Hennie Kruger
Hennie Kruger verwerf in 1978 ? BSc graad aan die PU vir CHO. Hierna verwerf hy ook die grade BSc (Hons) in Wiskunde (1982), BCom (Hons) in Inligtingstelsels (1986), MCom in Inligtingstelsels (1988) en MSc in Wiskundige Statistiek (1998) aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat. Gedurende 1994 het hy ook ? PhD in Inligtingstelsels aan die PU vir CHO verwerf. Van 1989 tot 1999 is hy werksaam by Anglogold nadat hy ook langer as 10 jaar by die Universiteit van die Oranje-Vrystaat gewerk het. Tans is hy verbonde aan die Skool vir Rekenaar, Statistiese en Wiskundige Wetenskappe aan die Noordwes-Universiteit op Potchefstroom. Sy werk is hoofsaaklik gefokus op besluitsteunstelsels, optimering en inligtingsekuriteit.