LitNet Akademies-leesgoed: Desmond Painter

  • 1

Desmond Painter deel sy top drie leesgoed vir die afgelope jaar met LitNet Akademies.

Ek lees vir my werk en ook vir ontspanning, dus is die voorafgaande jaar altyd ’n waas van titels: akademiese boeke, joernaalartikels, romans, digbundels, koerantartikels, blogs ... Om die waarheid te sê, dit is moeilik om te onthou wát ’n mens wánneer gelees het! Nadat ek so ’n bietjie gaan rondkrap het in my notas en gekyk het wat nuut op my boekrak is, het ’n paar titels in die besonder darem wel uitgestaan.

 

Chavs: The demonization of the working class deur Owen Jones

Jones is ’n Britse joernalis en in hierdie boek stel hy die bevooroordeelde, dikwels rassistiese uitbeelding van die werkersklasse en armes – en die daarmee gepaardgaande naturalisering en selfs biologisering van ongelykheid – in die media en openbare diskoers met vlymskerp ontledings en geregverdigde woede aan die kaak.

Koop dit by Kalahari.com!

 

 

Psychologisation in times of globalisation deur Jan de Vos

Hierdie boek het oorspronklik in Nederlands verskyn en lewer meedoenlose kritiek op die proses van “psigologisering”, dit wil sê die infiltrering van die sielkunde (sielkundige logika, sielkundige begrippe, sielkundige deskundiges) in elke aspek van ons lewens, en hoe dit ’n erosie van die kulturele en politieke dimensies van ons bestaan tot gevolg het. 

 

Koop dit by Kalahari.com!

 

Thoughts on the New South Africa deur Neville Alexander

Alexander was een van Suid-Afrika se beste intellektuele – beginselvas maar ook pragmaties. Al was hy reeds in sy middel 70’s toe hy in 2012 oorlede is, het ’n mens nogtans gevoel dit was te gou. Hierdie boek, wat Alexander kort voor sy dood voltooi het en eers na sy dood gepubliseer is, het dus gevoel soos ’n totaal onverwagse geskenk. Dit herinner ’n mens nie bloot aan Alexander se beste eienskappe as ’n intellektueel nie, maar lewer ’n belangrike, laaste bydrae tot die politieke diskoers oor die toekoms van ons land.

 

Koop dit by Kalahari.com!

 

Klik hier en vind uit wat sê die res van ons akademici.

 


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top