Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
’n Vrou staan op deur Ilse Verster: ’n resensie
2025-01-02"Maar hoekom 40 jaar in ’n gewelddadige huwelik bly?"
Waar die doringbome sing deur Elize Parker: ’n lesersindruk
2024-12-23"Trilogieë, of dit nou in die vorm van boeke of films is, eindig nie altyd goed nie. In die geval van Parker se Laeveld-reeks sal enige mens wat die eerste boek geniet het, waarskynlik by die hele reeks aanklank vind."
Rooisand deur Jeremy Vearey: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2024-12-18"Konvensies van vergange eras ten opsigte van byvoorbeeld geslag en seksualiteit, etnisiteit en 'ras' verskil vandag hemelsbreed van wat selfs ’n paar dekades gelede as normatief aanvaar is. Dit het tot gevolg dat afwykings van tradisionele strukturering belangwekkende gevolge het."
Map cards for Africa by Ilze Brüggemann: a review
2024-12-18"Map cards for Africa is basically built on three narrative levels: firstly, the story of Ilze Brüggemann’s reconstruction of a postcard collection, which belonged to her grandmother with the same name; secondly, the clarification of terminology regarding postcards, stamps and maps; and thirdly, a lesson in history and geography, mostly in the South African context."
Lea gaan skool toe deur Zuléka Smit: ’n lesersindruk
2024-12-17"Menige kinderboek bestaan uit ’n storie in woorde en ’n storie in prente. Albei is belangrik. Prente in kinderboeke is nie bloot mooi tekeninge nie. ’n Goeie kinderboekillustreerder dra aktief by tot die verhaal deur tekeninge weer te gee wat meer doen as bloot die storie hervertel."
Onsigbares en gelukkige eindes: ’n gesprek tussen PJO Jonker en Hennie Aucamp
2024-12-17"Met die lees van die volgende twee uiteenlopende verhale het ek nie ’n gevoel van prekerigheid ondervind nie, maar aansporing tot selfondersoek was daar beslis."
Donkerster deur Annerle Barnard: ’n lesersindruk
2024-12-17"Annerle Barnard kán skryf. Dis nie altemit nie en met hierdie heerlike spanningsverhaal sal sy waarskynlik nóg lesers wen."
Ditch mediocrity deur Heléne Smuts, ’n resensie
2024-12-13"Ditch mediocrity is propvol wenke en die skrywer bied waardevolle lesse vir entrepreneurs, leiers en spanlede in alle stadiums van hul reise aan. Sy praat oor imposter syndrome en verduidelik dat dit meer algemeen is as wat ons besef."
One pot cookbook for South Africans deur Louisa Holst: ’n resensie
2024-12-13"Hierdie boek is saamgestel deur Louisa Holst (wat bekend is vir haar Air fryer-kookboek), en die geregte is gepas vir familie-etes. Die eenvoud van die resepte sal baie mense aanstaan. Van die disse lyk vir my te vanselfsprekend, maar vir ’n onervare kok sal dit nuttig te pas kom."
’n Kersfeeskomplikasie deur Dina Botha: ’n resensie
2024-12-10"Dina Botha is nie verniet die onbetwiste koningin van Romanzas nie."
Haas en Harriët deur Susan Coetzer: ’n resensie
2024-12-10"Die onheilspellende ondertoon van die boek kom sit egter vroeg-vroeg op die krop van jou maag, hoewel die skrywer aanvanklik nie veel verklap nie ... Die lang, uitgerekte somerdae waar jy wens die tyd wil vinniger omgaan na iets lekkerder toe; die dameskroeë waar net grootmense kon ingaan en kinders buite melkskommels of koeldrank kon geniet, sonder ouertoesig, want dit was 'veilig'."
Bloedbroers: na die slagveld van Smokeshell en terug deur Deon Lamprecht: ’n resensie
2024-12-10"Dis nie net nóg ’n kroniekskrywing van die Bosoorlog [nie] ... Dit staan juis vir my uit omdat dit die kwessie van genesing, en nie net oorlewing in ’n gevegsituasie nie, aanpak. Die talle veterane van die Grens-/Bosoorlog kan werklik baat daarby vind om dit te lees."
Lucky bastard by Anthony Akerman, a reader impression
2024-12-10"Who would not be angry? One day, you are descended from royalty; the next day, you are a nobody with absolutely no idea who your parents are."
In reaksie op Sakkie Spangenberg se boek: Wat die Waarheid is
2024-12-09"Ek stem wel met Spangenberg saam dat daar fout is met die kerk, maar nie met wat dit is nie. Die probleem lê nie by die Christelike leerstellings of by die meesterverhaal nie, maar by die kerk self. Dis ’n drastiese stelling, maar laat my asseblief toe om te verduidelik."
Troep, saamgestel deur Bun Booyens: ’n resensie
2024-12-06"Ek, die resensent, en duisende ander voormalige dienspligtiges soos ek, weet vandag alte goed hoe gelukkig ons was om ongeskonde deur alles te kon kom. Juis daarom is dit nodig om hieroor te skryf. Noodsaaklik, ter wille van begrip vir hulle wat nie andersins ’n stem sou hê nie."
Vinjette in tyd: Twa die tydloper deur Anoeschka von Meck: ’n resensie
2024-12-04"Twa die tydloper is ’n boeiende roman oor die groei van die jong hoofkarakter tot volwasse vrou wat lesers sal meevoer en inspireer om hulleself te verwesenlik."
Wanneer woorde asemhaal deur Maritha Broschk: ’n lesersindruk
2024-12-03"Die gedigte ondersoek die volle spektrum van emosie, van vreugde en liefde tot rou en verlies, en bied ’n oorsigtelike blik op ervarings wat by ’n diverse leserspubliek aanklank kan vind."
Swyg deur Erla Diedericks: lesersindruk en onderhoud
2024-12-03"Met Swyg skep Erla weer eens karakters wat baie uiteenlopend is, en ’n mens kan net wonder hóé die klomp uiteindelik by mekaar gaan inskakel."
"Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp: ’n resensie
2024-12-02"’n Splinternuwe, allesomvattende en diepgaande gids vir redevoering en debattering het die lig gesien. 'Dames en here' is ’n welkome riglyn vir redenaars, debatteerders, onderwysers, afrigters en ouers, geskoei op die riglyne van die ATKV, en geskryf deur gesoute kenners van die aard van openbare redevoering en die vereistes vir die suksesvolle uitvoering daarvan."
Borrelgom deur Jana du Plessis Müller: ’n resensie
2024-11-26"Borrelgom is ’n grootwordverhaal wat hoofsaaklik fokus op gesinsverhoudinge en vriendskap teen die agtergrond van ’n baie lelike olifant in die vertrek, naamlik seksuele gereedmaking en teistering. Sonder enige veroordeling of moralisering slaag die skrywer baie goed daarin om haar boodskap sensitief en met genoeg lig en hoop oor te dra."