Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Prins deur Ryan Pedro: ’n resensie
2025-05-27"Die beelde van manlikheid wat die digter hier aanbied, wil veral ons begrip van bepaalde vorme van manlikheid kompliseer en verwikkel."
The truth about Cape Slavery deur Patric Tariq Mellet: ’n lesersindruk
2025-05-26"Daar moet beslis veel meer oor slawerny gepraat word, en daar moet baie navorsing daaroor gedoen word. Maar nie op hierdie manier nie."
Lees- en leerpret met Bollie: ’n resensie
2025-05-22"Die Bollie-werkboeke bied bo en behalwe kosbare aktiwiteite om letter- en syfervaardighede aan te leer, baie geleenthede om skryfvaardighede te oefen en vas te lê. En Bollie-aanhangers van weleer kan ontspan. Met Wendy Maartens as vertaler, is Bollie in veilige hande."
The heart is the size of a fist deur PP Fourie: ’n lesersindruk
2025-05-21"Fourie se storie is rou, beeldskoon gestruktureer en gestroop van enige valsheid. Hy gebruik tydspronge, fragmentasie en perspektiefwisseling op so ’n manier dat dit voel soos ’n droom – nie een wat vaag vervaag nie, maar een wat jy onthou lank nadat jy wakker word."
LitNet Akademies-resensie-essay: Dienaar van die waarheid deur MC Botha
2025-05-15"Desondanks, as die leser hierdie hebbelikhede kan verduur, lewer MC Botha met Dienaar van die waarheid ’n roerende, dikwels kostelike getuienis van sy grootouers aan vaderskant en van sy ouers – merkwaardige mense wat na die beste van hulle beperkte vermoëns die goeie lewe in moeilike omstandighede probeer leef het."
Song of the slave girl by Ashraf Kagee: A reader’s impression
2025-05-13"It’s a daring book. He shows – and tells – with every word a song’s note, an ingredient that stirs flavours within, and the result is both delicate and rich."
Kategismus deur Daniel Hugo: ’n lesersindruk
2025-05-05"Maar bowenal is Daniel Hugo se digterstuin ’n ware Eden van taal, ’n copia verborum (om Erasmus van ouds se term hier aan te pas), ’n warboel en weelde, ’n oorvloed van woorde wat wag om vir poëtiese gebruik gepluk en tot ’n potpourri vermeng te word."
Spanje. Reise in ’n palimpses deur André Pretorius: ’n resensie
2025-05-02"Pretorius loop op agterpaadjies en onbekender weë waar die gewone toeris nie kom nie – selfs in die winter, en hy het dit selfs ook tydens Covid gedoen. Soms is hy betower deur wat hy raakloop, ander kere ontnugter deur verval en verwaarlosing. Hy skryf gepas oor '’n spieël van insig oor die nuwe Spanje wat beide deernisvol en genadeloos is'."
Klaarte deur Louis Esterhuizen: ’n resensie
2025-05-02"In Klaarte lewer Esterhuizen berig oor sy digterlike belewenisse in ’n krimpende, kleiner wordende lewensruimte, byvoorbeeld die digter-spreker se huis en tuin, of herinneringe wat uitspeel in denkbeeldige en vergange ruimtes."
Decima by Eben Venter, a review
2025-04-30"Decima is a triumph of moral and aesthetic ambition. By entwining a species’s extinction with personal and national identity, Venter crafts a story that is simultaneously urgent and timeless. Its greatest achievement lies in making readers feel the weight of ecological collapse not as abstract data, but as the sum of countless individual tragedies, human and animal alike."
Waar takke stilweg reik: ’n lesersindruk van White Ivy deur Susie Yang
2025-04-29"Die kulturele spanning waarmee Ivy worstel – as Chinese Amerikaner wat balanseer tussen ’n tradisionele familie en ’n moderne wêreld wat haar nie altyd verstaan nie – het my diep geraak."
Lessons in chemistry deur Bonnie Garmus: ’n lesersindruk
2025-04-29"Ons weet dat ’n mens ’n boek nie op grond van die voorblad moet beoordeel nie, maar hierdie een het tog my oog dadelik gevang. Ek is mal daaroor. Ek sien ’n selfversekerde, sterk vrou wat nie in vandag se tyd inpas nie. Sy is ’n vrou van die ’60’s."
Mamba deur Pieter Henning: ’n resensie
2025-04-24"Mamba is ’n spanningsroman met ingewikkelde intriges en ’n menigte invalshoeke wat jou hare behoorlik laat rys. Daar is talle avonture, maar ook sameswerende geheimsinnigheid en rugstekery. Die soektog na die slang raak lewensgevaarlik, selfs doodsveragtend."
Mamba deur Pieter Henning, ’n lesersindruk
2025-04-22"Daar is ook letterlike kronkels, met ’n slang as karakter. Dit is ’n vars aanslag om soms uit die slang se perspektief te kyk."
Die hart het geheime deur Malene Breytenbach: ’n resensie
2025-04-22"Die 'gaan hy?' en 'sal sy?'-momente word heerlik uitgerek en skep verwagting, afwagting en spanning."
Die Satyrica van Petronius, vertaal deur WJ Henderson: ’n lesersindruk
2025-04-16"’n Omdigting (vertaling) in die eie taal is soos soetvye op die tong. Die Satyrica kry in Afrikaans ’n eie lewe, ritme en stukrag. Elke taal bied ’n ander opvatting van kennis en dus van die wêreld. Daarom verwelkom nuwe metafore die Latynse vertaling by die Afrikaanse hawe."
Breinlabirint deur François Bloemhof: ’n resensie
2025-04-15"Dit is ’n plot wat enduit boei – nóg ’n suksesverhaal op Bloemhof se kerfstok."
Vryheid in beperkings: ’n lesersindruk van Grenslyn deur Jana Fourie
2025-04-08"Dit is ongemaklik, aandoenlik en tog op ’n manier hoopvol. Dit wys die menslike vermoë om steeds aan te beweeg, ongeag hoe swaar die pad is. Jana Fourie se stem is ’n belangrike een in die Afrikaanse literatuur. Hierdie boek verdien om gelees, oorweeg en onthou te word."
Pater Meus deur Mario Relandini, uit Italiaans vertaal deur Rina Cascione: ’n resensie
2025-04-03"Benewens die literêre en vertaalkundige verryking van hierdie publikasie het dit ook historiese en sosiologiese waarde vir Suid-Afrikaners van Italiaanse oorsprong en vir Afrikaanse lesers wat meer te wete wil kom van nog ’n minderheid in die fassinerende Suid-Afrikaanse kaleidoskoop van kulture, die Italiaanse gemeenskap."
Middelpos se mense, saamgestel deur Anneretha Grobler: ’n lesersindruk deur Sarel Venter
2025-03-31"Middelpos se naam leef voort onder sy mense en sy gaste."
