the history, the hype and the “genre snob” debate

Anneke Rautenbach 2013-04-02 "To return to the “genre snob” debate, and the contention that crime fiction acts in post-apartheid South Africa as the new 'political novel': there are obvious problems with this blunt categorisation – genres are frequently blurred ..."
Top