Hans Pienaar deel sy top drie leesgoed vir die afgelope jaar met LitNet Akademies.
|
The Ecocriticism Reader: Landmarks in Literary Ecology deur Cheryll Glotfelty en Harold Fromm
Ekokritiek lyk op die oog af soos iets wat uit die jare sestig opgestaan het ná ’n Rip van Winkel-slapie, aangehelp deur te veel groen walms, maar hierdie boek maak ’n mens se oë oop vir die boeiende werk wat reeds op die terrein gedoen is. Die titel van een van die essays is “Is Nature Necessary?”. Ek het veral ’n studie oor die hengelbedryf in Amerika, na aanleiding van ’n Elmore Leonard-moordverhaal geniet, en ’n essay deur Ursula le Guin, “The Carrier Bag Theory of Fiction”, waarin sy die roman prys as ’n wegbeweging van die verhaal van die held, die man met sy wapens, na die vrou met haar houers.
Koop dit by Kalahari.com!
|
|
The Finkler Question, deur Howard Jacobson
Die Bookerpryswenner se skreeusnaakse roman gaan oor Joodse identiteit in ’n hipermoderne Londen, maar dit kon net sowel die geglobaliseerde Afrikaanssprekende s’n gewees het. Die hoofkarakters worstel met die probleem van skuld, of die variasie daarvan wat deur die buitewêreld opgedwing word weens Israel se behandeling van die Palestyne. Dit demonstreer identiteit as immer aanwesig, maar ’n glibberige kalant wat soos ’n dief in die nag by ’n ATM verskyn en verdwyn (en dis nie ’n gewrogte metafoor nie, dis ’n toneel uit die roman).
Koop dit by Kalahari.com!
|
|
Alchemie van die Meeue deur Heidi Papadopoulos
Ek was een van die redakteurs van se besonderse debuutbundel (ook deur my uitgewery uitgegee). Dis rou poësie wat vir baie as te onafgewerk sal voorkom, maar die leser met ’n oop gemoed sal ontroer word deur die beeld van die Kaapse strate wat geskep is in treffende metafore wat nie terugstaan vir ’n Breytenbach nie en volg in die strandspore van Ingrid Jonker.
|
Klik hier en vind uit wat sê die res van ons akademici.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter