Watter tekste beïnvloed ons akademici? Stuur vir ons die top drie leesgoed wat jy die afgelope jaar of wat onder oë gehad het, met ’n kort motivering van waarom dit ’n indruk op jou gemaak het. Die verskeidenheid van leesgoed is onbeperk: Dit kan ’n roman of niefiksie boek wees, ’n gedig of essay, ’n belangrike navorsingsteks of selfs ’n bloginskrywing. Deel jou leesgoed met LitNet. |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Chris Nelson Chris Nelson vertel watter leesstof hom die afgelope jaar geboei het: Die rykste man in Babilon deur George S Clason, The South African Armed Forces, 1912-2012. A century’s perspective en Strategic Challenges for African Armed Forces for the Next Decade. |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Herman Wasserman Die drie boeke wat Herman Wasserman die afgelope jaar gelees het wat hom die meeste geraak het, was Kamphoer deur Francois Smith, Until Julius Comes deur Richard Poplak en What I talk about when I talk about running deur Haruki Marukami. |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Bibi Burger "Ek het onlangs drie Engelstalige Suid-Afrikaanse romans gelees wat ek baie geniet het: The cutting room deur Mary Watson, Green-eyed thieves deur Imraan Coovadia en Six fang marks and a tetanus shot deur Richard de Nooy." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Terrence Carney "In Farahad Zama se roman The Wedding Wallah kry die leser ’n realistiese blik op ’n hedendaagse en ontwikkelende Indië, van armsalige boere en hawelose kinders tot Hindoepriesters wat op motorfietse rondry en oor selfone praat." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Hannes van der Walt "Die laaste Afrikaanse boek deur Karel Schoeman is 'n boeiende verhaal, en tipies van die werk van Karel Schoeman, is dit leesbaar en interessant." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Francois Tolmie "Theologie des Neuen Testaments deur Udo Schnelle gaan dikwels in fyn detail in op die verskillende teologiese momente, maar skenk ook genoeg aandag aan die groot oorkoepelende lyne in die teologie van die Nuwe Testament." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Alettie van den Heever "Felski maak die opmerking dat ons taal van kritiek meer gesofistikeerd en wesentlik as ons taal van regverdiging is. Met hierdie boek lewer sy ’n verfrissende bydrae tot laasgenoemde." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Francois Venter "Hy verduidelik oortuigend waarom die Weste (wat Noord-Amerika en Wes-Europa insluit) tans die oorhand in die wêreld het en nie byvoorbeeld China of Islam nie – maar versuim nie om die vraag te vra of dit steeds volhoubaar is nie." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Helize van Vuuren "Die bydraers tot Theory into poetry bevestig dat die teoretiese raamwerke vir die lees van poësie ver te kort skiet by die teoretiese begronding wat reeds vir prosa en drama ontwikkel is." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Pieter Verster "Die politieke leiers se miskenning van betrokkenheid en die wyse waarop hulle die voetsoldate (polisie) in die steek gelaat het, word indringend bespreek." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Zandra Bezuidenhout "Hierdie briewebundel gee ’n kykie in die siel van ’n gevierde skrywer en sy leefwêreld. Sowel die inhoud as Aucamp se fyn stilistiese vermoëns sorg daarvoor dat jy hierdie geskenk aan die Afrikaanse taal, literatuur en kultuur nie kan neersit nie." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Susan Smith "In The Ecological Thought spring Morton weg met ’n motto van Emmanuel Levinas: “Infinity overflows the thought that thinks it.” En so vertrek die leser op ’n reis van uitdagende, grensoorskrydende denke." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Hendrik Geyer "Die argument dat kosmiese en persoonlike tye kousaal verwant is, is miskien net nie oortuigend genoeg nie, maar dat daar wel ’n “gesprek” tussen hierdie konsepte plaasvind, veral deur middel van die tegnologie van die dag, word tog baie goed geïllustreer." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Philip Nel "Wanneer hierdie wilde religie die arena as nasionale godsdiens of teosofie binnedring, begin die ligte van manipulasie flikker. Dis eenvoudig ’n vars kyk na die inheemse religie as faktor in die Suid-Afrikaanse samelewing." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Chris Broodryk “Liefde sonder risiko is soos oorlog sonder enige sterfgevalle,” skryf die Franse filosoof Alain Badiou; dus is liefde sonder risiko onmoontlik. Verder moet die liefde gevier word as ’n uitdagende lewensaktiwiteit waar risiko steeds ’n rol speel, veral in ’n Westerse samelewing, waar risiko dikwels negatief beleef word." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Ampie Coetzee "Oor die intuïtiewe “kennis” soek ek al lankal; en wat was my verbasing toe ek op hierdie boek afkom: Einstein and the Poet ... Ek het gehoop dat ek hier iets sal kry oor intuïsie. Die groot wetenskaplike teenoor die digter, die rasionele wetenskap teenoor die intuïtiewe." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Michael le Cordeur "In die bundel kyk Small terug op die lewe. Vroeër was hy in opstand teen ’n stelsel, het hy stem gegee aan mense na wie niemand wou luister nie. " |
|
"Waarom het die boek juis in 2013 ’n topverkoper geword? Wie weet? Dalk omdat, om Voltaire te parafraseer, niks so kragtig is soos ’n roman waarvan die tyd gekom het." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Elzette Steenkamp "De Villiers ondersoek die verskeidenheid maniere waarop die aarde tot ‘n einde kan kom – alles van natuurfratse tot zombies en vyandige ruimtewesens. Sy skryfstyl is intelligent en innemend en hy het beslis sy huiswerk gedoen. Wees maar paraat, die zombie-apokalips is dalk net om die draai ..." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Naòmi Morgan "Ek is ’n groot aanhanger van Françoise Hardy, wat hierdie jaar 70 is. Sy het onlangs haar memoires gepubliseer, en in 2012 het haar eerste roman, L’amour fou, verskyn, met ’n CD waarna ’n mens moet luister terwyl jy lees." |
|
"Kaku verduidelik die fisika op ’n wyse wat almal kan verstaan, en dit is seker die opwindendste leeswerk vir my die afgelope twee jaar."
|
|
"Die verweefdheid van die verskillende motiewe in die roman het my beïndruk, veral die deurlopende spelmotief in al sy manifestasies." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Chris van der Merwe "’n Heerlike, teen-die-draad-in boek waarin De Botton sy 'wisdom without doctrine' aanbied." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Dirk Laurie "Dit is op die oomblik die mode om gelowiges en ateïste in twee kampe in te jaag, skape en bokke wat oor en weer teenoor mekaar blêr. " |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Phil van Schalkwyk "Dalk gaan dit vreemd klink, maar in al die modules wat ek in 2013 aangebied het, was daar studenteskryfwerk wat ’n besonder positiewe indruk op my gemaak het. " |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Franci Vosloo "Die kompleksiteit van menseverhoudings in die verhale sit jou as leser op ’n ander plek neer ná die lees van die boek." |
|
"’n Ouerige boek, maar ’n baie interessante een, wat die tekortkominge van modernisme uitlig. Dit word gedoen deur ’n filosoof, maar op so ’n manier dat dit gemaklik lees en maklik verstaanbaar is"
|
|
"Dit is ’n werk wat diep delf in die wese van menswees en die mens se verhouding met God as misterie. Dit gee nie maklike antwoorde nie en konfronteer ons met die moeilike kante van menswees en ons broosheid." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Lida Krüger "Wat my opgeval het, is dat haar idees nie slegs op vroue van toepassing is nie, maar op enigeen wat deur die samelewing aangemoedig voel om sy of haar donker kant te onderdruk." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Frederick Botha "Goeie poësie is een van die hoogste vorme van kuns, en Van Niekerk bemeester hierdie kuns op grond van haar klankryke spel met die taal." |
|
Litnet Akademies-leesgoed: Hans Pienaar "Die Bookerpryswenner se skreeusnaakse roman gaan oor Joodse identiteit in ’n hipermoderne Londen, maar dit kon net sowel die geglobaliseerde Afrikaanssprekende s’n gewees het" |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Desmond Painter "Dit herinner ’n mens nie bloot aan [Neville] Alexander se beste eienskappe as ’n intellektueel nie, maar lewer ’n belangrike, laaste bydrae tot die politieke diskoers oor die toekoms van ons land." |
|
LitNet Akademies-leesgoed: Janien Linde Die teks is ’n versameling van artikels wat deur verskeie letterkundiges geskryf is wat raak aan die onlangse fokus wat geplaas word op welstand, moraliteit en wat die skrywers “a hermeneutics of affirmation” noem." |
|
Wil jy ’n bydrae lewer tot hierdie gesprek? Stuur jou voorstel aan akademies@litnet.co.za." |