Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Wie of wat is werklik? ’n Lesersindruk van Erla Diedericks se Jagspinnekop

Jannes Erasmus Lesersindrukke 2026-08-12

"Die vraag is dus nie net wie die moordenaar is nie. Dit word toenemend: Wie van hierdie mense bestaan werklik soos hulle hulself aanbied? Dáár begin die boek lekker onder ’n mens se vel inklim."

Die oorkant deur Annemarié van Niekerk: ’n resensie

Deborah Steinmair Resensies 2026-08-12

"Dis ’n wonderbaarlike, onvolmaakte boek. Soms voel dit asof die skrywer doelbewus besluit het om sekere kwessies aan te roer en tog is daar ’n eenvoud en stilte aan die roman. In die voortreflikste oomblikke hou dit ’n spieël op vir ons gebroke samelewing en vir die mens se inherente gebrokenheid."

Ervaring, verbeelding en politieke oordeel: by die lees van Max du Preez se Aanstap Boere

Pieter Duvenage Resensies 2026-08-05

"En hoe beoordeel ’n voormalige dissident ’n regering waarmee hy die demokratiese ideaal deel, maar waarvan hy die praktyk toenemend afwys?"

Jagspinnekop deur Erla Diedericks: ’n lesersindruk

Surene Esterhuizen Lesersindrukke 2026-08-04

"Sy gee erkenning aan die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans wat vir haar die geleentheid gebied het om ’n groot gedeelte van die manuskrip tydens haar residensiële verblyf in KwaNojoli te voltooi."

Koning Mohlomi, seun van Monyane deur SM Guma: ’n resensie

Ronel du Toit Resensies 2026-07-30

"Dit is hierdie stories wat medeskeppend is tot ons identiteit, ons verhoudings beïnvloed, en bepaal selfs hoe ons die wêreld verstaan en daarop reageer."

Merkwaardige bosreuse van Suider-Afrika deur Jaco van Wyk: ’n lesersindruk

Hennie van Deventer Lesersindrukke 2026-07-29

"Van Wyk sonder 40 kranige grootvoete uit en lewer oor elk ’n pikante klein “biografie” wat die leser se kennis verbreed, tot nuwe insigte lei en plek-plek lekker amuseer."

Grensloos deur Wilna Andriaanse: ’n resensie

Elna van der Merwe Resensies 2026-07-27

"[Adriaanse] bevolk haar verhaal met sulke volronde karakters dat ’n mens selfs die mees ondergeskikte een mis wanneer hul tyd op die blad verby is. Die hoofkarakters werk hulle nie dood om die leser se aandag te hou nie, want óm hulle wemel dit van newekarakters wat gul bydra tot die vlot verloop van die verhaal."

The geography of power: Hollow land: Israel’s architecture of occupation by Eyal Weizman

Mphuthumi Ntabeni Books and writers 2026-07-22

"The occupation, he insists, is not merely administered through architecture and engineering, but is the architecture of conquest."

Van ’n afstand af deur Koos van die Waterberge: ’n lesersindruk

Marlize Louwrens Lesersindrukke 2026-07-20

"In hierdie bundel neem Koos van die Waterberge die leser op ’n reis deur sy persoonlike ervarings van die Suid-Afrikaanse platteland, die politieke omwentelings van ons tyd, en die universele temas van verlies, verandering, geheue en behoort."

Kortpadliefde deur Madelie Human: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2026-07-16

"Die storie is goed geskryf en daar is heelwat verrassingselemente in wat dit allesbehalwe voorspelbaar maak."

Harte in harmonie deur Felicia Snyman: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2026-07-16

"Die storie word perfek saamgebind met verwysings na twee bekende liedjies waarna die lesers kan gaan luister en só hul emosionele belewenis selfs nog ’n rukkie langer kan uitrek."

Luna’s journey by Shareez Bagaria, a reader’s impression

Sumaya Adams Books and writers 2026-07-15

"Every child deserves a story that reminds them they are brave enough to face the unknown, kind enough to make a difference, and strong enough to believe in themselves."

Steierwerk deur Johan Myburg – digter verwoord "Weimar-moment" in hoogtepunt van die digkuns: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Charl-Pierre Naudé Resensies 2026-07-14

"Steierwerk, ’n bundel van 71 eietydse sonnette deur Johan Myburg, is ’n hoogtepunt van digkunsprestasie in Afrikaans van die afgelope etlike dekades. Dit is ’n prestasie wat iets van die destydse Weimar-republiek se tragiese kunshoogtepunte dra: Dit is uitstygend, nie ondanks nie, maar as gevolg van verval op ongeëwenaarde hoop."

LitNet Akademies-resensie-essay: Ek is nie Danie deur Danie Marais

Louise Viljoen Resensies 2026-07-08

"Dit is asof die gedigte wat uit die oeuvre gelig is, sekere aspekte van Marais se digkuns uitlig, asof die ribbes van sy poësie hier blootgelê word. En om my metafore nog verder te meng: Dit is asof die sop afgekook is en kragtiger geword het, asof die gedigte ’n groter intensiteit en skerper byt kry in hierdie nuwe konteks."

Afrikanerman deur Mart-Marié Uys: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2026-07-06

"Jy kan die Afrikanerman nie in ’n boksie druk nie. Nie hoe hy lyk nie en ook nie hoe hy dink nie. Daar is geen stereotipes nie. Die Afrikanerman behoort tot ’n diverse groep. Maar die oorgrote meerderheid sit met dieselfde trauma, bekommernisse en toekomsvooruitsigte wat hul gemoedsbeswaard maak."

PenAfrican: Land by Maggie O’Farrell – a book review

Mphuthumi Ntabeni Books and writers 2026-07-06

"Land is among the finest historical novels of recent years: intellectually ambitious, emotionally resonant, politically alert and written with extraordinary grace. It confirms Maggie O’Farrell as one of the most accomplished novelists writing in English today."

Boekevat met Deborah: Seuns weet deur Frederick Botha en Grensloos deur Wilna Adriaanse

Deborah Steinmair Boekrubrieke 2026-07-06

"Dis ’n lieflike debuut, weerloos, broos en bittersoet." En: "Dis van meet af aan hoogs spannend, en dis veral Adriaanse se vermoë tot karakterisering wat die leser vasgenael hou." Lees Deborah Steinmair se boekrubriek.

’n Nuwe skatkis! Spienekelientjies, saamgestel deur Antjie Krog: ’n resensie

Alet Mihalik Resensies 2026-07-01

"Wanneer ’n kind ’n rympie aanleer, versterk dit die neurologiese 'paadjies' wat verband hou met sekwensie of opeenvolging, wat nodig is vir  memorisering van die alfabet, vermenigvuldigingstafels, ens."

The boy and the whale shark by Cayla Lewis: a reader’s impression

Sumaya Adams Books and writers 2026-07-01

"The whale shark becomes more than just an animal encounter; it feels like a quiet symbol of acceptance and calm strength."

Die onsigbare deur PJO Jonker: ’n lesersindruk

Elsabé Welman Lesersindrukke 2026-06-30

"Vanaf die eerste bladsy het Jada, Erfdeel en Jonker se manier van skryf deel van my geword – hierdie is nie ’n gewone liefdesverhaal nie. Nie ’n spannings- of speurroman nie. Die boek het sy eie stasie."

Top