Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Confrontation deur Kirsty Steinberg: ’n lesersindruk (deel 2)

Estelle Kruger Lesersindrukke 2023-10-03

"Die skrywer het myns insiens daarin geslaag om ’n balans te skep deur die hoofkarakter (CJ, die seun) se worsteling aangaande sy seksuele oriëntasie en genderidentiteit te jukstaponeer naas sy uitdrukking van veelvlakkige kreatiwiteit en begaafdheid."

Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger: ’n lesersindruk

Nioma Venter Lesersindrukke 2023-10-02

"Kammawaarwêreld daag die leser uit. Die lewe is vir geeneen van ons eenvoudig nie. Die vraag is egter hoeveel van ons die waagmoed het om so ’n eerlike opgaaf van ons lewens te maak."

Dinosourus, ’n docket en die dood deur Bernadette Small: ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2023-10-02

"Hierdie boek wek verskillende emosies by die leser; ’n diep hartseer oor die trauma waardeur Bernadette moes gaan. Ek het selfs woede ervaar deur die skokkende realiteit van ons onbevoegde polisiemag se onvermoë en kennis om hierdie saak behoorlik te ondersoek."

Spieëlbuis deur Christa Kleynhans: ’n lesersindruk

Louise Viljoen (JBay) Lesersindrukke 2023-10-02

"Kleynhans slaag in haar doel om met Spieëlbuis bewusmaking te skep vir bipolêre gemoedsversteuring."

Die meisie met vlerke deur Jaco Jacobs: ’n lesersindruk

Loraine van der Westhuizen Lesersindrukke 2023-09-26

"Die verhaal sorg vir die herevaluering van stereotipes en opvattings oor die "normale" of "aanvaarbare" tipe mens in die samelewing. Lesers word uitgedaag deur verrassende karakters, ’n opwindende handeling en afloop van gebeure wat vereis dat die leser ook, soos Wilson, met nuwe oë na die wêreld kyk."

Domestic terror. Intimate partner violence in South Africa deur Nechama Brodie: ’n resensie

Ilse Verster Resensies 2023-09-26

"Die onheilspellende ooreenkomste tussen die verskillende gevalle [van gesinsgeweld], ten spyte van die historiese, geografiese en kulturele verskille, bevestig dat dit nie beperk is tot enige groep nie, maar vroue en kinders wêreldwyd raak."

Bot deur Carien Smith: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-09-20

"Dis nie die tegnologie as sulks wat hier boos is nie, dis skynbaar eerder die mens self. Deur die mens se ongesonde omgang met die masjien word die natuurlike ritme van die mens omvergegooi."

Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger: ’n lesersindruk

Henriëtte Loubser Lesersindrukke 2023-09-20

"Kenmerkend aan die roman en ook tipies van hierdie talentvolle kunstenaar-skrywer, is daar die aanbieding in die teks van ander kunsvorme. Daar is musiek, digkuns, die visuele kunste, vakmanskap en dan natuurlik die toordery-met-woorde teenwoordig."

Onbeskryflike genade deur Stefaans Coetzee: ’n resensie

Bettina Wyngaard Resensies 2023-09-12

"Verwag om te huil. Verwag om te lag, om kwaad te raak, om in verwondering by ’n sin of ’n gedagte stil te staan. Moenie verwag om onaangeraak deur hierdie boek te kom nie, want jy gaan teleurgestel word."

Waar jakkalse huil deur Elrien Scheepers: ’n resensie

Henriëtte Loubser Resensies 2023-09-12

"Voorop in hierdie teks staan die terugkerende tema van die jeug as redders en bemiddelaars in die nadraai van onverantwoordelike optrede en onverskillige sosiale praktyke deur vorige generasies en heersende regeringsmagte."

Sirkelgang deur Johann Lodewyk Marais: ’n lesersindruk

Alwyn Roux Lesersindrukke 2023-09-06

"Sirkelgang is ’n omvattende bundel wat kwessies soos klimaatsverandering, oorlog, pandemies en die voortbestaan van die planeet ondersoek. Marais bou voort op sy spesieverse, en die werk is ’n voortsetting van sy indrukwekkende poëtiese nalatenskap."

Katvis deur Annelie Botes: ’n lesersindruk

Zelda Mans Lesersindrukke 2023-09-05

Vanjaar op die Woordfeesprogram! "Lesers het oor die jare lojale volgelinge en herlesers van Botes se romans geword, want sy skroom nie om jou reg tussen die oë met die harde werklikheid te slaan nie."

Vuurvoël deur Elmarie Viljoen-Massyn: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2023-09-04

"Daar is al ’n paar keer deur lesers opgemerk dat hulle skaars kan glo dat dié ’n debuutroman is."

Kariba by Daniel and James Clarke: a graphic novel review

Mphuthumi Ntabeni Books and writers 2023-09-04

"The pleasing thing about this graphic novel – or comic book, in the parlance of this old-timer – is how it teaches not only old African beliefs, but also that ancient wisdom can be adopted to support the protection of our ecosystem."

Seeperde deur Naomi Meyer: ’n resensie

Magdel Vorster Resensies 2023-09-04

"Seeperde is ’n welkome toevoeging tot ’n baie belangrike segment van die jeugboekmark – boeke vir jong lesers waarmee selfvertroue en ’n liefde vir lees gekweek kan word."

Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk: ’n LitNet-Akademies-resensie-essay

Louise Viljoen Seminare en essays 2023-08-31

Annemarié van Niekerk is by die Woordfees! "Naas die eerlikheid van die feitelike gedeeltes van die roman word ’n mens oorrompel deur die strukturele en stilistiese vernuf van die teks sowel as die oortuigende taalgebruik en beeldende vermoë van die skrywer."

Marlene van Niekerk, die tempteerbare oog deur Marius Crous (redakteur): ’n resensie

Chris van der Merwe Resensies 2023-08-31

"Deurlopend in die huldigingsbundel is die tema Van Niekerk as skrywer en ook as denker – die omvattendheid en kompleksiteit van haar denke, haar sterk sosiale bewussyn en haar strewe na die versoening van etiese aansprake met ’n estetiese ideaal word telkens bespreek."

Rustig soos ’n landmyn, ’n resensie van Bettina Wyngaard se Lokval

Erla Diedericks Resensies 2023-08-29

"Dis natuurlik alles die skrywer Bettina Wyngaard se skuld. Sy het hierdie wreedaardige drange, soos die afgryslike roosbome in haar karakters se tuine, in my kop geplant."

Die duiwel is in die detail deur Marizka Coetzer, ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2023-08-28

"Marizka het met oop oë in hierdie verhouding ingestap, min wetend hoe toksies dit sou wees."

LitNet Akademies-resensie-essay: Decima deur Eben Venter

Linda Roothman Resensies 2023-08-24

Eben Venter is by die Woordfees! "Mites word gewoonlik geskep om sodoende kommentaar te lewer op ’n werklike gebeurtenis. Só is die karakter van Decima geskoei op ware verhale van renosterstropery om die voortdurende stryd in die bewaring van skaars spesies te belig."

Top