Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Drie moorde in die baai deur Madelein Rust: ’n lesersindruk

Zelda Mans Lesersindrukke 2025-08-12

"Karakters wat in jou hart inkruip, ’n gemaklike vertelstyl en spanning wat jou deur die bladsye laat vlieg, is die wenresep vir Madelein Rust se laaste roman, Drie moorde in die baai, wat onlangs verskyn het. Ek was presies halfpad deur die boek toe die nuus van haar heengaan breek. Ongetwyfeld het ek verder gelees met elke woord wat tot ’n mate heiliger gevoel het."

Death in Pretoria deur Peter Auf der Heyde, ’n resensie

Anschen Conradie Resensies 2025-08-06

"Die doodstraf is van nature ’n gelade onderwerp wat sterk emosies ontlok, maar die skrywer slaag deurentyd daarin om die fokus op die feite te hou en die leser toe te laat om sy/haar eie afleidings te maak."

Op pad na ’n klooster in die sneeu deur Johannes Bertus de Villiers: ’n persoonlike bespreking

Winnie Nel Boeke en skrywers 2025-08-05

"As mens oor hierdie wonderlike boek deur Johannes Bertus de Villiers wil praat, moet mens ook die misterie van die mistieke bespreek."

Sny hulle in sterre uit deur Fanie Viljoen: 'n resensie

Magdel Vorster Resensies 2025-07-30

"Ja, Viljoen het bo en behalwe die verskrikking van die natuurramp wat hulle getref het, inderdaad ook gesorg vir die perfekte storm onder daardie tafels. En dit terwyl, in die al vinniger lesende leser se agterkop ’n voorkennis dat almal nie hierdie ramp gaan oorleef nie, klop. Wie gaan, soos Shakespeare se Juliet se versugting vir haar Romeo, in sterre uitgesny word?"

Zombie-sokker deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Dewald Koen Kinderboeke 2025-07-29

"Beide seuns en meisies sal Zombie-sokker geniet weens die spannende verhaallyn en die gril-element. Zombie-sokker is ’n ideale teks om negejariges en ouer te laat lees."

Bloed van ’n vlinder deur Marieta Carrick: ’n resensie 

Riette Rust Resensies 2025-07-29

"Carrick is hier om te bly. Vlinder het reeds die Nielsen-topverkoperlys gehaal. Die roman het tonge aan die klap."

Labour law in practice deur Andrew Levy, ’n lesersindruk

Louise Viljoen (JBay) Lesersindrukke 2025-07-23

"Die doel van die boek is om aan lesers te wys hoe om arbeidsreg op ’n praktiese en nuttige wyse in die werksplek toe te pas sonder om toe te laat dat dit ’n krag of oorweging word wat alles oorheers."

’n Noodvlug vir Rusty deur Jaco Versfeld: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-07-23

"Ek was aangenaam verras toe ek die naam van ’n manlike skrywer op ’n Romanza-voorblad sien. Natuurlik lees mans ook Romanzas, al sal van hulle dit dalk ontken."

Hoe haal ek nou asem? deur Cliffordene Norton: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2025-07-22

"Hoe haal ek nou asem? is ’n geslaagde jeugroman wat op vertederende wyse die dood van ’n ouer ondersoek."

Die moord op Deveney Nel deur Julian Jansen: ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2025-07-22

"Lees hierdie boek. Nog beter, koop meer as een en gee dit vir jou bure, dominee, pastoor of geloofsleier, jou kind se onderwyser en almal wat jy teëkom wat by kinders betrokke is. As ons as gemeenskap probleme vroeg genoeg raaksien en daarop reageer, kan hierdie tipe misdrywe gekeer word voordat dit gebeur."

Haar grootmensliefde deur Cynthia Robertson: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-07-21

"Die held en heldin móét by mekaar uitkom. Romanza-skrywers se onmiskenbare kreatiwiteit om oorspronklike tussenin-stories uit te dink verras my keer op keer, veral omdat dit alles in net sowat 180 bladsye moet gebeur."

Binnerym van bloed deur Antjie Krog: ’n resensie

Ihette Senekal Resensies 2025-07-17

"Dit is ’n roman wat gelees en weer gelees moet word, om telkens nuwe gewaarwordinge te beleef. Dit bly egter onteenseglik dat indien dit so sou wees dat hierdie publikasie die laaste is uit Krog se pen, dit ’n hoë noot is om ’n formidabele oeuvre mee af te sluit."

Karooseun van Vosburg deur Franklin Sonn: ’n resensie

Clinton V du Plessis Resensies 2025-07-16

"Karooseun van Vosburg is ’n insiggewende veelkantige verhaal deur iemand wat ondanks die dikwels fatalistiese val van die dice sy regmatige en volwaardige plek in die son kon kry, in ’n land wat werklik behoort aan almal wat dit bewoon."

Twyfelbos deur François Loots: ’n resensie

Anschen Conradie Resensies 2025-07-16

"Die insluiting van verskeie ander werklike historiese figure, onder andere Jan Tesselaar, wat in 1828 as Caledon se veldkornet aangestel is en rondom wie daar inderdaad ’n legende aangaande sy huweliksdag gehul is, verseker geloofwaardigheid en outensiteit wat tyd en ruimte betref."

Vredemaker deur Reggie Peace: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2025-07-15

"Reggie se eerlikheid oor die gevoel wat kinders wat uit sulke gesinne kom, met hulle saamdra, ruk jou. Hy praat van goeie tye, 'maar ek kan meestal net die slegte goed onthou. Die goed wat jou trauma word.'"

Die moord op Deveney Nel deur Julian Jansen: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2025-07-09

"Hierdie boek is nodig. Met die lees daarvan het ek egter besef dat dit eerder ’n nuttige handleiding vir ouers en die gemeenskap is oor die gevaartekens wat geweldsmisdaad voorafgaan as ’n boek oor die persoonlike besonderhede van Deveney."

The shortest history of China deur Linda Jaivin: ’n resensie

Marius Vermaak Resensies 2025-07-08

"Ek het met ’n fyn kam deur die indeks gegaan op soek na gapings. Dis werklik merkwaardig hoe soveel in so min bladsye gedek word."

Skemerverse deur Estelle Kruger: ’n lesersindruk

Christina Johanna (Christa) van Staden Lesersindrukke 2025-07-03

"Skemerverse is ’n bundel verse wat ek nie kon neersit voordat ek die laaste gedig gelees het nie."

Gevarieerdheid en inklusiwiteit laat Merang vonkel: ’n lesersindruk

Mimie de Vries Lesersindrukke 2025-07-03

"Die veelkleurige voorplat en titel – merang beteken 'fees' in Kaapse Moslemafrikaans – stel ’n poësiefees gekenmerk deur vele tongvalle en style en verskeidenheid in die vooruitsig."

Spud: The reunion deur John van de Ruit: ’n resensie

François Verster Resensies 2025-06-25

"Soms skryf outeurs individuele boeke in ’n reeks op so ’n wyse dat elkeen as ’n eenheid op sy eie gelees en geniet kan word. Spud, die eerste boek in die reeks en wat in 2005 verskyn het, kan wel apart en op sy eie gelees word, sonder vooruitskouing of verwagting, maar die ander, en beslis nommer vyf, Spud: The reunion (2024), maak swaar staat op kennis van die vorige boeke, nie slegs omdat daar so baie terugverwysings is nie, maar omdat lesers van die reeks sal wil weet wat met die Crazy Eight gebeur het sedert hulle gematrikuleer het, asook wat by die reünie gebeur, en waarskynlik ook of daar verdere boeke in die reeks gaan wees."

Top