Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
21 Voices: Why the Palestinian struggle is a global matter, a reader’s impression
2025-03-28"While apartheid in South Africa may have been banished, 'apartheid' – separateness – is seeking to stretch its hideous tendrils around the globe. We seem to be retreating into spaces too small, surrounding ourselves with those who are seemingly similar."
Die stil kreet van ’n verlore hart: Where the crawdads sing, ’n lesersindruk
2025-03-27"Kya was nooit die monster wat hulle van haar gemaak het nie. Maar hulle het ’n monster gesoek – en uiteindelik het sy besluit dat sy nie weer ’n slagoffer sou wees nie."
Rebecca deur Wilna Adriaanse, ’n lesersindruk
2025-03-27"As dit vir jou vaagweg bekend klink, is jy op die regte spoor, want Rebecca het ná 20 jaar weer met mening op die rakke verskyn. Sy het niks ouer geword nie, maar wel ’n selfoon bygekry en rits nou met Uber wanneer sy nie kan stap waar sy wil wees nie."
’n Vriendskap wat woorde te bowe gaan: ’n lesersindruk van Mayflies deur Andrew O’Hagan
2025-03-17"Daar is ’n soort liefde tussen twee mans wat buite konvensionele definisies bestaan. Dit is onuitgesproke, maar tog maak dit sin; gevul met oneerbiedigheid, maar ook toewyding."
Leeumens deur Rudie van Rensburg is ’n uitsonderlike Kassie-avontuur: ’n resensie
2025-03-14"Kassie en Rooi is al volksbesit en dit voel asof mens hulle ken, by hulle kan gaan braai op ’n Vrydagaand en hoor hoe dit met hul nuutste saak gaan. Maar daar is iets anders aan hoe [Van Rensburg] Leeumens aangepak het."
Lesersindruk: Uit genade, bo verdienste deur Gert Opperman
2025-03-10"Opperman sou daarna altyd geassosieer word met die suksesvolle operasionele aanwending van perde; en gesien word as beskermheer van die berede funksie van die weermag."
I live in the slums by Can Xue: a reader’s impression
2025-03-10"Can Xue’s writing operates on the logic of dreams, and as such, the experience of reading I live in the slums is one of continuous disorientation."
Is jy orraait, Elizabeth? deur Rozaan De Wet Boer: ’n resensie
2025-03-03"Ware vriendskap gee nie om of jy arm of ryk is nie. ... Hierdie roman ondersoek die hart van ’n vrou wanneer sy op haar broosste is. En vriendskap van jou hartsvriendinne wat jou koester, soms reguit kan praat, maar jou altyd wil beskerm – selfs teen jouself."
Konkel deur Pieter Marais: ’n resensie
2025-02-27"Pieter Marais se dunnerige debuutroman Konkel is verlede jaar met die Jan Rabie-Rapport-prys bekroon. ... Ek hoop dat Marais reeds ’n tweede boek aan ’t skrywe is."
Die vyf susters deur Eleanor Baker: ’n lesersindruk
2025-02-25"Hierdie skeefgetrekte gesin het my vir ’n dag lank laat vergeet hoe ek al my rekeninge gaan betaal. Dit is woordlekkerte op steroïde."
Ligspoor deur Juan Coetzer: ’n lesersindruk
2025-02-21"Ligspoor het my aandag getrek toe dit onlangs op Versindaba verskyn het as nuwe publikasie, tot my verbasing, want as ’n reël plaas Versindaba bundels uitgegee deur hoofstroomuitgewers."
Lucas Mangope deur Oupa Segalwe: ’n resensie
2025-02-19"Waar Mangope se openbare lewe as stormagtig beskryf kan word, met die tipiese elemente van sukses, verraad, geweld, twis, mislukking, tragedie en drama waaraan politici se loopbane dikwels gekenmerk word, is daar veel aan sy persoonlike lewe wat eweneens as stormagtig beskou kan word."
Passie in Parys deur Tosca de Villiers: ’n resensie
2025-02-17"Die storie begin tussen die lakens en daar word behoorlik gewoeker met die wellus van die lyf."
flikker-gram, saamgestel deur Marlies Taljard: ’n resensie
2025-02-14"Afgesien van die perspektiewe van digtende dokters, is die verse geskryf vanuit die oogpunt van Jan Alleman se belewenisse met mediese verskynsels in al hul gedaantes: vanuit die perspektief van die pasiënt, die toeskouer/voyeur, en die mediese werkers. Ons is almal deelgenote aan mediese praktyke ..."
Die langverwagte deur Erwin Mortier, vertaal deur Fanie Olivier – ’n resensie
2025-02-14"[Fanie] Olivier verdien lof vir sy besonder mooi poëtiese vertaling van die romans, want Mortier kan slégs deur ’n digter vertaal word."
Lucky bastard by Anthony Akerman: a review
2025-02-13"I felt it important to present an alternative version to the highly readable one he so strongly portrays. We are all different and our experiences of, and reactions to, similar circumstances can differ widely. That said, this is probably the best book that I have read in a long time."
Capitec: Stryd met die grotes deur TJ Strydom: ’n resensie
2025-02-12"Capitec se toetrede tot die wêreld van die Suid-Afrikaanse bankwese sou uiteindelik die ander kommersiële banke dwing om hulle eie benaderinge drasties te hersien, of om al meer uit te sak en besigheid te verloor."
Ontvoer deur Constant van der Merwe: ’n resensie
2025-02-11"Dit voel vir my asof al sy lewenservaring die inhoud van die boek net soveel meer diepte gee. Hy skryf met selfvertroue, gee sy karakters persoonlikheid, en die storielyn is fyn en slim. Dis amper asof jy na ’n lekker reeks op jou gunstelingstroomdienste kyk, so visueel is sy skryfstyl."
Die katartiese metode deur Jaco Fouché: ’n resensie
2025-02-07"Tronelle van Huysen, die hoofkarakter in Die katartiese metode, word op 30 met skisofrenie gediagnoseer. Ná ontstellende gebeure word sy uit haar gesinslewe, werk, familie- en vriendekring geruk. ... Fouché skryf dikwels oor soortgelyke karakters, randfigure, ’n faktor wat sy werk onneersitbaar maak. Niemand wil tog oor vaal karakters lees nie."
Die tantes van Atlantis deur Philip de Vos: ’n lesersindruk
2025-02-04"Oumense soos ek is beslis nie te oud om ook die spel tussen woord en beeld te geniet nie. Dalk help dit ons om weer in voeling te kom met die magiese ontdekking van boeke soos toe ons jonger was?"
