Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Naam van dier dorp deur Gielie Hoffmann: ’n lesersindruk
2025-02-03"Ek voel my weer genoop om kampvegter vir kortkuns te bly."
Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins deur Jaco Jacobs: ’n resensie deur ’n jong leser
2025-01-24"Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins was ’n wonderlike ramp wat ek oor en oor wil beleef."
Die hol gevoel deur RR Ryger: ’n lesersindruk
2025-01-20"Toe RR Ryger se Die hol gevoel die eerste keer gepubliseer is, was dit soos ’n knie in regse knaters. Daar is tans weer hopeloos te veel regse knaters wat luidrugtig rondswaai. Die heruitgawe van Die hol gevoel kom op ’n baie goeie tyd."
Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg as koel en welberedeneerde versameling, ’n lesersindruk
2025-01-20"Omdat godsdiens bepaalde psigologiese en kulturele dimensies het, sal die kerk nie verdwyn nie. Gemeenskappe is verknog aan tradisie, maar weens die ontploffing in kennis sal die kerk se historiese meesternarratief van sondeval-verlossing-eindoordeel waarskynlik toenemend herverpak word."
Geloofsgedigte deur Cas Vos: ’n lesersindruk
2025-01-20"Die Psalms speel en behoort so ’n belangrike rol te speel in die kerk en die Christelike gemeenskap dat die volledige en betekenisvolle bydrae van Cas Vos tydig en waardevol is."
Die hele storie: ’n memoir deur Karin Kortje en Lester Walbrugh – ’n resensie
2025-01-16"Sy skryf oor die moord. Ek hoef nie eens in detail te gaan nie. Enigeen wat Karin Kortje se verhaal ken, weet van die moord. Die hele storie is ’n aangrypende verhaal, met al die elemente van ’n Hollywood-sprokie."
Dibi Breytenbach begogel met Heks: ’n lesersindruk
2025-01-15"Die boek is in die eerstepersoon geskryf en dis beslis ’n aanwins en toonkrullekkerte om insae in die hoofkarakter se interne dialoog en binnegesprekke te hê. Hierdie juweeltjies sluit haar wroeging en plesier van ’n ongeoorloofde verhouding in."
Noord van Malelane deur Hennie Nortjé: ’n lesersindruk
2025-01-15"Brevity is the soul of wit, en Hennie Nortjé kán beide bondig en skerpsinnig wees. Humor, of gevatheid, lê natuurlik in die implikasie; die leser moet sy eie antwoord vind en daardeur verras word."
Huisies vir muisies deur Chareldine van der Merwe: ’n resensie
2025-01-13"Hierdie boek is ideaal vir gebruik in kleuterskole en in die Grondslagfases (graad R tot 3) vir leestyd, veral wanneer kinders nog besig is om te leer lees en ook nie meer op die heel basiese leesvlak is nie. Dit skep ’n goeie trapleertjie na volwaardige leesboeke teen die einde van die Grondslagfase."
Tietie en Nanna se huiskos deur Najma Abrahams en Azba Fanie: ’n resensie
2025-01-13"Kom ons besin oor tannies, stammoeders en die teenpool van caviar. Voor ons daarby uitkom, moet ek egter net noem: Hierdie is ’n boekresensie."
Liefde en verset deur André le Roux: ’n resensie
2025-01-07"Die skoonheid van die gedigte lê dikwels in die eenvoud van vorm en die suiwerheid van die betoog."
Desert queen deur Janet Wallach: ’n lesersindruk
2025-01-06"Sommiges het Gertrude beskryf as die 'ongekroonde koningin van Irak' en as 'geheime raadgewer van Laurence van Arabië'. Ander het weer gemeen dat sy arrogant, dominerend, genadeloos en uiters ambisieus was."
Wanneer jy deur God verlaat voel ... Toevlug deur Louise Viljoen: ’n resensie
2025-01-03"Daar is baie wat in hierdie boek se guns tel: goeie taalgebruik, lekker vars idees en lekkerlees-sinne. Die skrywer is nie verniet ’n joernalis en resensent nie. Sy kan met woorde toor."
’n Vrou staan op deur Ilse Verster: ’n resensie
2025-01-02"Maar hoekom 40 jaar in ’n gewelddadige huwelik bly?"
Waar die doringbome sing deur Elize Parker: ’n lesersindruk
2024-12-23"Trilogieë, of dit nou in die vorm van boeke of films is, eindig nie altyd goed nie. In die geval van Parker se Laeveld-reeks sal enige mens wat die eerste boek geniet het, waarskynlik by die hele reeks aanklank vind."
Rooisand deur Jeremy Vearey: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2024-12-18"Konvensies van vergange eras ten opsigte van byvoorbeeld geslag en seksualiteit, etnisiteit en 'ras' verskil vandag hemelsbreed van wat selfs ’n paar dekades gelede as normatief aanvaar is. Dit het tot gevolg dat afwykings van tradisionele strukturering belangwekkende gevolge het."
Map cards for Africa by Ilze Brüggemann: a review
2024-12-18"Map cards for Africa is basically built on three narrative levels: firstly, the story of Ilze Brüggemann’s reconstruction of a postcard collection, which belonged to her grandmother with the same name; secondly, the clarification of terminology regarding postcards, stamps and maps; and thirdly, a lesson in history and geography, mostly in the South African context."
Lea gaan skool toe deur Zuléka Smit: ’n lesersindruk
2024-12-17"Menige kinderboek bestaan uit ’n storie in woorde en ’n storie in prente. Albei is belangrik. Prente in kinderboeke is nie bloot mooi tekeninge nie. ’n Goeie kinderboekillustreerder dra aktief by tot die verhaal deur tekeninge weer te gee wat meer doen as bloot die storie hervertel."
Onsigbares en gelukkige eindes: ’n gesprek tussen PJO Jonker en Hennie Aucamp
2024-12-17"Met die lees van die volgende twee uiteenlopende verhale het ek nie ’n gevoel van prekerigheid ondervind nie, maar aansporing tot selfondersoek was daar beslis."
Donkerster deur Annerle Barnard: ’n lesersindruk
2024-12-17"Annerle Barnard kán skryf. Dis nie altemit nie en met hierdie heerlike spanningsverhaal sal sy waarskynlik nóg lesers wen."
