LitNet Akademies-leesgoed: Piet Croucamp

  • 0

Piet Croucamp deel sy top drie leesgoed vir die afgelope jaar met LitNet Akademies.

Michio Kaku se Physics of the Future het my lank op die punt van my stoel gehad. Tegnologie is die een aspek van ons moderne identiteit wat beide politiek en die ekonomie kan verdwerg as determinante wat betref die voortbestaan van die mens. Kaku verduidelik die fisika op ’n wyse wat almal kan verstaan, en dit is seker die opwindendste leeswerk vir my die afgelope twee jaar.

Koop dit by Kalahari.com!

 

My beheptheid met populêre wetenskap het my ook gekry om Sean Carroll se The Particle at the End of the Universe aan te pak. Carroll neem jou deur die politiek en gebeure wat die soektog na die Higgs boson voorafgegaan het, maar in die proses word jy bewus van die wetenskap op 'n wyse wat jou primitiewe instinkte oorweldig.

 

Koop dit by Kalahari.com!

Ek het Nuwe Stemme 5 gelees en die jong Hendrik van Niekerk was vir my meer as net goed. Ihette Jacobs het my herinner aan die vermorsing van emosionele gelatenheid. Daar was ander nuwe, jong stemme wat dalk ewe goed was, maar Van Niekerk en Jacobs was nog saam met my lank na ligte-uit.

 

Koop dit by Kalahari.com!

Die gesprekke tussen JM Coetzee en Paul Auster in Letters: Here and Now (2008 -2011) het baie kritiek van resensente gekry, dalk omdat intelligente gesprek so dikwels gestigmatiseer kan word as elitisties of selfs effe pretensieus. Maar, Coetzee is goed vir my gees, selfs wanneer hy homself met te veel erns bejeën. Jy luister in op die gedagtegang van 'n uiters produktiewe lewe.

 

Koop dit by Kalahari.com!

 

Klik hier en vind uit wat sê die res van ons akademici.

 


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top