LitNet Akademies-leesgoed: Ian Nell

  • 0

Ian Nell deel sy top drie leesgoed vir die afgelope jaar met LitNet Akademies.

Potent Pastimes deur Albert Grundlingh

Goeie ontleding van die Afrikaner-kultuur, spesifiek vryetydsbesteding en sport. Hiermee verbreed hy geskiedskrywing tot veel meer as net politieke gebeure en gee ’n besonderse insig in die Afrikaner se “mindset” oor dié aangeleenthede.

Led into mystery deur John de Gruchy

De Gruchy is ’n uitstekende teoloog en skrywer. Hy skryf hierdie boek na die dood van sy seun in ’n fratsongeluk. Dit is ’n werk wat diep delf in die wese van menswees en die mens se verhouding met God as misterie. Dit gee nie maklike antwoorde nie en konfronteer ons met die moeilike kante van menswees en ons broosheid.

’n Klein lewe deur Wilna Adriaanse

Ek het hierdie outobiografiese skets van Wilna baie geniet. Dit is eg menslik en persoonlik en vertel haar klein verhaal op ’n pakkende manier. Ek ken haar persoonlik en dit het die lees daarvan soveel meer genotvol gemaak.

 

Klik hier en vind uit wat sê die res van ons akademici.

 


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top