Deel jou lesersindruk met LitNet!

  • 0

Prent: Canva

In die tyd van die Toyota Stellenbosch Woordfees, waarvan die tema vanjaar "deel" is, nooi LitNet lesers opnuut uit om hulle lesersindrukke met medelesers te deel. Skryf vir ons as jy ’n boek geniet het – en beslis ook as jy kritiek oor ’n boek wil uitspreek. Skryf oor ’n boek wat jou ongemaklik gemaak het. Skryf oor ’n boek wat jy nie kon neersit nie. Skryf oor ’n boek wat jy gelees het terwyl jy gewoonlik tyd op die sosiale media sou deurbring. Skryf oor ’n boek wat jy herontdek het. Dit hoef glad nie ’n nuwe boek te wees nie, en dit moenie ’n boek wees wat van ’n uitgewer af ontvang is nie. 

Stuur jou lesersindruk na lesersindruk@litnet.co.za.

Deel en wees deel!

Lees ook:

Sluitstuk deur Johann Rossouw: ’n persoonlike lesersindruk

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Boek jouself in by Veldhospitaal

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top