LitNet Akademies-leesgoed: Hennie Kruger

  • 0

Hennie Kruger deel sy top drie leesgoed vir die afgelope jaar met LitNet Akademies.

Die bleek man op my hakke: ’n skisofreen vertel deur Harriet Christou

Dit is vir my ’n besonderse boek, omdat ek self naby aan iemand lewe wat ’n psigiatriese siekte het.

Man's search for meaning deur Victor E Frankl

’n Ietwat ouerige boek, maar ek het dit eers onlangs gelees. Dit is aangrypend om te lees van wreedhede en swaarkry in die Auschwitz-konsentrasiekamp, maar ook om dan ’n boodskap te kry dat die lewe sinvol is en dat jy eintlik jou siel kan genees deur sin in die lewe te vind.

The ethics of authenticity deur Charles Taylor

Ook ’n ouerige boek, maar ’n baie interessante een, wat die tekortkominge van modernisme uitlig. Dit word gedoen deur ’n filosoof, maar op so ’n manier dat dit gemaklik lees en maklik verstaanbaar is.

 

Klik hier en vind uit wat sê die res van ons akademici.

 


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top