Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Wie de hel is Johnny Joubert? deur Dana Snyman, ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2025-10-28

"Soos met die meeste dinge, beteken rugby verskillende dinge vir verskillende mense."

Vredemaker deur Reggie Peace: ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2025-10-27

"Om dit uit die ghetto, of uit poverty, te 'maak' is miljoene mense se droom, en Peace het dit met onderskeidings gemaak."

Briewe van heldinne is ’n skitterende vertaling deur WJ Henderson: ’n lesersindruk

Cas Vos Lesersindrukke 2025-10-24

"WJ Henderson se vertaling van Ovidius se Heroïdes is soos vars, murmelende water in ’n stroom. Dit laaf die oë, denke en hart van die leser."

If it’s Tuesday by Tony Peake: a review

David Willers Books and writers 2025-10-24

"The weeklong journey the characters undertake provides a marvellous readymade itinerary for anyone wishing to follow the tour – although personally I think you’d need two weeks, not one!"

Lesersindruk: Misdaad/Liefdaad deur Joanne Lombard is ’n vars debuut

Hetta Pieterse Lesersindrukke 2025-10-22

"Die storiewêreld is vol kontraste: ’n oënskynlik gemaklike voorstedelike lewe waar die gesin inderwaarheid al jare lank swaarkry weens die gevolge van dwelmverslawing; ’n restourasie-werkswinkel wat ’n hawe bied teen die harde werklikhede van misdaad en inbrake in ’n stad."

Hart onder arres deur Judy Troskie: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-10-20

"Hart onder arres is veel meer as net ’n liefdesverhaal. Dit is ook ’n spanningsverhaal propvol intrige en gevaar."

Die (vreemde) einde van ’n koerant deur Barnard Beukman: ’n lesersindruk

Salomé Kotze Lesersindrukke 2025-10-20

"Dit is ’n waardevolle stukkie geskiedenis – nie net beskryf dit die heengaan van koerante nie, maar ook die waarde wat mense (lesers) aan daardie stukkie papier heg."

Klein konings deur Theo Kemp "’n leeservaring uit die boonste rak"

Deborah Steinmair Resensies 2025-10-16

"Kemp druk sy vinger in vele wonde. Die roman is ’n studie oor skuld. Hy laat die hoofkarakters se geskiedenis oopval soos die land s’n. ’n Land waar een se erfenis die ander se letsel is. Niks is eenvoudig nie. Antwoorde is daar nie. Dis die karakters wat jou bybly."

Atrium – Gedigte 1970–2025 deur Marlise Joubert (samesteller: Karen de Wet): ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Dewald Koen Resensies 2025-10-16

"Joubert se veelsydigheid verkry gestalte deur haar lewenservaringe en wederswerwinge. Atrium kan as ’n klein ark beskou word wat gevul is met allerlei kleinode waarin haar verse bewaar word."   

’n Jaar in my lewe deur Louis Pretorius, ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2025-10-14

"Beide tieners en volwassenes behoort dié jeugroman te lees. Dit is ’n prysenswaardige jeugroman."

"Oor monnemente gepraat": ’n resensie van Klein konings deur Theo Kemp

Dewald Koen Resensies 2025-10-14

"Kemp is nie prekerig nie en dwing geen standpunt op sy leser af nie. Elke leser is in staat om sy of haar eie geleefde ervaring deur middel van een van die vele karakters te beleef."

Life is ’n biets deur Faeed Amardien: ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2025-10-10

"Lees hierdie onpretensieuse debuutroman van Faeed Amardien en gee dit vir ’n vriend, vriendin en daai tiener wat dalk net hormone, knieë en elmboë is, sodat ons saam kan besluit dat die lewe waaragtig nie fair is nie, en dat elkeen sy eie spoke moet besweer."

Boykie vir Afrika deur Pieter de Poortere: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2025-10-08

"Vir De Poortere is geen heilige objek veilig nie; links en regs word ewe hardhandig met karwatse getakel. Dis gruwelik genotvol om jou daarin te verkneukel."

Deel jou lesersindruk met LitNet!

LitNet Lesersindrukke 2025-10-08

In die tyd van die Toyota Stellenbosch Woordfees, waarvan die tema vanjaar "deel" is, nooi LitNet lesers opnuut uit om hulle lesersindrukke met medelesers te deel. Skryf vir ons as jy ’n boek geniet het – en beslis ook as jy kritiek oor ’n boek wil uitspreek. Skryf oor ’n boek wat jou ongemaklik gemaak het. Skryf oor ’n boek wat jy nie kon neersit nie. Skryf oor ’n boek wat jy gelees het terwyl jy gewoonlik tyd op die sosiale media sou deurbring. Skryf oor ’n boek wat jy herontdek het. Dit hoef glad nie ’n nuwe boek te wees nie, en dit moenie ’n boek wees wat van ’n uitgewer af ontvang is nie. 

Sluitstuk deur Johann Rossouw: ’n persoonlike lesersindruk

Estelle Kruger Lesersindrukke 2025-10-08

"Viva, Karel Schoeman!"

Die katartiese metode deur Jaco Fouché ’n klein boek met ’n reuse impak

Deborah Steinmair Resensies 2025-10-06

"Dis eerder soos ’n doring in jou voet waarteen jy kort-kort aandruk om daardie lekker jeukerige pyn te ervaar. Dit bly jou by soos ’n belediging. Die onwaarskynlike heldin, Tronelle, word dae lank die metgesel van jou denke."

Lesersindruk: Bloei + Blom

Tania Colyn Lesersindrukke 2025-10-02

"Hierdie boek bring die stories van mense wat dalk voorheen nie bekend was nie, aan die lig. Dit vertel die verhale van mense wat hul drome gevolg het, ten spyte daarvan dat hulle dikwels in moeilike omstandighede begin het."

Die ooggetuie deur Wilna Roux, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2025-10-01

"Die ooggetuie is die een boek wat John Grisham sou wens hy het geskryf."

Die helfte is jou nie vertel nie deur Thérèse Bartman: ’n resensie

Mimie de Vries Resensies 2025-09-30

"Die bundel verleen stem aan ontmagtigdes en diegene wie se lewens nooit wasdom bereik het nie. Dis egter die wyse waarop dit gedoen word wat die bundel as ’n juweel laat uitstaan met die klanksnitte se atmosfeerskeppende musiek, die grafiese materiaal, en taal wat soms die tekstuur van warm heuning het en dan weer pynlik steek soos lemmetjiesdraad wat ’n konsentrasiekamp afkamp."

Die jaar toe dit gemmerbier gereën het deur Philip de Vos: ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2025-09-24

"Nee, ons boeremeisie heet Katisja, en haar rum punch is gemmerbier. Die enigste ding wat dalk dieselfde is, is die wind van verandering."

Top