Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Ditch mediocrity deur Heléne Smuts, ’n resensie

Annette Havenga Resensies 2024-12-13

"Ditch mediocrity is propvol wenke en die skrywer bied waardevolle lesse vir entrepreneurs, leiers en spanlede in alle stadiums van hul reise aan. Sy praat oor imposter syndrome en verduidelik dat dit meer algemeen is as wat ons besef."

One pot cookbook for South Africans deur Louisa Holst: ’n resensie

Elsibe Loubser McGuffog Resensies 2024-12-13

"Hierdie boek is saamgestel deur Louisa Holst (wat bekend is vir haar Air fryer-kookboek), en die geregte is gepas vir familie-etes. Die eenvoud van die resepte sal baie mense aanstaan. Van die disse lyk vir my te vanselfsprekend, maar vir ’n onervare kok sal dit nuttig te pas kom."

’n Kersfeeskomplikasie deur Dina Botha: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2024-12-10

"Dina Botha is nie verniet die onbetwiste koningin van Romanzas nie."

Haas en Harriët deur Susan Coetzer: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2024-12-10

"Die onheilspellende ondertoon van die boek kom sit egter vroeg-vroeg op die krop van jou maag, hoewel die skrywer aanvanklik nie veel verklap nie ... Die lang, uitgerekte somerdae waar jy wens die tyd wil vinniger omgaan na iets lekkerder toe; die dameskroeë waar net grootmense kon ingaan en kinders buite melkskommels of koeldrank kon geniet, sonder ouertoesig, want dit was 'veilig'."

Bloedbroers: na die slagveld van Smokeshell en terug deur Deon Lamprecht: ’n resensie

François Verster Resensies 2024-12-10

"Dis nie net nóg ’n kroniekskrywing van die Bosoorlog [nie] ... Dit staan juis vir my uit omdat dit die kwessie van genesing, en nie net oorlewing in ’n gevegsituasie nie, aanpak. Die talle veterane van die Grens-/Bosoorlog kan werklik baat daarby vind om dit te lees."

Lucky bastard by Anthony Akerman, a reader impression

Izak de Vries Books and writers 2024-12-10

"Who would not be angry? One day, you are descended from royalty; the next day, you are a nobody with absolutely no idea who your parents are."

In reaksie op Sakkie Spangenberg se boek: Wat die Waarheid is

Maryna Blomerus Lesersindrukke 2024-12-09

"Ek stem wel met Spangenberg saam dat daar fout is met die kerk, maar nie met wat dit is nie. Die probleem lê nie by die Christelike leerstellings of by die meesterverhaal nie, maar by die kerk self. Dis ’n drastiese stelling, maar laat my asseblief toe om te verduidelik."

Troep, saamgestel deur Bun Booyens: ’n resensie

François Verster Resensies 2024-12-06

"Ek, die resensent, en duisende ander voormalige dienspligtiges soos ek, weet vandag alte goed hoe gelukkig ons was om ongeskonde deur alles te kon kom. Juis daarom is dit nodig om hieroor te skryf. Noodsaaklik, ter wille van begrip vir hulle wat nie andersins ’n stem sou hê nie."

Vinjette in tyd: Twa die tydloper deur Anoeschka von Meck: ’n resensie

Linda Roothman Resensies 2024-12-04

"Twa die tydloper is ’n boeiende roman oor die groei van die jong hoofkarakter tot volwasse vrou wat lesers sal meevoer en inspireer om hulleself te verwesenlik."

Wanneer woorde asemhaal deur Maritha Broschk: ’n lesersindruk

Kruger Uys Lesersindrukke 2024-12-03

"Die gedigte ondersoek die volle spektrum van emosie, van vreugde en liefde tot rou en verlies, en bied ’n oorsigtelike blik op ervarings wat by ’n diverse leserspubliek aanklank kan vind."

Swyg deur Erla Diedericks: lesersindruk en onderhoud

Surene Esterhuizen Lesersindrukke 2024-12-03

"Met Swyg skep Erla weer eens karakters wat baie uiteenlopend is, en ’n mens kan net wonder hóé die klomp uiteindelik by mekaar gaan inskakel."

"Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp: ’n resensie

Zesta Vorster Resensies 2024-12-02

"’n Splinternuwe, allesomvattende en diepgaande gids vir redevoering en debattering het die lig gesien. 'Dames en here' is ’n welkome riglyn vir redenaars, debatteerders, onderwysers, afrigters en ouers, geskoei op die riglyne van die ATKV, en geskryf deur gesoute kenners van die aard van openbare redevoering en die vereistes vir die suksesvolle uitvoering daarvan."

Borrelgom deur Jana du Plessis Müller: ’n resensie

Magdel Vorster Resensies 2024-11-26

"Borrelgom is ’n grootwordverhaal wat hoofsaaklik fokus op gesinsverhoudinge en vriendskap teen die agtergrond van ’n baie lelike olifant in die vertrek, naamlik seksuele gereedmaking en teistering. Sonder enige veroordeling of moralisering slaag die skrywer baie goed daarin om haar boodskap sensitief en met genoeg lig en hoop oor te dra."

Die bok wat sy spring verloor het deur Marleen Lammers, ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2024-11-26

"In ons huis is daar twee rakke vol kinderboeke wat jong besoekers na hartelus kan uitpak en verken. Wanneer ’n klein leeswetenskaplike dus opdaag met ’n boek wat sy gekies het, neem ek kennis. Ek neem ook kennis van die manier waarop die inhoud ontvang word."

Seun en Die binneland in deur Dana Snyman, ’n resensie

Stefaans Coetzee Resensies 2024-11-20

"Hy dwing ons om anders na die lewe te kyk, veral in ’n postapartheidera waar duisende wittes terug na die 'goeie ou dae' verlang."

Sing, Mamma, sing deur Theresa Papenfus: ’n FMR-resensie

Brenda Barrow Resensies 2024-11-19

"'Sing, Mamma, sing!' En sy mamma sing, aanhoudend, desperaat, soms onsamehangend en biddend, tot sy uiteindelik haar flou gehuilde kind weer kan aantrek en in haar arms toevou vir troos."

Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout: ’n resensie

Magdel Vorster Resensies 2024-11-18

"Met alles hier bo in ag genome, raak Bezuidenhout se lekker onderhoudende storie, steeds nooit ’n aktivistiese tirade nie."

Belle, met die hart vol blomme deur René van Zyl: ’n resensie van ’n waardige Romanza-wenner

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2024-11-15

"Ek het gou vergeet dat ek besig is om ’n storieboek wat binne ’n resepmatige raamwerk geskryf is en ’n voorspelbare einde móét hê, te lees. Dié lekkerleesverhaal speel af in Potchefstroom en is propvol heerlike draaie en kinkels."

Gebooie deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2024-11-13

"Lees ek die boek vinnig klaar om uit te vind hoe hulle die man gaan vastrek? Of lees ek stadig om die plesier uit te rek?"

Word ryk, bly ryk deur PJ en Geo Botha, ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2024-11-12

"Hulle kombineer hulle ondersoek na suksesvolle mense met hulle eie insigte as adviseurs om die verskillende fases van die welvaartsiklus te bestudeer."

Top