Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Donkertyd: My naam is Tina deur Mariël le Roux: ’n resensie
2024-08-19"Uiteindelik gaan dit oor die doodswyg van dinge ter wille van die samelewing – die samelewing wat in elk geval lustig skinder oor elkeen wat uit die spoor van tradisie en konserwatisme trap. Die tragedie – soos in talle ander boeke met min of meer dieselfde tema – is dat Tina se pa, sowel as sý pa, vandag deur behandeling gehelp sou kon word."
The fall by Hans Pienaar: a book review
2024-08-16"He is a creative writer very much attracted to the beauty of the mangled achievement; it is, in a sense, part of his ethos. It is the wilfully imperfect note that Pienaar strikes with great care and planning, which charms when it doesn’t become too convoluted."
Wat sê Bettina? deur Bettina Wyngaard: ’n proe-proe lesersindruk
2024-08-14"Alhoewel die skrywer reg aan die begin van haar boek sê dat as sy sommige stukke vandag sou skryf, sy dit dalk anders sou benader, dink ek dis nogtans nodig dat ons almal – wit en swart Suid-Afrikaners – dit lees soos wat dit is."
Die mens agter die skrywer: ’n lesersindruk van Piet van Rooyen se Die rooi boks
2024-08-14"Saam met ’n oerjagter kan jy vry oor die vlaktes sweef en by die kampvuur die groot murgbene saam met hom leegstamp. Miskien sal hy jou laat deel in die geheime van sy rotskuns, miskien sal jy tog Die Waarheid vind. Klim op ruimtetuig Rooi boks."
Ek en jy bestaan nie deur Danie Marais: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2024-08-14"In ek en jy bestaan nie is dit nie 'Daantjie' se (mislukte) verset nie, maar eerder die gewetensworsteling wat sy middelklasbestaan in ’n Stellenbosse suburb by hom ontketen, wat poëties gestalte kry in buitengewoon ambivalente perspektiewe ten opsigte van dié voorstedelike domein."
Gif deur Annerle Barnard en Franco V Heyn: ’n lesersindruk
2024-08-06"In Gif waag hulle om oor sportaanvullings te skryf – en nie dit wat jy oor die toonbank kan koop nie. Sommige mense mag dink dat hierdie onderwerp nie realisties is in die lewe van tieners nie. Die skrywers het egter baie goed navorsing gedoen hieroor en dit is vandag ’n harde werklikheid, veral waar ouers genoeg of te veel geld het en kinders gedruk word vir bomenslike prestasies."
Taboek deur Riku Lätti: ’n lesersindruk
2024-08-05"Die Spele wat onthou sal word as die een waar sommige hekwagters dit taboe verklaar het om antieke mites en verhale op ’n speelse manier nuut en vars te herinterpreteer. Lätti doen in Taboek presies dieselfde met bybelse mites en verhale uit die antieke tyd."
Die waarheid lê in Niemandsland deur Erika Dykes: ’n lesersindruk
2024-08-05"Hierdie verhaal is in detail geskryf – verwoesting, die lewe in ’n konsentrasiekamp, die dood van kinders en interessante geskiedkundige feite."
Krag deur Fanie Viljoen: ’n resensie
2024-08-05"Elke liewe persoon (oud en jonk) wat in een of ander sport aktief is en wonder of hul sal drink aan die melk en heuning van testosteroonaanvulling, middels wat prestasie verbeter, of selfs net iets soos groeihormone oorweeg, behoort ag te slaan op hierdie verhaal."
Die poppe sal dans: ’n resensie van Onrus op Steynshoop deur Ingrid Winterbach
2024-07-29"Die gelaagdheid van die roman is nooit swaarwigtig nie. Lering en vermaak gaan hand aan hand. Dit geld ook vir die politiek-ekonomiese kwessies wat deurlopend aangesny word en akuut op almal in die dorp inwerk."
Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart deur Nicole Engelbrecht – ’n resensie
2024-07-26"Kan hierdie boek uiteindelik lei tot die omvorming van paroolwetgewing? Eerder vroeër as later. Hoeveel moorde, verkragtings en ander geweldsmisdade moet nog plaasvind waar misdadigers op parool weer oortree?"
LitNet Akademies-resensie-essay: Mite as krisis en krisis as mite – In die rede geval deur Charl-Pierre Naudé
2024-07-25"Mitewerking gaan nie oor die mites self nie, of die inhoud nie, maar die denkstrukture (’n mens sou in ’n ander verband kon praat van pseudostrukture) wat van hedendaagse inhoude mites of mitewerking maak. Mense verlaat hulle op hierdie strukture wanneer gewone redelikheid nie meer werk nie."
Kortliks met Stefaans: 22 Julie 2024
2024-07-22"Wat vir my die meeste – selfs bo die lekker intrige – uitgestaan het, is die skrywer se sigbare skryfstyl."
Jopie Fourie: ’n besinning deur Albert Blake: ’n lesersindruk
2024-07-19"Dit is ’n deeglike besinning. Blake verheerlik niemand nie en hy verdoem niemand nie. Hy stel die historiese feite onbevange voor en beoordeel dit deeglik."
Duifeling deur Lize Albertyn-du Toit: ’n resensie
2024-07-18"Lize Albertyn-du Toit se tweede roman, Duifeling, verskyn in 2024 en die verhaal is weer gesitueer in die Noord-Kaap, hierdie keer in die dorpie Rooiduin. By die lees van hierdie roman is ek deurentyd daaraan herinner dat fiksie ’n bewaarplek vir kulture en gebruike en maniere van menswees is."
Taboek deur Riku Lätti: ’n lesersindruk
2024-07-18"’n Groot deel van die inhoud van die boek wentel om 'god' (met ’n klein letter), die goddelike, dogma en teologie wat in ’n verstaanbare spreektaal sonder fênsie literêre tierlantyntjies bespreek word in digvorm. Dit kan deur almal gelees en verstaan word."
… so ook op die aarde deur Betsie van Niekerk: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2024-07-18"Betsie van Niekerk ... lewer ’n besondere bydrae met die roman, wat tematies sy plek in die klein korpus Afrikaanse tekste met die Rooms-Katolieke geloof as konteks inneem."
Die geskenk deur Riette Rust: ’n resensie
2024-07-12"Riette verskaf deurleefde raad oor hartseer, veranderende rolle, skaamte, selfondersoek, skuldgevoelens, teisterende vrae, die stigma rondom selfdood, woede en later begrip."
Plekspesifieke poësie in Jaco Barnard-Naudé se Om my kastele in Spanje te sloop
2024-07-12"Plekspesifieke poësie verteenwoordig nie bloot ’n vorm van katarsis vir die digterspreker nie, maar dit lei – eenvoudig gesproke – tot goeie gedigte."
Ek het ’n engel gesien deur Amore Bekker: ’n resensie
2024-07-12"Ek het ’n engel gesien sluit insiggewende verhale in wat verras, verstom en inspireer. Soos Amore tereg sê: 'Dit wat ons kan tel, tel glad nie; dit wat ons nie kan tel nie, is al wat tel.' Stories van hoop, vertroosting, bemoediging, beskerming en ondersteuning dui daarop dat engele oral en in verskillende situasies teenwoordig is."
