Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Wisselende stemminge deur Cas Vos: ’n resensie
2024-07-10"Hoewel daar in die bundel ’n handvol goeie gedigte voorkom wat deeglik afgewerk en deurdink is, het die geheel by my die indruk van oordaad gelaat."
A love letter to Long Street: A reader’s impression
2024-07-09"Meintjes devotedly nurses his grape and malt, the pool table and his favourite bars, while around him the grand spectacle of life unfolds, and the stoicism of Long Street is revealed on a nightly basis."
Kaptein Onderbroek se avonture klink goed in Afrikaans: ’n resensie
2024-07-02"Ek het die boeke geweldig baie geniet en hou van die kinderlike pret wat die twee seuns het. Die onderwerpe sluit alles van zombies en toilette met tande, bankrowers en wetenskapeksperimente, tot slegte snoepiekos in."
Die beweging van bloed deur Pieter Stoffberg: ’n resensie
2024-07-02"Om die galgtou nog stywer om die leser se nek te draai, herwin Everhard sy geheue soos die storie ontvou. Robert Ludlum het reeds met sy ikoniese Jason Bourne-reeks bewys hoe effektief geheueverlies spanning opbou."
Kortliks met Stefaans: 1 Julie 2024
2024-07-01"Hierdie skrywe is nie resensies nie – dit is ’n in-die-hand-stop, asof ek jou in Bargain Books raakloop en sê: 'Lees dit!'"
As stilte praat deur Kobie Lötter: ’n Lesersindruk
2024-07-01"Stilte is vir Kobie niks vreemds nie. Tydens sy kinderjare op ’n Vrystaatse plaas waar hy grootgeword het, het hy geleer om ingestem te luister."
Leer om te vergewe met ’n blikkie samboksalf: ’n lesersindruk van Alene Mari Holder se jeugroman Samboksalf en ’n draaktraan
2024-06-28"Dit is pret om al hoe meer oorspronklike Afrikaanse fantasieverhale op die boekwinkels se rakke te sien."
The child by Alistair Mackay: a book review
2024-06-25"The topic of adoption by same-sex couples is a very important theme in the novel. Some of the questions posed and the fears experienced by the protagonist and his husband, I could relate to, like the vulnerability and also the sense of being scrutinised."
FMR-resensie: Anoniem deur Chanette Paul
2024-06-25"Dit is altyd moeilik om iets wat so lekker lees en kundig inmekaargevleg is, in ’n genreboks te plaas. Ek sou Anoniem klassifiseer as ’n verhoudingspanningsroman."
Moederland: Nine daughters of South Africa by Cato Pedder: a book review
2024-06-25"I find this fast-becoming-popular genre of interrogating history through filtered personal and family experience to be a very pleasing literary direction in our country. You’ll not see me complain if we eventually replace the political novel with it, because not only does it gently provide us with a platform to reckon with our (national) past, but it gives us tools for higher consciousness to map up our personal lives also, which is what literature is supposed to do."
Bokdrolletjies en boeke: 'n Jong leser se indruk van Springboekie deur Fanie Viljoen
2024-06-25"Almal het ander superkragte. Springbokke se superkrag is rugby. En Springboekie se superkrag is lees (en myne ook!)."
Ek sal vir jou veg deur Cliffordene Norton: ’n resensie
2024-06-24"Soos dit ’n goeie jeugverhaal betaam, neem die jeugkarakters self die hef in die hand. Hier is dit dan die spanmaats wat self die kalf uit die put red, al moet een van hulle met groot beserings daarvoor betaal."
Reënboogrant Maats deur Maritha Snyman: ’n jonglesersindruk
2024-06-24"Dit klink dalk vreemd, maar ek haat skool. Tog, as ek dié boek lees, is dit baie lekker om te sien wanneer hulle in die skool is. Dis ’n snaakse, opwindende reeks wat bangmaak en ’n mens se tone sal laat krul."
Wat sê Bettina? deur Bettina Wyngaard: ’n resensie
2024-06-18"Herhalende kwessies oor gender, kulturele identiteit, politieke vraagstukke en sosiale euwels borrel onverpoosd na die oppervlak om die leser se gewete te verontrus. Ons is ’n samelewing wat steeds siek is, laat Wyngaard ons deurgaans weet. Hier is die medisyne. Hier is die kuur. Gaan jy dit drink of gaan jy die dokter steeds wantrou?"
Marked by Gillian D’achada: reader impression
2024-06-18"Teachers who have used Sharkey in their classes will feel very comfortable moving on to Marked. It is a solid classroom reader. It has enough flesh on the bone to tick all the boxes of the curriculum, while offering the children a fast-paced, enjoyable read."
Die groot Afrikaanse blokraaiboek, saamgestel deur Gerda Engelbrecht: ’n resensie
2024-06-14"Ek het een van elk van die genoemde blokkiesraaisels ingevul en watter heerlike ervaring. Party van die raaisels is moeilik omdat dit ’n hele idioom bevat (byvoorbeeld “in jou dop kruip”) en ek was nie daarop voorbereid nie. Wat natuurlik heerlik uitdagend was, was die koderaai, my gunsteling – regtig diep dink en al die breinselle gebruik."
FMR-resensie: Twa die tydloper deur Anoeschka von Meck
2024-06-13"Soms lees ’n mens ’n roman wat soos ’n stel Russiese houtpoppies ineenpas. Elkeen vertel sy eie storie. Maar in hierdie geval kom ons poppe uit die harde wêreld van Namakwaland en die Richtersveld. En hul praat Afrikaans. In streektaal so eie aan hierdie deel van Afrika dat die skrywer dit met voetnotas vir die leser toeganklik maak."
FMR-resensie: Claremont Daisy deur Willie Hoods
2024-06-13"Reeds van die begin toon die roman trekke van ’n tipiese tragedie. Die agtergrond van hierdie onstuimige tyd in Suid-Afrika van net ná die Tweede Wêreldoorlog tot en met die vroeë tagtigerjare dui immers op ’n atmosfeer waar trauma gedy. Hierdie somberheid word egter op ’n treffende manier realisties gehou deur die beskrywings van die alledaagse lewe van die inwoners van Claremont en Lady Selborne."
Draaie, swaaie en afdwaalpaaie. Reisstories saamgestel deur Corlia Fourie en Annelize van Rooyen: ’n resensie
2024-06-12"Alles is nie altyd room en kaviaar vir geesdriftige reisigers met sterre in hul oë nie. Soms het hulle ’n beskermengel nodig wat oortyd werk."
Spanningsbrekers! Die nege lewens van Mevrou Smit deur Elizabeth Wasserman: ’n resensie
2024-06-12"Ja, daar is ’n moord, maar dit is Mevrou Smit se vlymskerp tong en haar intrapslag in die piepklein dorpie, Aronspoort, wat my aan die lees gehou het. Alles aan Die fantastiese Mevrou Smit, van die kleurvolle omslag tot die storie, was vrolik. Net so met haar tweede volwasse roman, Die nege lewens van Mevrou Smit."
