Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Sluipmoordenaars en huursoldate: ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2024-02-02

"Gedurende die 'dooie seisoen' in die uitgewersbedryf, lees ek hoofsaaklik boeke wat ek geniet, maar wurm ook ’n paar onbekende kandidate in. Om nuwe skrywers vir die nuwe jaar te identifiseer."

Muse deur Jacques le Roux: ’n lesersindruk deur Louise Viljoen van Jeffreysbaai

Louise Viljoen (JBay) Lesersindrukke 2024-01-31

"Emille vra vir Heidi om te poseer vir ’n figuurstudie en sy stem in. Daar ontstaan ’n sekere geneentheid tussen hulle. Maar kan dit tot iets diepers lei wanneer daar so ’n groot ouderdomsverskil tussen hulle is en hulle boonop elkeen voor baie moeilike uitdagings en keuses in hulle lewens te staan kom?"

Geweld teen vroue: Dit is tyd dat mans begin praat: ’n resensie

Bettina Wyngaard Resensies 2024-01-30

"Opvallend en raar is die wyse waarop geestelike leiers in beide die Christelike en Moslem-tradisie worstel met die gebrek aan ondersteuning in die kerk en moskee wanneer vroulike lidmate geweld ervaar, veral wanneer die geweldenaar in ’n leiersposisie in die geestelike instelling is."

Gekaapte stad deur Martin Kruger: ’n lesersindruk

Gunther Pakendorf Lesersindrukke 2024-01-24

"Hierdie benadering laat ’n mens dink aan die onderliggende veronderstelling van die surrealisme dat daar ’n dieper, inherente betekenis onder die oppervlak van alledaagse voorwerpe, of in ’n mens se onderbewuste, geleë is wat soos die sogenaamde objet trouvè net gevind moet word sodat dit dan in 'sy eie taal' met ons kan praat."

In die rede geval – waarom die mens mites maak deur Charl-Pierre Naudé: ’n resensie

Hercules Boshoff Resensies 2024-01-24

"In die rede geval is omvangryk, noukeurig, interpreterend en prikkelend."

Clinton V du Plessis se Joernaal oorweldig met geleefde ervarings: ’n lesersindruk

Selwyn Milborrow Lesersindrukke 2024-01-24

"Joernaal neem die leser op ’n digterlike reis verweef met temas soos verganklikheid, familie, liefde, politiek en die menslike bestaan."

The Pole by JM Coetzee: a review

Mphuthumi Ntabeni Books and writers 2024-01-24

"When he has a performance in Barcelona a middle-aged lady, Beatriz, who is a university lecturer, is assigned to care for him during his stay. He becomes obsessed with Beatriz, though she is married."

Help, help deur Nataniël: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2024-01-22

"Die stories bly syne; of jy dit op die verhoog sien en die woorde oor sy lippe kom en of jy dit in sy skryfstyl in jou bed of gemakstoel lees. Jy hoor sy stem in jou kop; sien sy gesig in jou geestesoog. Die vertoning gebeur in jou lyf."

Vertellings uit die vergetelheid deur Danie Schoeman: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2024-01-16

"Schoeman skryf sy perspektief op Bophuthatswana gedagtig aan Suid-Afrika se politiek van 2024, en is duidelik besig met ’n herevaluasie van Bophuthatswana."

Moerasperd deur die nag deur Louis Jansen van Vuuren: ’n resensie

René Bohnen Resensies 2024-01-16

"Louis Jansen van Vuuren is ’n digter vir wanneer ’n mens wil wegbreek uit minimalisme en liewer die volheid van die lewe wil vier. Die bundel is ’n wilde perd met ’n saal op sy rug. Dit is uitbundig, maar daar is ’n hand wat beheer."

Rich state, poor state by Greg Mills: a review

Frans Rautenbach Books and writers 2024-01-10

"We have had this hugely informative, picturesque and colourful journey through the history and economics of the developing world. But where are we?"

Black ghosts by Noo Saro-Wiwa: A review

Mphuthumi Ntabeni Books and writers 2024-01-09

"If, as an African in particular, you visit China or want to learn more comprehensively about the lives of Africans in China, buy Noo Saro-Wiwa’s Black ghosts. You can thank me later."

How to hide inside a three deur Jane van der Riet: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2024-01-08

"As ’n mens kinders grootgemaak het (soos ek), met ’n dokter getroud is (soos ek), en nie perfek is nie (soos ek), dan kan jy dikwels nie help om saam met die karakter te lag nie. Al is dit nie noodwendig alles snaaks nie, en al is dit net om jou eie gesig in die situasie te herken."

Diensplig: Hoekom stotter ons pa’s so? deur Anelia Heese: ’n resensie

Jan-Jan Joubert Resensies 2024-01-04

"Hierdie boek is ’n werklik goedbedoelde poging wat al beter raak hoe verder jy lees. Daar is ’n groot en deeglike boek wat wag om oor Suid-Afrikaanse dienspligtigheid geskryf te word. Wanneer dit die dag gebeur, sal Heese se boek ’n besliste rol in die wordingsproses speel."

It’s always Friday somewhere in the universe by Joe Kitchen: a reader’s impression

Gerhard S (Nols) de Bruin Books and writers 2024-01-04

"In his genius way, and always with a satirical and humorous tongue in the cheek, the reader is not only confronted with – but also brought up to date with – the latest science and questions about the reality in which we live."

Soos die kraai vlieg deur Christiaan le Roux, voorgelees deur Anrich Herbst: ’n lesersindruk

Laurette de Jager Lesersindrukke 2024-01-04

"Daar is geen spoor van brose manlikheid hier nie, net die eenvoudige eerbare paradoks wat daarna verwys om binne twee verskillende realiteite gelyktydig te bestaan."

Die Melkweg en die miskruier deur Jeanette Ferreira: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2024-01-04

"Die rol van die vrou in die konteks van landbou, grond, oorlog, asook vredemakers en bewakers van die verlede word opnuut belig."

Van toeka af die toekoms in deur Angelique van Niekerk en ander: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2024-01-03

"Alhoewel die toekoms van Afrikaansdepartemente aan talle Suid-Afrikaanse universiteite in die weegskaal verkeer, dui dié publikasie daarop dat die Afrikaansdepartement aan die UV nog lank nie boedel oorgegee het nie."

Stasies: ’n speurverhaal deur Joan Hambidge: ’n resensie

Elzanne Coetzee Resensies 2023-12-19

"Stasies is tegelyk ’n verhaal én ’n studie van wat ’n verhaal is, met bykomende leidrade (as jy dit so wil sien) vir hoe om hierdie verhaal te benader."

Ontaard deur Pieter Odendaal: ’n resensie

Elodi Troskie Resensies 2023-12-19

"In Ontaard is betekenisvlakke op mekaar gestapel soos rotslae; dit kring uit soos die jaarringe van ’n boom. Leesstof vir die valkoog-fynleser."

Top