Seminare en essays
Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
"Tree aan!"-seminaar: Gehore se reaksie is hulle eie saak
2013-12-11 "Ek mis erkenning van die realisme waarmee Opperman gereeld werk in Krüger se artikel. In my taal is wat Krüger gereeld beskryf as 'abstraksie', eerder die diepgaande realisme."Geskiedenis en die gehoorlid in Deon Opperman se “Tree aan!”
2013-12-11 Deon Opperman het sy musiekblyspel “Tree aan!: Dit was die dae toe ons troepies was” (2011) geskryf as lewende monument om die soldate wat in die Grensoorlog gesneuwel het, te huldig. Opperman benader hierdie taak op ’n restouratief-nostalgiese wyse, ten spyte van die kontroversie rondom die Grensoorlog en die verdeeldheid daaroor in die openbare domein.Geestesgesondheid in die werkplek
2013-12-04 Die fokus van hierdie nota is op die saak van appèl van New Way na die Arbeidsappèlhof. In sommige gevalle sal egter verwys word na die AH-saak om konteks te verskaf. Alle verwysings is na die Arbeidsappèlhof tensy anders aangedui as (hof a quo).Vooroordeel, ongeskiktheid en gemoedsteurings
2013-12-04 Kwessies rondom akkommodasie van geestesongesteldhede in die werksmilieu wentel vir my dikwels om vooroordeel teen geestesongesteldhede.Depressie in die werkplek
2013-12-04 "Daar word dus voorgestel dat verdere wetgewing opgestel word ten einde werknemers met depressie meer doeltreffend teen onbillike diskriminasie te beskerm en terselfdertyd oor die ekonomiese belange van die werkgewer te waak."Onderhoud met Gerhard van Huyssteen – nuwe voorsitter van die Taalkommissie
2013-11-27 "Ek voel opgewonde ... Ek bedoel dit in sy oorspronklike betekenis: dit wat opgewen is. Dit voel of daar so baie is om te doen, so baie idees, so baie geleenthede. En al wat ek moet doen, is om daardie geleenthede te ontsluit ..."Vrymesselary ten tye van die Suid-Afrikaanse Oorlog
2013-11-27 “Die Anglo-Boereoorlog het amptelik op 11 Oktober 1899 begin, en op 31 Mei 1902 het die uitgeputte Boeremagte die stryd teen Groot-Brittanje gewonne gegee en die Vrede van Vereeniging in Pretoria onderteken.”The Historical Karoo betrek sovéél dat dit selfs vir Karookenners iets nuuts bied
2013-11-26 "The Historical Karoo is 'n uiters aantreklike boek oor presies wat die titel direk sê: aspekte van die geskiedenis van die Karoodorpe, mooi geïllustreer met historiese en moderne foto's. Die boek betrek al die dorpe, en dorpies, wat deel uitmaak van die Groot Karoo."Om Proust te lees is om met jouself gekonfronteer te word
2013-11-19 Alta Coertzen het op 23 Oktober 2013 by die Boekwurm-leeskring van Stellenbosch 'n gesprek oor Proust se Swann's Way gelei. Sy deel haar lesing met LitNet.Reïnkarnasie
2013-11-18 As meer mense die idee van reïnkarnasie (waar of te not) ernstig opgeneem het, sou die wêreld ’n beter plek gewees het, meen Johannes Bertus de Villiers.Openingsrede by die bekendstelling van 'n vertaling van Dante se Inferno in Afrikaans
2013-11-12 “Ek wil aan die hand doen dat die waardige kunstenaar, onder inspirasie van die Muse, in die daarstel van sy of haar kunswerk, na die ideale weergawe (van die werklikheid) streef. En as hy of sy die ideale weergawe tref, is daar ‘n resonansie met alle sensitiewe waarnemers oor die wêreld en oor die eeue; dit eggo as’t ware deur die kosmos.”Vrymesselary voor die aanvang van die Suid-Afrikaanse Oorlog
2013-11-12 "Die eerste politieke turbulensie wat die Vrymesselary in Suid-Afrika belewe het, was ten tye van die Groot Trek (1835–1838). Verskeie Voortrekkers was aktiewe Vrymesselaars, van wie Piet Retief die bekendste was."Hoe die leser en die teks mekaar lees: Marlize Hobbs oor Shirmoney Rhode
2013-11-08 Shirmoney Rhode het op 4 November 2013 'n brief vir Nathan Trantraal geskryf. Marlize Hobbs reageer op Shirmoney se bydrae.Belydenis van ’n pornoverslaafde
2013-11-05 "Pornografie is ’n iets wat jy aan ’n universiteit bestudeer. Porno is meer soos Post Toasties of iets. Sommer vir brekfis. Dit het ’n huishoudelike ding geword."Kô lat os praat! #prefablyinkaaps
2013-11-04 "Die reality is warrit is, os kannitie deny nie, ma daas two sides to a story." Shirmoney Rhode antwoord Nathan Trantraal.Persverklaring: Afskaling van Afrikaans by Universiteit van Kwazulu-Natal
2013-11-01 PEN Afrikaans neem met groot kommer kennis van die Universiteit van Kwazulu-Natal se voorneme om die doseer van Afrikaans as taal af te skaal tot eerstejaarsvak.Bekendstelling en oorhandiging van Deel XIV van die WAT
2013-10-29 Die verwelkoming deur Arnold Schoonwinkel, voorsitter van die Direksie van die WAT, by die bekendstelling en oorhandiging van WAT XIV op 18 Oktober 2013.African languages in the print media
2013-10-23 "The dominant view is that African languages have no future as languages of print. For purposes of this talk the designation 'African language' excludes Afrikaans, and the word 'print' is used inclusively to refer to both paper and digital print."Toespraak by die ATR – Simposium 2013 – Paarl
2013-10-23"Ons kan dit nie bekostig om moedeloos te word in die lig van soveel gebreke in Suid-Afrika nie. Ons moet aanhoudend klop om hierdie deur oop te maak in die belang van ál die tale in die land."
